Eden: Wat nou!?

Wessie van der Westhuizen moet gáán, dis verséker;
Hoe beïnvloed dit Oudtshoorn?

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 14 Maart 2013. 00h01. Knap voor die verkiesing van Mei 2011 het Wessie van der Westhuizen twee goed gedoen, of nie gedoen nie, afhangende van die toeskouer se perspektief, wat sy loopbaan in DA-politiek so byna gekelder het.

Van der Westhuizen was die DA se burgemeesterskandidaat op Oudtshoorn omdat verskeie lede van die verkiesingskomitee hom aan die destydse Wes-Kaapse DA-leier, Theuns Botha, en kie verkoop het.

Maar Van der Westhuizen het, so wou dit voorkom, sy uiterste bes probeer om die Kaap se vertroue in hom in die wiele te ry.

Eers het van der Westhuizen gestem dat sy mede koalisie-lede, Johan Koegelenberg, Henry McCombi, en Patrick Murray vervolg word op bedenklike klagtes wat later deur die streekhof uitgegooi is. (Klik hier vir besonderhede.)

Van der Westhuizen se verweer was dat die klagtes substantief was, maar dit was inderdaad nié en die saak het teen hemelhoë koste skouspelagtig in die hek geduik.

Dié optrede het Van der Westhuizen vreeslik op ‘n ANC laat trek.

Maar hel, dit kón mos nie wees nie!

Toe het Van der Westhuizen die ANC in Eden in staat gestel om ‘n bedenklike begroting aanvaar te kry toe hy die destydse ANC-raad ‘n kworum gegun het en sy party-kollega Sonja Biljohn so die geleentheid gegee het om die ANC-begroting teen haar eie party-instruksies te steun. (Klik hier vir besonderhede.)

Dié optrede het Van der Westhuizen vreeslik op ‘n ANC laat trek.

Maar hel, dit kón mos nie wees nie!

Botha was hieroor so beneuk dat hy besluit het om Van der Westhuizen as DA-kandidaat te onttrek.

Toe Botha my dié nuus meegedeel het, het ek Van der Westhuizen gebel en voorgestel hy kom praat dringend met my.

“Wat sal dit help?”, het Van der Westhuizen gesê.

“Kóm!”, het ek aangedring.

En so, oor koffie in my sitkamer, en met Botha op die lyn, is Van der Westhuizen se politieke lewe gered.

Van der Westhuizen het my daai dag met trane bedank vir sy oorlewing.

Van der Westhuizen het sy eie politieke lewe daarna so wragtag wéér probeer neem:

Die Maandag ná die verkiesingsuitslae van 18 Mei 2011, het Van der Westhuizen en Ben van Wyk sonder toestemming met Icosa se Jeffrey Donson gaan onderhandel vir beheer van Oudtshoorn.

Botha het Van der Westhuizen ook dié politieke naïwiteit vergeef – dit sou politieke dwaasheid wees om saam met ‘n veroordeelde kinderverkragter te regeer… Soos die ANC tans aan die bas voel.

So noukeurig is Van der Westhuizen se beeld gepoets dat Botha hom die burgemeester van Eden gemaak het nadat dit duidelik geword het dat Oudtshoorn as gevolg van die ANC se ondernemings aan die NPP en Icosa nie onder DA-bestuur sou kom nie.

Verskeie vooraanstaande sake- en professionele mense van Oudtshoorn het Wessie van der Westhuizen se kru bestuursverlede verdiskonteer teen die moontlike voordeel van ‘n bruin man as DA-leier op Oudtshoorn.

Van der Westhuizen het hierdie vertroue vertrap.

Van der Westhuizen het hom omring met personneel, soos Vujani Gouws; en adviseurs, soos Shaheed Patel, wat ‘n mens nie in die kantoor van ‘n DA-burgemeester sou verwag nie.

Van der Westhuizen se openlike afkeur aan die DA-aangestelde munisipale bestuurder, Godfrey Louw, is volledig in pas met die houding van die ANC in Eden.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Die bevindinge van die KPMG*- en ENS-verslae oor die bestuurswanorde en -ongerymdhede in Eden maak Van der Westhuizen se voortgesette burgemeesterskap onmoontlik.

