Rassisme in die raad!?

Daar’s ‘n veroordeelde kinderverkragter in die regerende ANC-koalisie op Oudtshoorn.
Daar is iemand met “beperkte formele skoolopleiding”.
En daar is ‘n rassis. Arme Oudtshoorn. Arme Oudtshoorn.

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 16 Maart 2013. 10h55. Jurie Harmse, ANC-raadslid vir wyk 13, se openbare uitsprake trek al te vreeslik op r… ra… ras… rassisme.

Harmse se rou rassisme is welbekend, maar die ANC kyk anderpad, soos die ANC anderpad kyk oor sy koalisie met Icosa, wat deur ‘n veroordeelde kinderverkragter gelei word.

Op 21 Oktober 2010, net na die tussenverkiesings wat die ANC beheer oor Oudtshoorn gegee het, nadat hy, Gordon April, en Shepstone Billy uit die OD gedros het, steek Harmse ‘n verregaande toespraak af van die stoeptrappies voor Verwoerdplein.

Die geleentheid was ‘n ANC-oorwiningsoptog en Harmse het aan die ondersteuners gesê: “Die boere se tyd is verby… Die boere gaan begrawe word… Die boere sit al die geld in hul sakke.”

Een van die joernaliste van die Oudtshoorn Courant is toegesnou: “Julle wit boere moet padgee. Ons gaan julle doodmaak vandag.”

“Die Boere se tyd is verby” en “die Boere gaan begrawe word” en “die Boere steek al die geld in hulle sakke” en “julle Boere moet padgee, ons gaan julle doodmaak vandag”!?

Het Harmse oor landbouers gepraat?

Ek meen van nee.

Het Harmse met deernis verwys na wit mense met ‘n liefde vir die bewerking van grond?

Ek meen van nee.

Het Harmse probeer kwets?

Ek meen van ja.

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Op 21 september 2011 snou Harmse die (wit) DA-raadslid, Johan Fourie, toe: “Die donerse wit mense dink ons moet net na hulle luister!”

En Vrydag, na afloop van die raadsvergadering, “boer” Harmse Fourie toe wéér!

Die speaker het ‘n bruin raadslid versoek om die vergadering met gebed af te sluit.

Fourie het die speaker meegedeel dat hy niekans sien om tydens ‘n gebed in die raadsaal te staan nie en het bly sit.

Dat die raadslede van Oudtshoorn saam kan bid is na my oorwoë mening ‘n belediging vir enige en elke gelowige en vir die godsdiens in die algemeen.

Na die gebed het Harmse Fourie toegesnou dat die boere mos nie wil staan as ‘n bruin man bid nie, of iets in dier voge.

Daar was ‘n kort woordewisseling tussen die twee en die burgemeester het Harmse glo berispe oor die uitlating aan Fourie.

‘n Kinderverkragter. ‘n Rassis. ‘n Burgemeester met “beperkte formele skoolopleiding”, soos die Wes-Kaapse hooggeregshof op 2 Augustus 2012 bevind het.

Berge val op ons. Heuwels bedek ons. Die pantheons help ons.

Wat doen jý, Gwede Mantashe; wat doen jý, Jesse Duarte; wat doen jý, Marius Fransman; wat doen jý, Putco Mapitiza, om rassisme uit te wis in ANC-geledere?

Is die totale afwesigheid van dissiplinêre stappe teen Harmse ‘n aanduiding dat die ANC Harmse se siening; Harmse se rassisme déél?

Ek meen van ja!

Die ANC: ‘n Libberysjinmoefmint.

En die Pous is ‘n Sewendedag-Adventis.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

2 thoughts on “Rassisme in die raad!?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s