Eden op ‘n mespunt!

Slegs 15 uit 35 raadslede teenwoordig op kritieke tydstip;
Wessie van der Westhuizen dreig raad met regstappe

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 12 March 2013. 17h15. Wessie van der Westhuizen en Gert Niehaus moes vanmiddag se spesiale raadsvergadering verlaat omdat hulle betrek is by die ENS-verslag wat deur die raad oorweeg moes word.

Toe bly daar 32 van die 35 raadslede oor, want die nuwe DA-lid van Bitou is nog nie ingesweer nie.

Toe kry Hennie Floors van Mosselbaai borspyne. Toe is daar 31.

Toe is Cope se John Maxim, die DA se alliansie-vennoot, soek. Toe is daar 30.

Toe onttrek die ANC omdat hulle die prosedurale aanslag bevraagteken het. Toe is daar 17.

Icosa dros toe ook. Toe is daar 15.

Die vergadering het dus nie ‘n kworum (18) gehad nie en moes verdaag.

Geen besluit kon dus geneem word oor die ENS-verslag wat aanbeveel dat Van der Westhuizen en Niehaus vervolg word nie.

Boonop het van der Westhuizen ‘n prokureursbrief aan die raad oorhandig waarin hy dreig om die raad hof toe te sleep omdat die ENS-verslag nie tegnies korrek opgetrek is nie.

Kyk, die hele besigheid is vir my net te dik vir ‘n daalder.

Ek sien die sameswering so duidelik soos ‘n pitsweer op ‘n muggie se boud.

Ek sal môre volledig keel skoonmaak hieroor.

Intussen het ek die volgende sms’e gestuur:

Aan Theuns Botha – Wessie hou julle vir die gek, Theuns. Wat nou?

Aan Peter Roberts, die voorsitter van die Oudtshoorn DA-kiesafdelingsbestuur – Peter, wat gaan jy VANDAG doen aan die gebrek aan dissipline van jou koukuslid Wessie vd Westhuizen!? Ek verwag ssm ‘n publiseerbare antwoord.

Aan Van der Westhuizen – Wessie, ek het nou vir jou ‘n lang sms geskryf en dit toe uitgevee. Sies, man. Sies!

Soos ek vroeër vandag berig het, sou dit inderdaad ‘n volslae vermorsing van tyd gewees het om die narrespel te gaan bywoon het!

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

2 thoughts on “Eden op ‘n mespunt!

  1. Wel, wel, wel. Hoe se die Engelse? Couldn’t organise a piss-up in a brewery. Fok Fanie, Wessie sit vir almal ore aaan. Sulke lang grys DONKIE ORE!!! Theuns is ‘n slapgattige nikswerd. Die DA se sterkman! Ha! Hy skrik vir sy eie skaduwee. Hy’s SWAK. SWAK,SWAK,SWAK!!! Hie hie hie. Die klein mannetjie kan waaragtig niks doen nie!!!!

    SKOP SY GAT WESSIE. SKOP SY GAT!!!!!

    Mense! Die DA ouens is een moerse grap.

    Hiers ‘n bietjie raad vir jou Theunsie

    Skuld Wessie nie dalk die DA geld nie? Jy weet mos hoe om te maak! Beweer net hy skuld geld dan fok die komputer hom op. Problem solved!

    Dis een moerse grap. Ek lag my slap!

    Praat van “mediocre white men…”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s