Wessie van der Westhuizen: Voorsitter, DA-koukus, Oudtshoorn

Slegs één gevolgtrekking is moontlik: Oudtshoorn se DA-raadslede is, kom ons sê maar, “ongeërg. Ag, kom ons noem die kind maarby sy ware naam: Oudtshoorn se DA-raadslede is onbevoeg. Die kind se ware naam is Adoons (of Wit Willem)*

Kom wat wil tussen die oë feitelike beriggewing van wat
jy waarskynlik selfs nie eens besef jy behoort te wil weet nie

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Drewan Baird. Oudtshoorn. 30 Maart 2012. 07h30. Eers het die 11 DA-raadslede en hulle Cope-meeloper (by geleentheid) Diane de Jager as koukus-voorsitter verkies. Diane de Jager!

O!O het tóé al geweet die DA-koukus is bedenklik en sonder enige politieke aanvoeling. En De Jager se status, na haar jammerlike, rampspoedige termyn as burgemeester, se “voorsitterskap” was ‘n duidelike middelvinger onder die neuse van kiesers.

Nou het die rigtinglose DA-koukus se pendulum anderkant toe geswaai.

Die koukus het aanvanklik slegs bruines op die nuwe koukusbestuur verkies: Wessie van der Westhuizen (voorsitter); Ben van Wyk (ondervoorsitter); John Maxim; en Peter Roberts.

Van Wyk het ten minste die teenwoordigheid van gees gehad om te besef dié uitsluitlik bruin bestuur gaan nie werk nie.

Met skouspelagtige politieke straatwysheid het die DA-koukus toe die besluitnemingsenjin opspraakwekkend gekiekstaart en die toere tot diep in die rooi gejaag.

‘n Lui wit rokie het sukkel-sukkel in die politieke wind gedraai en daar is besef dat ‘n “wit vrou” nodig is.

Wel, daar is net twee wit vroue in die koukus.

Die besluitnemingsenjin het nie bepaal dat iemand met bepaalde vaardighede op die bestuur verkies word nie, maar dat iemand van ‘n bepaalde geslag en ras verkies word.

En ten minste is De Jager nie weer gekies nie.

Julia le Roux Krowitz is nou die nuwe ondervoorsitter. En dís beslis die beste wat dié koukus kan doen.

Le Roux Krowitz het energie. Maar sy is ‘n junior-lid sonder werklike mag.

En die manier hoe sy ondervoorsitter geword het behoort vir haar ‘n belediging te wees.

Maar terug na Van der Westhuizen se voorsitterskap…

Magtag, die man is al verskeie male deur hierdie éinste koukus geroskam oor dissipline.

En Van der Westhuizen se bestuursrekord as Eden-burgemeester is pateties!

Boonop hang die KPMG-verslag; en die ENS-verslag; en die Netstar-data oor die onverantwoordelike gebruik van die burgemeesterskar; en die kworum-manewales van die raad soos véle swaarde oor Van der Westhuizen se kop.

Die Oudtshoorn-koukus behoort by die DA-leierskap aan te dring dat Van der Westhuizen verwyder word en deur ‘n kundige alternatiewe proporsionele lid vervang word, maar die koukus verkies Van der Westhuizen tot voorsitter!

On-ge-lóóf-lik!

Die DA-koukus kan nie eens vertrou word met besluite oor sy eie bestuur nie – hóé kan die koukus vertrou word met besluite oor Oudtshoorn? Hoe kan die DA vertrou word met die bestuur van die dorp!?

Die onderlinge hoogspanning tussen wit en bruin lede op plaaslike DA-forums kan nie eens meer verberg word nie.

Die onmin en onderlinge verdenking het die hopelose Peter Roberts as voorsitter van die kiesafdelingsbestuur tot gevolg.

Peter Roberts!

En Wessie van der Westhuizen as koukus-voorsitter.

Alle gode en feëtjies en kabouters!

Alle gode en feëtjies en kabouters!

En wáár is die “Dierbare Leiers”!?

Wáár is Ivan Meyer? Theuns Botha? Christelle Vosloo? Jac Bekker? Jaco Londt?

Wéét Helen Zille en James Selfe en Wilmot James hoe die DA se kosbare “brand” in die modder vertrap word?

Ek het Donderdag só aan die DA se provinsiale “leiers” geskryf:

Ek verneem dat Wessie van der Westhuizen deesdae die voorsitter is van die Oudtshoorn-koukus.

Julle stilte oor die saak dui op julle tevredenheid met die situasie.

