Bredell: Verskonings, verskonings, verskonings

Lamsakkige DA-minister steek kop andermaal in die sand

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 28 Maart 2013. 07h00. Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering het aan Die Burger bevestig dat hy ‘n brief van dieOudtshoorn Waghond se prokureur, Nic Barrow, ontvang het…

Ek het gister só aan Bredell geskryf:

Anton

Ek lees in Die Burger dat jy Nic Barrow se brief ontvang het.

“Ek sal nog daarop reageer. Ek beskou die bewerings in ’n ernstige lig,” het jy aan die koerant gesê.

Jy het benadruk dat daar in gedagte gehou moet word dat jy binne die wetlike raamwerk moet optree.

Nogals! Dís júis wat ek al vier jaar lank vra jy moet doen!

Ek het jou op 11 Junie 2009 – vier jaar gelede, net na jy minister geword het – die eerste maal van meer male as wat ek lus het om te onthou oor jou verpligting itv a.106 aangespreek.

Jy het nog net mooi níks gedoen om Oudtshoorn te help nie. Jy maak egter gereeld uitsprake oor die goeie werk van die ANC-raad! En ‘n week of wat gelede ándermaal! Ek het nie eens daaroor berig nie.

Jy wag ook glo nog, volgens Die Burger, vir die uitkoms van die spesiale ondersoekeenheid se verslag oor Oudtshoorn.

Jy skuil agter die uitstaande SOE-verslag terwyl jy grootpraterig reeds op 21 April 2012, tydens ‘n vergadering waarop jy en Theuns Botha my nie wou toelaat nie omdat julle geweet het ek sou jou oor jou pligsversuim aanspreek, aanspraak gemaak op kennis van die inhoud van die verslag. Jy het, volgens my informante wat wel op die vergadering was, selfs ‘n dokument rondgeswaai wat glo ‘n kopie van die verslag sou gewees het!

Die SOE-verslag gaan oor goed wat tydens die DA-beheer van Oudtshoorn (2007-2010) gebeur het. Dit spreek nié die goed aan wat ek sedertdien onder jou aandag gebring het nie!

Dóén iets, Anton, of maak plek vir iemand wat wil.

En hou in vadersnaam op met die patetiese verskonings, man!

Die Wes-Kaapse plaaslike regerings sal mateloos verbeter as Helen Zille Bredell in die pad steek.

Sela.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

2 thoughts on “Bredell: Verskonings, verskonings, verskonings

  1. “Jy het, volgens my informante wat wel op die vergadering was, selfs ‘n dokument rondgeswaai wat glo ‘n kopie van die verslag sou gewees het!”

    Moet nou nie so hard op die man wees nie, O!O.

    Dalk was daardie document op die keersy van die Operation Reclaim document gedruk.

    Help hom liewer O!O. Krap iewers ‘n rerige verslag uit en stuur dit vir hom. Niemand se nooit niks vir hom. Dis nie regverdig nie.

  2. Wanneer gaan Zille van al haar ‘mediocre men” onslae raak want dit blyk duideliker by die dag dat hul haar ‘gevangene’ hou – wys net werklik hoe vlak haar leierskap le !

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s