Wessie jaag aan

Wroem-wroem Wessie se wit blits-rits

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 16 Maart 2013. 14h10.. Die Netstar-rekords van die VW Jetta TDI met registrasienommer Eden DM WP, dui aan dat dié wit blits op meer as nege uit elke tien reise op die paaie van Eden en die Wes-Kaap die spoedgrens oorskry.

Op 95% van alle ritte word die spoedgrens oorskry!

Alle gode en feëtjies en kabouters!

Eden DM WP is die ampsmotor van die agbare Vernatt van der Westhuizen, uitvoerende burgemeester van Eden.

Die burgemeester se kar. Die burgemeester se verantwoordelikheid.

Die Jetta se spoedvraatsigheid het aandag getrek toe daar onthul is dat die kar op 25 Februarie 184 kpu op die R362 tussen Groot-Brak en Oudtshoorn gery het.

Van der Westhuizen het gister aan die Son gesê dat hy nie in die kar was toe die spoedgrens op 25 Februarie oorskry is nie en dat hy sal moet uitvind wie die bestuurder was.

Maar O!O kan bevestig dat dit Van der Westhuizen sélf was wat die Jetta op 25 Februarie uitgeteken het.

Van der Westhuizen is dus ten minste skuldig aan wanbestuur… al is hy dalk nie skuldig aan vinnig bestuur nie.

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Synde die Jetta die spoedgrens op meer as nege ritte uit elke tien oorskry moes Van der Westhuizen beslis op die een of ander stadium ‘n passasier in die kar gewees het toe die spoedgrens oorskry is.

En teen 95% is die kansigheid oorweldigend dat Van der Westhuizen by ten minste ‘n enkele geleentheid die die bestuurder was toe die spoedgrens verbreek is.

Daar word vermoed dat ‘n wakker rekords-personeellid die Netstar-log aan Anton Bredell, die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, gestuur het. Vandaar dan ook my intieme inligting oor die saak.

Uit die werkswinkels – en dit het my ‘n bottel Oude Meester gekos – verneem ek dat daar reeds skade van onbekende koste aan die Jetta se onderstel is.

Wat my natuurlik vrééslik amuseer is Van der Westhuizen se beklag dat hy nie bewus was van die “tracker” nie en dat hy ‘n reg gehad het om te weet.

Nou wil jy meer!

Sou Van der Westhuizen verantwoordelik opgetree het as hy bewus was ‘n sateliet loer vir hom?

Die feit is dat die Eden Vlootbestuursbeleid voorsiening maak vir die sateliet-beveiliging van voertuie. Boonop is die beleid verlede week tydens ‘n werkswinkel bygewerk – in Van der Westhuizen se teenwoordigheid!

Het die burgemeester in die vergadering geslaap? Uitgeput van die opwinding van vaart?

As Wessie van der Westhuizen ‘n ANC-burgemeester was sou die DA blou moord geskreeu het oor die totale onvermoë om die KPMG-verslag te bestuur; oor die verdoemende bevindinge van die ENS-verslag; oor die skandalige gebruik van die amptelike motor.

Waar’s die DA nóú!?

Ek het die DA en die OD tot 15h00 gegun om te reageer en sal hulle kommentaar publiseer sodra ek dit kry.

Yeah. Right.

Die Pous, soos ek sê, is ‘n Sewendedag-Adventis.

In die Burger is berig dat die Wes-Kaapse minister van vervoer, Robin Carlisle, die 184 kpu-aangeleentheid ondersoek.

Be still my heart! Ek kan my opgewondenheid skaars verberg! Robin Carlisle gaan die saak ondersoek! Nóú gaan Wessie se turf sit!

Nes Carlisle die lisensiebedrog op Oudtshoorn kortgevat het.

Alle gode en feëtjies en kabouters!

Hoe langer Wessie van der Westhuizen toegelaat word om die DA se hoogheilige “brand” eiehandig deur die modder te sleep, hoe groter gaan sy meerderheid wees wanneer hy in ‘n volgende verkiesing teen die DA staan.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

My gunsteling stuk letterkunde stel dit so héérlik in Spreuke 30:18-19: “Drie is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vier wat ek nie begryp nie: die weg van die arend in die lug, die weg van ‘n slang oor ‘n rots, die weg van ‘n skip in die hart van die see, en die weg van ‘n man by ‘n maagd.”

Maar met moderne wetenskaplike verklarings vir die antieke skrywer se verwonderinge, is daar vir mý slegs één misterie: Watter houvas het die oud-OD’s op die DA!?

Die DA het net mooi níks gekry vir sy “merger” met die OD nie!

