Eden: ANC vee die vloer met DA

Lammertjies ter slagting

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 28 Maart 2013. 06h50. Gister se Eden-raadsvergadering het andermaal bevestig dat die ANC-stert die DA-hond na willekeur rondswaai.

Die DA-raadslid van Bitou was afwesig en kon nie ingehuldig word nie.

Raadslid Gert Niehaus, wat saam met die burgemeester, Wessie van der Westhuizen, in die ENS-verslag uitgewys word vir ongerymdhede was in die hospitaal.

Die Cope-lid, John Maxim, was op Oudtshoorn.

Van der Westhuizen was in sy kantoor toe die item oor die aanstelling van ‘n komitee om die ENS-verslag te oorweeg bespreek moes word.

Die ANC het eers gekoukus en toe onttrek en die aanstelling van die komitee staan nou oor tot ‘n volgende keer.

Ek het aan die DA-leiers geskryf – Ivan Meyer; Theuns Botha; Alan Winde; en Christelle Vosloo, voorsitter van die DA-Oosstreek wat gister die DA-koukus bygestaan het.

Dit was Vosloo, so verneem O!O, wat gesê het dat die ANC die vloer met die DA vee – of iets in dier voge.

Hier is die brief:

Die skouspelagtige strategiese paraatheid en die verbysterende taktiese ingesteldheid van die Eden DA-koukus onder die uitmuntende leierskap van die kiesafdelingshoof en die Wes-Kaapse leier en onderleier slaan ‘n mens se asem weg!

Wat ‘n voorreg om van ‘n afstand te kan waarneem hoe die politiek in vaardige hande tot voordeel van gewone mense soos ek werk.

My dank aan u almal!

U inspireer my!

Dit is skandalig dat die DA nie teen Van der Westhuizen optree nie!

Die aantygings teen Van der Westhuizen is van so ‘n ernstige aard dat die party nie langer anderpad durf kyk nie.

Daardie handelsmerk waaroor die leiers so tereg bekommerd is, word onder hulle neuse deur die nagkarbalie getrek op Eden.

Onnosel is die DA-leiers nie.

‘n Mens dreig om tot die gevolgtrekking te kom dat die DA-leiers net eenvoudig nie ‘n flenter omgee nie.

Maar dan moet onthou word dat die DA inderdaad sy Eden-raadslede oor hulle gedrag aangespreek het op ‘n onlangse vergadering op Worcester…

Waarom word Wessie van der Westhuizen nie aangevat nie?

O!O verneem op straat dat die voorsitter van die Oudtshoorn DA-kiesafdelingsbestuur, Peter Roberts, teen Van der Westhuizen uitvaar. Van der Westhuizen is ‘n lid van die Oudtshoorn-koukus. Maar Roberts en sy bestuur doen níks om die aangeleentheid op die spits te dryf nie.

Die vraag ontstaan of die DA enigsens belangstel om Eden te regeer.

En die belangrike vraagstuk is nou of kiesers die DA kan vertrou.

My mening?

Kiesers kan die DA hoegenaamdnie vertrou nie. Voorbeelde is legio en O!O-lesers is bekend daarmee.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

6 thoughts on “Eden: ANC vee die vloer met DA

  1. Tjoepstil TJOEPSTIL is die ElvisPresleys in dieDA oor bigBOSSprezPUTIN sy toe spraak on Suiwer RUSLAND TAAL vooorlees. Gehoor,gesien.gekyk?

    Kyk in eie srgrselskap is ons Prez ZUMA!

  2. “Die DA-raadslid van Bitou was afwesig en kon nie ingehuldig word nie.”

    In alle regverdigheid die raadslid MOES die Bitou raadsvergadering bywoon. Dit is ook hoe dit behoort, sy primere verantwoordelikheid as raadslid is aan die munisipaliteit waar hy vekies is. Hulle het hom daar nodig gehad want sonder hom sou hulle nie die nodige meerderheid gehad het en/of die ANC sou kon uitloop en die raad sonder kworum laat.

    Maar, as ons dit almal weet, hoekom op dees aarde was dit toegelaat dat die Bitou en Eden raadsvergaderings oorvleuel? A recipe for disaster wat selfs iemand so dom soos die spreekwoordelike d…. moet kan sien.

    Hoe is dit moontlik vir hierdie mense om herhaaldelik so te fouteer? Dink hulle nie eers voor hulle doen nie? Kon hulle nie na alles voorsien het dat Wessie NIE gaan saamwerk aan sy eie ondergang nie; dat Maxim nie sy maatjie onder die bus sal gooi nie; (Moenie vir my se daar was ook terselfdetyd ‘n Odn raadsvergadering) dat Niehaus nie juis daartoe genee sou wees om homself in ‘n posisie te plaas waar hy moet help die sneller trek van die pistool teen sy kop nie?