Dat Van der Westhuizen die voorsitter is van die koukus reflekteer op julle ongeërgdheid en is ‘n klap in die gesig van Oudtshoorn se kiesers.

Dat Van der Westhuizen die voorsitter is van die koukus plaas die ganse koukus, wat hom verkies het, se oordeel onder verdenking!

Dis verbysterend!

Die koukuslede is duidelik nie bekend met die DA se ywer oor die party se handelsmerk nie!

Van der Westhuizen behoort uit die Oudtshoorn-koukus verwyder te word en vervang te word met iemand wat die nodige vaardighede en ywer het om die ANC aan te vat – daar is nie tans so iemand in die koukus nie!

Maar julle sien die saak kennelik heel anders…

Die pantheons help ons.

Uh-uh. Nee kyk, nóú weet ek nie meer nie.
____________________

* Die kind se naam is Adoons, of Wit Willem: Daar is niks meer aan die saak te doen nie.

Klik hier omin te skryf – dis gratis | Adverteer op O!O | Tuis

3 thoughts on “Wessie van der Westhuizen: Voorsitter, DA-koukus, Oudtshoorn

  1. Mnr Baird.

    Aanklagtes wat spruit uit twee geloofwaardige instansies word gelê voor die deur van mnr Van der Westhuizen en die van die DA hoofbestuur.

    Mnr vd Westhuizen ontken elk van hierdie klagtes en intussen word mnr vd Westhuizen benoem tot voorsitter (leier) van die DA-koukus op Oudtshoorn.

    Mnr Baird, so iets gebeur nie in die privaatsektor nie. Hoekom sal leiers binne die DA oënskynlik weier om die aanklagte te ondersoek op ‘n deursigtige, daadwerklike manier terwyl mev Zille optredes teen ongerymdhede hoog aanskryf?

    Dit laat my as sakeman en ingeskrewe DA-lid met kommer oor die betroubaarheid van die DA, en laat my wonder tot watter mate mnr vd Westhuizen en die leierskap van die DA vertrou kan word.

    Dit is slegs u publikasie wat die dilemma aanspreek en op betroubare (feitlike) manier hoegenaamd terugvoering gee oor die twee verslae. U het tog immers die ENS-verslag woordeliks gepubliseer. So, die wat die moeite gedoen het om die verslag te lees is ten volle ingelig oor die gebeure rondom mnr vd Westhuizen se handelinge.

    Die feit dat mnr vd Westhuizen alle feite ontken is ‘n klap in die gesig van die ondesoekspan, en erger nog, die skynbare onwilligheid van die DA om daadwerklik op te tree is ‘n dwarsklap in die gesig van sy lede.

    Steek hulle hul kop in die sand en hoop dat ons nie sien en weet wat aangaan nie!? Nee wat DA, julle besordheid oor julle “Brand” help nie veel nie. Glo my, ernstige, diep krake wat julle basis diep skud het onherstelbare skade aangerig. Julle kommunikeer nie met julle kiesers nie en julle beloftes lê soos lyke langs die pad. Ons as kiesers en getroue ondersteuners vra indringende vrae en ons bevraagteken julle bevoegdheid.

    Die kiesafdelingsbestuur se leier op Oudtshoorn, Peter Roberts, is onbetroubaar en handhaaf ‘n lae werksetiek. Die DA word as ‘n onbeholpe, rigtinglose boot op die oop see bestuur. Geen gemeenskaplike sakeplan nie en skynbaar leierloos. Geen gemeenskaspbetrokkenheid, geen verkiesingsplan nie.

    Lank lewe die DA… ? Ons verdien baie beter! En om te dink dat julle almal, dwarsdeur die bank, julle self onlangs ‘n salarisverhoging toegestaan het wat deels betaal word deur die belastingbetalers van ons dorp. Dit terwyl julle oorbesteding van kapitaal-uitgawes in OM met hand en tand “beveg”? Absoluut verregaande. Dit terwyl werkers in die privaatsektor salaris-inkorting ervaar! Hoe ver nog voordat julle arrogansie julle inhaal!?

    Gatvol.

  2. Toe ek die kandidaats lys gesien het voor die 2011 verkiesing het ek geweet hier kom probleme. Die dame waarvan jy praat is ook `n nul op `n kontrak.Vra maar vir die inwoners van haar wyk. Die kiesafdelingsbestuur het in elk geval geen tande nie. So why worry , the s… is already in the fan.

  3. OO, dit sal interessant wees as jy al hierdie onbevoegde koukuslede se name vir ons sal publiseer met hul eposadresse sodat ons hierdie 5-jaarlikse publieke dienaars van onkunde so bietjie kan wakkermaak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s