April, Wagenaar saam aangekla van diefstal

Saak uitgestel tot 11 April

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 18 Maart 2013. 10h50. Die kriminele saak teen die uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, Gordon April, oor die beweerde diefstal van munisipale eiendom, en regsverydeling; en ‘n mede-aangeklaagde van die diefstal, Raymond Wagenaar, sal nou voorlopig op 11 April in die streekhof op Oudtshoorn aangehoor word.(Klik hier vir die agtergrond.)

Die saak is vroeër deur die DOV geskrap, maar is deur die toedoen van Afriforum weer op die rol geplaas.

Die staatsaanklaer het daarop aangedring dat Wagenaar weer saam met April aangekla word en dié reëling is vanoggend bevestig toe Wagenaar in die landroshof verskyn het om die voorlopige streekhofdatum vas te stel.

April was in die hof teenwoordig, maar het nie aan verrigtinge deelgeneem nie.

Die plaaslike ANC-leier, Wilton Kawa, het op 11 Februarie kriminele klagtes wat spruit uit die munisipale betaling van April se regskoste in die saak teruggetrek.

O!O verstaan dat die staat egter ook met dié saak, wat Kawa teruggetrek het, voortgaan.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

8 thoughts on “April, Wagenaar saam aangekla van diefstal

  1. wat is die siek grap op herrie se bladsy 31 van Gordin April wat n kar gaan was? is die man nie al genoeg verklyneer… nie?

    Red: Jammer De Castello, die hof sê ons mag nie daai ding sê wat jy gesê het en ek uitgehaal het nie.

  2. Dit mag so wees, maar onthou toe dinge rof geraak het in Plett en die manne gevang is toe die munisipale gebou probeer afbrand het, was dit Hardy wat vir hulle ‘n prokureur van sy pa se firma gereel het. Hulle weet na wie om te hardloop as hulle uitgevang word. “Gratis” regshulp is nice of dit nou uit Plett, of PE of Vereeniging of waar ookal kom en dit is wat Hardy voorsien.

  3. Ag Willempie jy weet mos Hardy is in onguns by April en sy gespuis. Ek weet Patel sal nie sy hande met die saak vuil maak nie maar dalk iemand vanaf PE kry om die vuil werk ” verniet” te doen.

  4. O!O se berig op 23 Desember lees soos volg:

    “09h20. Hof B word oopgemaak; April se regsverteenwoordiger, Hardy Mills, is reeds teenwoordig.”

    Ek wonder of dit nog steeds hy is??

  5. Ek spog deesdae dat ons, Oudtshoorn, `n burgermeester het wat meer tyd in die hof spandeer as in die raadsaal. Dit wil sê as hy die tyd kan vind om uit die swart Ford, wat nie syne is nie ,te klim.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s