Die Waghond se banier ontstig en ontsier

Die ANC-raad stuur die KKNK-baas om die Waghond se blaf te snoer

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 27 Maart 2013. 00h01. Die plaaslike burgerregte-organisasie, Oudtshoorn Waghond, bekender vir sy regsverteenwoordiger, Nicholas John Barrow, as vir sy lede, onbekend, was voorneme om dié banier oor die Baron van Reede-ingang na die steeg tussen die Queens Hotel en die CP Nel-museum te hang…

Nou ja tóé.

Die KKNK-baas, Brett Pyper, het by Barrow gaan pleit en die banier sal nou net op O!O swaai – en in koerante wat die foto van Maandag, toe ‘n toetsswaai gemaak is, spesiaal vir ‘n Kodak-oomblik – publiseer.

O!O is nie vir die toetsswaai genooi nie, synde melaats. Maar O!O se Kaapse bronne is heel getrou en vandaar die foto wat andersinds eerstehands verkry kon word.

Met magtige kragte soos Oudtshoorn Waghond en ORPA en Afriforum op die stadsmure… Alhoewel, as Waghond se Latyn ‘n aanduiding is, is hý júis die wagters van die wagters op die mure. Spoggerig!

Pyper het glo, so verneem O!O, gepraat oor verdeeldheid wat die banier sou kon veroorsaak. En Oudtshoorn Waghond se lede het blykbaar toe hulle regsverteenwoordiger gelas om die banier te onttrek.

Dis nie te moeilik om te dink wie Pyper sover gekry het om Waghond se kliënte van plan te laat verander nie.

So in die naam van eenheid, so smaak dit O!O, is die banier nou opgerol en weggepak.

Die hoop beskaam nie?

So met die KKNK se asem wat al swaarder raak, is dit perdalkies tersaaklik om Marita van der Vyfer se regterhaakhou in Wegkomkans te onthou:

“Daar is immers ‘n punt waar ‘n positiewe houding in onverskoonbare onnoselheid verander, wanneer hoopvolheid niks meer as stiksienigheid word nie.” (1999. Van der Vyfer, Marita. Wegkomkans. Tafelberg-Uitgewers. Kaapstad. 129.)

Dis verby met Oudtshoorn.

DA, Zille, Botha, Bredell, Bekker, De Jager, ANC, April, Donson, Mapitiza, Fransman…

Dis verby met Oudtshoorn. Punt.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

9 thoughts on “Die Waghond se banier ontstig en ontsier

  1. ‘O!O is nie vir die toetsswaai genooi nie, …’ Fooitog! Nic Barrow is seker nie meer maatjies met jou nie?

  2. Mnr. Waghond moet dalk net sy Afrikaanse Woordelys en Spelreëls weer bietjie nader trek. Mens gebruik OF “die korrupstes” of “die mees korruptes” maar definitief NIE “die mees korrupstes” nie.

  3. Of praat hy van die R80mil wat verlore is vir behuising vir die armstes van die armstes omdat onbevoegtes nie hulle werk gedoen het nie. Jy weet mos van dit ne?

  4. Is the banner talking about corruption at the municipality or is he referring to the R 7 million in grants intended as an investment for poor beneficiaries at Kango Wines where they never saw a cent in dividends ? Public money committed by government to redress the economic injustices of the past landing in the pocket of some fat cat white director. Or is he talking about the R 10 million blown on Bakenskraal – once again public money intended for the poorest of the poor landing in the pockets of a fat skelm.

  5. Barrow must provide us with details of how many blacks stay at his hotel and guest house and if its an insignificant number of his overall occupancy we should put up a banner reading Whites Only at his hotel and guest house.

  6. Hang die banier terug en wink vir gesonde debat !
    Wie steek wat weg ??

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s