DA se opspraakwekkende plan vir die Eden-burgemeesterskrisis

Eksklusief op O!O
Federale Raad aanvaar aanbevelings van Ryan Coetzee se week-lange strategiese Skype-sessie
uit Nick Clegg se Whitehall-kantoor:
Watter krisis? Daar ís geen krisis nie!

Kom wat wil tussen die oë feitelike beriggewing van wat
jy waarskynlik selfs nie eens besef jy behoort te wil weet nie

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Oudtshoorn. 1 April 2013. 05h30. Die DA het laat gisteraand ‘n uiters vertroulike beleidsdokument eksklusief aan O!O bekendgemaak.

Die vernaamste implikasies van hierdie Plan Lokus is as volg:

Die Eden-burgemeester, Wessie van der Westhuizen, word herontplooi as die persoonlike raadgewer van Patricia de Lille, die burgemeester van Kaapstad, in haar kapasiteit as leier van die Onafhanklike Demokrate. Van der Westhuizen is getaak om die Onafhanklike Demokrate se skuld teen Februarie 2014 te delg voordat die party formeel ontbind. Van der Westhuizen het volmag om reis- en verblyf-eise in DA-munisipaliteite na willekeur te manipuleer ten einde fondse van munisipale begrotings na die delgingsrekening vir die OD-skuld te kanaliseer.

Die DA stel ‘n groen BMW M3 met swart en geel binneruim, registrasienommer FU 184 WP, aan Van der Westhuizen beskikbaar. Die voertuig is in die naam van die Wes-Kaapse minister van onderwys, Donald Grant, se naam geregistreer.

Grant het by navraag gesê hy hou daarvan om kollegas te help.

Die Wes-Kaapse minister van vervoer, Robin Carlisle, vrywaar die bestuurders, wat deur Eden-raadslid Tertuis Simmers opgelei is, teen vervolging vir spoedoortredings.

Carlisle het aan O!O gesê dat sy departement op sy beste funksioneer as dit juis níks hoef te doen nie – soos bewus wees van spoedoortredings sonder om op te tree. Plan Lokus sal amptenare van die Wes-Kaapse departement van vervoer kosbare ondervinding gee om anderpad te kyk terwyl sukses verklaar word, het hy bygevoeg.

Die DA het bekend gemaak dat die party nie teen Van der Westhuizen gaan optree in Eden nie, omdat die ganse draagwydte van die ENS-verslag en die Netstar spoed-data oor die burgemeestersvoertuig se snelgebruik slegs Van der Westhuizen se intensiewe opleiding vir die OD-taak uitmaak.

Dr Ivan Meyer, Die DA se Wes-Kaapse leier, het aan O!O bevestig dat sy kollegas, Theuns Botha, Alan Winde, en Robin Carlisle erge kritiek moes verduur in die nasleep van Van der Westhuizen se opleidingsprogram.

“Hierdie eerbare funksionarisse moes klippe k… kou en is brutaal gekritiseer terwyl hulle onder uiters uitdagende omstandighede moes werk”, het Meyer gese.

Botha se enigste kommentaar was: “Mooi man!”

Die DA het ook besluit om Van der Westhuizen se proporsionele setel op Oudtshoorn aan die afgesette Johann Brummer van Plettenbergbaai te gee. Brummer verhuis eersdaags na Oudtshoorn en daar is met die ANC-koukus ooreengekom dat die raad hom in Van der Westhuizen se plek na Eden sal afvaardig waar hy die burgemeestersamp sal opneem.

Die regsaspekte rondom hierdie herontplooiing sal deur die bekende Plet-prokureur, Hardy Mills, behartig word.

“Dit is inderdaad ‘n merkwaardige plan”, het O!O aan Meyer gese.

“Praat djy wattie tanne hettie!”, het Meyer gese.

Onthou, my lankmoedige lesers, vandag se datum is 1 April!

Die probleem met O!O se Aprilgekstories is dat die blêddie goed waar word – kyk nou maar die storie vier jaar gelede oor Noel Pietersen se terugkeer…

Terloops, “locus”, soos in Plan Lokus, is die Latyn vir grap – joke, jest, jape, gag. Vandaar locus standi – standup comedy. Soos ek sê, 1 April en so aan.

Klik hier omin te skryf – dis gratis | Adverteer op O!O | Tuis

6 thoughts on “DA se opspraakwekkende plan vir die Eden-burgemeesterskrisis

  1. Damn, net toe ek my aansoek aan Donald Grant en Robin Carlisle wil deurstuur as Wessie van der Westhuizen se amptelike drywer besef ek dis 1 April. Ek is sooooo teleurgesteld – uiteindelik – het ek gedink – kan ek die feit dat ek nie ‘n bestuurderslisensie het nie goed aanwend deur agbare van der Westhuizen van punt D na A te vervoer via snelweë A en C met ‘n vinnige ompad deur die natuurskone N(ou) P(oort) P(ad) waar ‘n sekere Stoffels die hoof spietkop is en ook nie vreeslik sal worry oor lisensies nie. Van Aprilgekgrappe gepraat – hoe gaan dit met die eerste burger van Oudtshoorn?

  2. Die kunstefees het pas lekkerder geword!

    Dankie vir koffie gister, O!O, dis ‘n plesier en ‘n voorreg om te assosieër!

    En hierdie ene is net ‘n vreugde! Ek het die tentpenne losgelag. Wat gaan antie Pat sê?

  3. Stuitig, O!O, stuitig! Dis die tipe nuus op ‘n nugter maag wat ‘n ou man ‘n hartaanval kan gee, andersins in die kol. Dankie vir die smaail op ‘n andersins triestige dag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s