Maar die stropie op die kersie op die soetroom op die melktert op die Clemetina van der Walt-bordjie is Van der Westhuizen se lokasie koes-koes klipgooi-en-skel-houding jeens die ENS-verslag.

As van der westhuizen niks het om weg te steek nie kan hy enorme punte afsteek wanneer ‘n ondersoek hom onskuldig bevind.

Maar alles dui daarop dat Van der Westhuizen nie net ‘n verhoor ten seerste wil vermy nie, maar dat hy die ANC-raadslede gebruik om die raad te verhoed om ‘n besluit te neem dat ‘n verhoor gelas word!

As Van der Westhuizen, wat ten minste die DA se “beleid” jeens O!O (“please do not respond at all!“) getrou nakom, die teendeel kan bewys sal O!O onvoorwaardelik om verskoning vra vir hierdie stelling.

Hoe lyk’it, Wessie!?

Intussen het die DA geen keuse nie: Wessie van der Westhuizen moet gaan. Punt.

Oudtshoorn se koukus en kiesafdelingsbestuur het geruime tyd reeds probleme met Van der Westhuizen se dissipline. Die ENS-bevindinge moet eenvoudig die laaste strooi wees. Oudtshoorn behoort massiewe druk te plaas op Botha, die DA se leier van regeringsake, om Van der Westhuizen as proporsionele raadslid te verwyder.

‘n Sterk kandidaat, wat lewe in die lamsakkige koukus kan blaas, moet aangewys word.

As die media-druk op die ANC, om Jeffrey Donson as koalisievenoot te verwyder, volgehou word kan Oudtshoorn dalk net ‘n raad kry wat vir die eerste maal sedert die 2011-verkiesing regéér.

Die uitdaging is gróót. Voorvatters is nodig!

* Die KPMG-verslag van 23 Januarie 2012 lui dat R7,566,985.48 oor ‘n tydperk van sowat 2 jaar onreëlmatig, onwettig en in stryd met die tersaaklike regulasies spandeer is.

Die name van menere Hooogbaard, Blaauw, Vollenhoven, Mpuru, Delo en me Arries word genoem.

Alhoewel Van der Westhuizen nie vir hierdie vergrype verantwoordelik gehou kan word nie, moet hy pa staan vir die feit dat sy raad sedert Junie 2011 nog nie op die bevindinge van die verslag gereageer het nie.

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

7 thoughts on “Eden: Wat nou!?

  1. Askies Baas, ma ek vorstaan nie wat eintlik aangaanhier nie.
    So paar jaar gelede, vertel my vriend Andy my…
    Josie brand on vir Lulu te gaan kuier, probleem is dat hy teen nou al sy aandele opgebruik het by Ma
    Oor elke keer se 2 uur vroegoggend eers huistoe kom…
    Ma weet, oom Teuns Botha praat vannand, ek wil so graag gaan luister..
    Atmosfeer is oombliklik anders. Wel my kind as jy moet gaan, gaan Dan maar, wens ek kon gaan.
    So gesê, so gedoen.
    Na 2 die volgende oggend is Ma buite haarself, as sy met die koekroller tens sit en wag toe Josie aankom
    En en waar kom jy vandaan, hê
    Ma, Ma sal nie glonie, het daardie man gepraat vanaand gepraat, Ma
    Nee maar, my kind ek maak gou koffie Dan vertel jy my warrior hy gepraat het…
    Benoud verduidelik Josie , ” nee Ma, hy het nie gesê nie “

  2. Ed people tend to forget one thing that you highlighted in a previous post on this blogg-Wessie was/perhaps still sees himself as a ID and can con Patricia De Lille to keep the DA hostage so that he cannot be removed.

    The Eden caucus therefore is fighting a massive battle: ANC and COPE in council who supports Wessie and they must still attend with the leader of a failed party as well.

    Sadly the DA Western Cape leadership does not have the balls to tell the leader of that failed party to piss off. Unless the dead and failed party is still recruiting members- the DA can actually just get rid of Wessie.

  3. Ja, O!O. Jy en Theunsie het saam ‘n moerse fout gemaak. Al verskil is dat jy eerlik en moedig genoeg is om dit te erken, Theuns nie. Dit is rede tot kommer.