    “Maar Roberts en sy bestuur doen níks om die aangeleentheid op die spits te dryf nie.”

    Natuurlik nie, my liewe O!O, want hulle weet dat dit nie die leierskap sal behaag nie. die DA lede wat nie ID DA lede is nie lewe in vrees, en sit soos hase in die kopligte en wag vir leiding van bo. Daar is niks van die aard nie, maar almal kan tussen die lyne lees dat die Leierskap lamgele is deur die IDDAs en dat die modus operandi is om hulle maar te laat begaan in hulle wangedrag. Hulle sien ook baie duidelik wat gebeur met DA lede wat nie maar saamgaan met die verkragting van alles waarvoor die DA gestaan het en skop teen onreelmatighede.

    Roberts weet presies wat gedoen moet word binne die party mbt die Wessie/Niehaus aangeleentheid, maar hy sal dit nie doen nie.

  3. Ag shame, can the DA members please stop blaming the ANC for absolutely everything and some more. Can’t they just accept the DA just like the ANC are being led by humans / individuals. Blaming the ANC for mistakes of the mighty DA, the infallible, angelic, heaven sent saviour ofthe poorest of the poor says what about the DA Come on guys! You’re everything you accusing ANC members of.

  4. I will say it once more- the DA Eden Municipality is actually a ANC governed municipality with a DA mayor who still sees himself as ANC/ID

    I pitty those real DA councilors who must look like fools for attempting to defend a brand and leadership who has clearly failed them.

    I once attended a DA meeting in 2009/10 where Helen Zille stated that her party public representatives are held accountable, as they are ellected through a system that ensures they are Fit For Purpose.

    Looking back now this was actually insulting the voters-because with public reps like Wessie,Memory etc you see the opposite.

    Sadly I wasted my vote on COPE-another useless bunch who are just there for themselves if you look at Adam in Plett,Maxim in Oudtshoorn/Eden and their entire leadership on all levels of government!

  5. Well said Phillip (Pletty)
    What else can one expect of Eden Council subjects if their Masters in the Cape are all mediocre men holding all “hostage” for 5 years at a time??

    Quoting; “We are witnessing a disturbing collapse in the integrity and capacity of the state. The only way to arrest it is to implement a strict “merit system” in all state appointments. If civil society organisations / newspapers fail to push for this, they must accept co-responsibility for the inevitable consequences.” ~ James Myburgh, publisher, Politicsweb, 25/3″

    This goes for all Municipal Leaders and Councils too !!

    Hoe lekker lag ek nou nie vir daardie “slim” kiesers van Bitou nie. Jul verdiende loon !!

  6. Good Grief!

    In the light of this, with draw what I suggested earlier about George and Oudtshoorn just having to replace Niehaus and vd Westhuizen and there being no need to swear in a newly appointed councillor from Bitou. Not because my suggestion was wrong, but because it presupposes that you at least have sufficient control over your councillors to get them to be present in the Council meeting.

    I feel for the DA. It seems that when it comes to guiding and controlling their councillors in Eden it is like herding cats.

    As far as the ANC goes, it seems they have exactly the same problem. Maybe Pierre Uys can explain why the ANC once again threw Niehaus and Wessie a lifeline. Maybe protecting the corrupt has become so ingrained in the ANC psyche that it just happens automatically. One cannot help but wonder why the ANC does not want the Eden District Council to establish a multi-party disciplinary committee as is required by law. Strange….

    With regard to absentee councillors, the Code of Conduct for Councillors as contained in the Systems Act:

    Attendance at meetings
    3. A councillor must attend each meeting of the municipal council and of a committee
    of which that councillor is a member, except when—
    (a) leave of absence is granted in terms of an applicable law or as determined by
    the rules and orders of the council; or
    (b) that councillor is required in terms of this Code to withdraw from the meeting.
    Sanctions for non-attendance of meetings
    4. (1) A municipal council may impose a fine as determined by the standing rules and orders of the municipal council on a councillor for:
    (a) not attending a meeting which that councillor is required to attend in terms of
    item 3; or
    (b) failing to remain in attendance at such a meeting.
    (2) A councillor who is absent from three or more consecutive meetings of a municipal council, or from three or more consecutive meetings of a committee, which
    that councillor is required to attend in terms of item 3, must be removed from office as
    a councillor,
    (3) Proceedings for the imposition of a tine or the removal of a councillor must be
    conducted in accordance with a uniform standing procedure which each municipal
    council must adopt for the purposes of this item. The uniform standing procedure must
    comply with the rules of natural justice.

    Seems Wessie has committed yet another breach of their code by failing to remain in attendance. Did any of the others who did not attend have leave of absence?

    Given what Item 3 and 4 of the Code of Conduct says, could the ANC legally leave the council chamber without being given leave of absence?

    Monty Python eat your heart out.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s