Die Pierre Nel-appél: Wie gaan betaal!?

Die koste beloop sowat R4m!

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 8 April 2013. 06h15. Daar is ‘n absolute en versekerde verwagting in die Pierre Nel-kamp dat die DA die regsrekening gaan betaal sodra dit getakseer en voorgelê word.

O!O is verheug om van hierdie positiewe ingesteldheid te verneem.

Ingeligte bronne meen dat daar nog ‘n lang pad geloop sal word voordat betaling sal geskied.

Die lakonise kommentaar van ‘n bron naby aan die saak:

“Jammer, maar ek glo dit eenvoudig nie… Miskien sal hulle in die uiteinde betaal, maar nie sonder baie, baie geween en gekners van tande nie, en Pierre sal deur die meul gesit word. Hy kan hom maar regmaak vir baie stres.”

Intussen verneem O!O uit ‘n ANC-verwante bron van ‘n gans ánder aanslag oor dié regskuld. ‘n Verklaring kan glo môre of Woensdag verwag word.

Hierdie alternatief klink asof dit groot baklei gaan veroorsaak.

O!O hou die inligting terug tot Woensdag, om die voorstanders van hierdie alternatiewe beskouing geleentheid te gee om self hulle saak te stel.

Drewan Baird. Oudtshoorn. 29 Maart 2013. 06h45. Die Noël Pietersen-invloed hang steeds soos ‘n rioolreuk oor Oudtshoorn.

Die dominee is uiteindelik nou weg, maar sy nalatenskap, sy erfenis van onmin, verdonker Oudtshoorn steeds.

Pietersen se voorlegging aan die DOV, oor die kriminele klagtes wat die SOE op 29 Januarie teen hom gebring het, moes teen gister geliasseer gewees het.

O!O verneem ook gesaghebbend dat Pietersen besig is met ‘n siviele saak teen Nic Barrow en die mense wat teen hom getuig het in die kriminele saak oor sy regskoste wat hy op 1 Februarie op appél gewen het.

Na enorme regskoste moet daar nou besin word oor wie gaan betaal…

Volgens die ANC-leier Jesse Duarte het die munisipaliteit Pietersen se regskoste vir die kriminele verhoor betaal. O!O se munisipale bronne ontken dié betaling.

Indien die bedrag, sowat R1.8m, wel deur die munisipaliteit betaal is, het jý, my lankmoedige Oudtehoorn-leser, opgedok.

En Pietersen het die munisipaliteit reeds gevra om sy koste in die SOE-saak ook te dra. Jóú geld!

En dan is daar die sowat R4m wat op die Pierre Nel-saak spandeer is…

Wié gaan dié koste betaal!?

Tegnies is Pierre Nel verantwoordelik vir die koste.

Maar om die geld van Nel te eis, wat eenvoudig aangebied het om die “naam op die hofstukke” te wees vir die DA, is verregaande en sal die man nie net ruïneer nie, maar ook een van die grootste onregte óóit in die Oudtshoorn gemeenskap wees!

Die DA is lánkal nie meer lus vir dié saak nie en nadat die voorsitter van die federale raad, James Selfe, in 2010 skriftelik onderneem het om die koste te dek, is die laaste bydrae van die DA ná moeite en ‘n gekners van tande ontvang.

Die munisipaliteit moet nou besluit of hy die koste van Nel gaan eis.

Eis die munisipaliteit nié, gaan jý betaal – jý en elke ander belastingbetaler op Oudtshoorn. R4m. Of só iets.

Noël Pietersen. Dominee. Man van God. Munisipale bestuurder. Wat kan ‘n mens sê?

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

One thought on “Die Pierre Nel-appél: Wie gaan betaal!?

  1. Nou ja, daar het jy dit. Terwyl almal politiek en een-twee-drie-blok (en verryk)- myself speel betaal ons ons gatte af. Maar ag wat de f*k ons het mos diep sakke en lang ure om weer die ou paar randjies op te maak. en met April en Stoffels en Donson wat die komitee opmaak om die volgende munisipale bestuurder aan te stel moet ons maar die geldjies onder ons matrasse bymekaar hou want die here weet dit gaan ons oor ‘n paar maande weer f*kn geld kos.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s