    Julle Wessie “ligte mistykie” is natuurlik nie al een nie. Hy is nie al ANC-met-‘n-blou-Tshirt burgemeester wat Theuns aangestel het nie. Daar is ook Booysen, wat net soos Wessie met die ANC heul. Maar dit daar gelaat.

    Die bitter vrugte van die Wessie besluit is natuurlik dat die ANC hom binne die raad beskerm net soos een van hul eie. Dit laat die DA lede in die Eden raad magteloos om te doen wat gedoen MOET word onder die omstandighede. Dit is ‘n feit soos ‘n koei dat Wessie untouchable is binne die raad en die DA raadslede is magteloos. GROOT PROBLEEM. Dit is Theuns se skuld en hy en Ivan laat dit voortgaan.

    Maar alles is nie verlore nie. Hy is miskien untouchable in die raad, maar wat van in sy eie koukus? Gegewe wat hy gedoen het, kan (en MOET) die DA se Eden koukus hom skors. Hulle is dit verskuldig aan al die kiesers van Mosselbaai tot Oudtshoorn tot Bitou wat DA gestem het op die Distriks stembriefie. Hulle is dit verskuldig aan die DA en al sy lede an ondersteuners, nie net in Eden nie, maar dwars oor die land. Iemand moet leierskap neem en ‘n koukus vergadering bele. Iemand moet verantwoordelikheid neem, want die Partyleierskap is duidelik nie daartoe in staat nie.

    Wessie behoort ook natuurlik nie untouchable in die DA self te wees nie. Met wat hy gedoen het, kan (en MOET) hy binne die party disipliner aangekla word. As die Leier / Onderleier nie die guts het om dit te doen nie, moet iemand anders in die DA, enige lid wat bewus is van die ENS verslag, dit doen. Sodoende is Wessie binne ‘n kwessie van weke geskiedenis. Disipline is herstel. Die DA se reputasie gered, miskien nie heeltemal nie, maar darem. Goeie regering in Eden herstel.

    Die oplossing vir hierdie “krisis” is voor die hand ligend, iemand moet net DOEN wat gedoen MOET word. As iemand net gedoen het wat gedoen moes gewees het toe die ENS verslag bekend gewrod het was Wessie lank reeds net ‘n vergete nagmerrie.

    Daar moet sterk leierskap opstaan in die Eden koukus en/of in die DA. Enige plek in die DA. Die tak waaraan Wessie behoort, die kiesafdeling, die oosstreek, die Weskaap, die Federaleraad. Iewers moet daar tog ‘n lid wees wat bereid en braaf genoeg is om op te staan vir dit wat regs is….

    Of ontbreek integriteit geheel en al? Is al die eerbare mense reeds uitgewerk en vervang met slapgattige Ja-broers?

    “Ek hou van ‘n man…”

  4. Wessie moet inderdaad dissiplinêr verhoor en krimineel vervolg word.

    Hy sal beslis eers skuldig wees wanneer ‘n dissiplinêre komitee of ‘n hof hom skuldig bevind.

    Ek vra dat Wessie verwyder word as ‘n politieke stelling van die DA, ongeag die verhoorprosesse – en júis vóórdat die verhore plaasvind.

    Die voorbeelde wat ek aangedui het – sedert vóór die 2011-verkiesing, dwing die DA tot politieke optrede.

  5. Voordat Wessie ontslaan kan word moet hy skuldig bevind word op klagtes soos in die onlangse verslag weergegee. Hy moet deur ‘n erkende proses verhoor word en skuldig bevind word. Is dit reeds gedoen?

  6. Vandag se Cape Times herhaal OO se dae oud kommentaar omtrent woord vir woord aan.
    OO is nie net “0n Time” nie, maar ook Cape Slimes vooruit.
    Onse getroue Burger, gesels nog, maar nog nie SAAM nie
    Drewan, jou steyl het styl, jyt n stem soos n voice.
    Herhinner n ou aan Blaar Coetsee, joernalis prof Willem de Klerk, Cape times se John Scott en mag nie prof Sampie Terreblanche vergeet nie… Inteendeel..
    Niemand lees OO nie, maar almal weet wat daarin staan.
    Min Teuns Botha sal sê: mooi man.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s