Wat ‘n gemors!

Eden is ‘n siek grap

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 12 Maart 2013. 12h50. Dit het behoorlik gegons vanoggend.

Oor gister se Worcester-vergadering. Tussen die Wes-Kaapse DA-leierskap en die Eden-koukus.

Nes ek gereed was om te publiseer, kom nog ‘n snarsie inligting by.

Die Eden DA-koukus het 12h00 begin. Die spesiale raadsvergadering begin 14h00.

Alhoewel ek op George is vandag, gaan ek nie eens die moeite doen om dié sirkus by te woon nie.

Die Wes-Kaapse DA-leier, Ivan Meyer, só verseker een van my vele en betroubare bronne my, meen dat die koukus “leierloos en ongedissiplineerd” is – waarom sal ek my tyd met dié lot mors!?

Ek, en my lesers, ken die inhoud van die ENS-verslag wat dissiplinêre stappe en kriminele klagtes teen die uitvoerende burgemeester, Wessie van der Westhuizen, aanbeveel.

Ek het ook reeds die speaker se verslag, wat vanmiddag voorgelê word, gelees.

Waarvoor sal ek nou die raadsvergadering bywoon – want nóg die raad, nóg die amptenary het die vaardighede om te besluit watter aksie op die ENS-verslag moet volg.

Dis eenvoudig: Van der Westhuizen moet dissiplinêr, én krimineel, aangekla word.

Dis nou nie asof die raad ‘n keuse het nie. Wat natuurlik nie beteken dat die raad sy verpligting sal nakom nie.

Al wat die mense van Eden uit vanmiddag se vergadering sal kan wys raak is ‘n antwoord op die vraag: Het die raad die kroonjuwele om die onafwendbare te doen!?

Ek weet nie. Ek glo nie. Maar ek kan verras word. Veral omdat daar tans baie druk op die raad en die DA is om “iets” te doen. En omdat, en dís belangrik, alle hel sal losbreek as daar niks gedoen word nie.

Ek gaan egter nie na die beraadslagings luister van ‘n raad wat my en die mense van Eden se tyd mors nie.

Kyk hoe het Eden die Koegelenberg-McCombi-Murray-saak wanbestuur. Wat kan nou verwag word van die raad oor die Van der Westhuizen-saak!?

Oorweeg die fiasko met die vervolging van die munisipale bestuurder, Godfrey Louw, en sy verhoor en skuldigbevinding en appél en die raad se optrede in flagrante verontagsaming van die uiteindelike SALGA-uitspraak…

Nee wat, ek mors nie my tyd met ‘n spul narre wat as “leierloos en ongedissiplineerd” uitgekryt word nie.

Wat vanmiddag gedoen móét word, is dat die raad ‘n dissiplinêre komitee moet aanstel – Eden het so-wil-jy-glo so wrágtag nie só ‘n ding nie!

Van der Westhuizen gaan met vele dinge kom, soos dat ENS nie behoorlik en regmatig aangestel is nie.

Die munisipale bestuurder se verslag – bladsy 31 van vandag se raadstukke – maak korte mette van dié uitvoerende winderigheidjie.

Die doel van die verslag en die aanbeveling word op bladsye 36 en 37 uiteengesit.

Die raad – en die DA! – het nie ‘n keuse nie: Daar móét opgetree word!

Maar gegewe die DA se politieke bestuur van Eden…

Van der Westhuizen is burgemeester gemaak terwyl die DA ten volle bewus was van sy bedenklike bestuursrekord.

Om nou, bykans twee jaar later, krokediltrane oor sy onbeholpenheid en ongedissiplineerdheid en politieke onbetroubaarheid te stort wek by my net mooi géén gemoeds… gemoedsverswaring nie. (Hét jou, Fred!)

Waar was die DA se superster-hoof van regeringsake, Theuns Botha – die party se politieke leier in Eden – die afgelope twee jaar? Saam met die Baälprofete van Elia en Karmel-faam aan die slaap?

Ek verneem gesaghebbend dat Meyer behoorlik skuins teen die grond bedonerd is oor die bedenklike toestand van die Eden-koukus en -raad en Botha heimlik verantwoordelik hou.

Dat Alan Winde nou by Botha oorgeneem het as Eden se kiesafdelingshoof, skyn Meyer se ongedurigheid te bevestig.

Maar ek wil weet hoe die Wes-Kaapse DA-leiers gistermiddag getrou sit en notas neem het terwyl twee koukus-faksies, die pro-Wessie en die anti-Wessie faksies, die burgemeester verheerlik en verdoem het.

Is die Wessie-woelinge nóú eers nuus!?

Alle gode en kabouters en feëtjies!

En dan stuur die DA-viermanskap die moeë koukuslede al 350km terug George toe met die belofte van ‘n latere volledige respons!

Nee magtag, só kan ‘n mens mos nou nie bestuur nie man!

Wat het geword van dóén!?

Dié alewige vergadering-vergadering speletjie mors net tyd en geld.

My Kaapse bronne meen dat ‘n taakspan bestaande uit Meyer, Botha, Winde… en die Wes-Kaapse party-sekretaris, Anton Bredell (be still my heart) voortaan vir alle praktiese redes politieke beheer op Eden sal hê.

Maar hoekom met die “leiers” van die “leierlose” koukus volhard!?

Dis mos nou waansinnig om kolonel Sanders die hoenders te laat oppas!

Die DA mors op Eden.

Ek gaan nie na die begrafnis toe nie.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

One thought on “Wat ‘n gemors!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s