Stelsels? Strategie? Leierskap? Kiesers?

Ag assebliéf tog!

Die heel éérste verkiesing na “eenwording” – die Dysselsdorp-tussenverkiesing toe Gordon April sy setel vir die ANC behou het, het al gewys dat die DA geen steun onder bruin kiesers bygekry het as wat die DA sou gekry het as die OD se élan vital maar net natuurlik uitgeloop het nie. (Met erkenning en verskoning aan die filosoof Henri Bergson.)

Die DA het homself ‘n kat in die sak gekoop met die OD. En nou moet die DA se kiesers die gevolge dra.

Jaag Wessie! Hy jaag dan al klaar!

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

9 thoughts on “Wessie jaag aan

  1. Big DA Supporter. Hier is vir jou ‘n challenge. Noem vir my een, net EEN ding wat die DA/Wessie gedoen het op Eden en/of Oudtshoorn waartop jy persoonlik trots is as DA lid en wat ons ander behoort te motiveer om vir die DA/Wessie te stem in die toekoms.

    Laat waai BDS ons wag.

  2. @Big DA supporter: Jou onvermoe om die onreelmatighede in die DA te aanvaar en te verwerk is kommerwekkend. Hoe lank gaan julle DA ondersteuners nog onverskrik weier om julle koppe uit die grond te trek? Terloops, Wessie maak homself swak, hy het nie O!O nodig daarvoor nie. O!O is wel nodig om dit onder ons aandag te bring,aangesien die hoofstroom media klaarblyklik nie wil nie. Ek dank die O!O en ander plaaslike webtuistes hiervoor.

  3. Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai.

    Hierdie is mý blog.

    Dit beteken ek is die webmeester.

    Daarom kan ek IP-adresse identifiseer.

    Krý jy dit “Big DA Supporter”?

    Ek probeer nie eens individue wat skuilname gebruik identifiseer nie, en ek kán ook nie; maar ek kan IP-adresse vergelyk om verskillende skuilname aan dieselfde peroon te koppel.

    Ek skryf net oor Wessie!?

    Jy is nie baie skerp nie, nè BDS?

    Jou skuilnaamkeuse dui dit aan.

  4. Hoekom maak jy dan vir Wessie so swak, wou j dalk n amp pos beklee by Eden, jy skryf oor niemand anders behalwe Wessie, kan n mens so n Opsessie met n ander man het. Jou informante by Eden moet hul skuilname, en hul valse aantuigings vir hulself hou, maar as jul voel dit maak jul gelukkig, eat your hearts out, because Wessie is here to stay.

  5. Lees bietjie wat se die DA LUK, Robin Carlisle.

    MEC: White road hogs avoid prison

    2013-01-30

    Cape Town – The Western Cape transport MEC says that people serving time for road offences were mostly black and coloured.

    “If you want to kill someone on the roads, ensure that you are white,” MEC Robin Carlisle told the Cape Town Press Club, reported Die Burger.

    He said white people usually avoided prison time as they could afford lawyers.

    He said the biggest obstacle in fighting road deaths was the lack of consequences for road offences.

    He slammed poor police work on accident scenes as well as “softer” sentences by courts.

    He said the media should stigmatise people who caused road deaths.

    “Our road safety campaign is controversial but very successful and would never have worked without the media,” he said.

    He said he believed road deaths could be decreased by 22% if everyone buckled up.

    He also said women caused only 4% of road deaths while 40% of motorists were female.”

    Dis dan seker oraait as Wessie so onverskillig jaag.

  6. Politics is about compromise, including selectively turning a blind eye when you have to. This is especially so when you find yourself in a position of power. Take Carlisle. In opposition he was highly principled and uncompromising and built quite a reputation for himself. That was before he had to live with the likes of Wessie, Donald Grant etc Not only is he now in the same party with people he would probably not have associated with in the past, but now finds himself in the untenable position of having to turn a blind eye to their flagrant violations of the laws he, as the MEC for Transport, has sworn an oath to uphold.

    It is sad and depressing, but we must face the facts, expediency and compromise rule and the once honourable have inevitably been dragged down into the gutter by the dishonourable. Nothing will happen.

  7. Gepraat van ondersoeke en die vernuiftige Robin Carlisle. Hoe ver het die ondersoek teen sy vriend Pillay van Durban en die Rheenendal busramp toe gevorder? Robin het met groot vanvare en media belangstelling die toets sentrum vir ‘n paar weke gesluit gehad en almal met ‘n paar ore belowe hoe hulle die saak sou ondersoek en sou optree. Word die ondersoek teen Wessie met die selfde ywer aangevoer of is daar hier ook tekens van politieke apartheid?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s