Gemeenskapsdienste se Ron Lottering maak keel skoon

“Kyk ‘n slag na wat ek doen!”

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 5 Maart 2013. 08h20. Ek het Saterdagmiddag ‘n navraag aan die direkteur gemeenskapsdienste, Ron Lottering, gestuur:

Jy het gedurende Nov en Des 2012 twee deviations van altesaam R800k vir Vernon Andries se onderneming aanbeveel om strukture te sloop om plek te maak vir nuwe huise in Bridgton.

Dis deel van die ASLA-projek en hulle het die werk gedoen! Waarom moes Andries betaal word!?

Andries is ook betaal vir die oprigting van tydelike toilete by Rose Valley en ander areas. Dié bedrag beloop honderde duisend rand en geen ander ondernemings op die databasis het ‘n deel van dié koek gekry nie.

Verduidelik asseblief.

Lottering het my eers gebel en verduidelik en toe sy reaksie op skrif gestel.

Ek publiseer die antwoord verbatim en bedank Lottering vir sy flink reaksie!

Dankie vir die navraag.

Hiermee my reaksie. Ek wil ook graag verwys na die kummunikasie beleid van die raad. Ek verstaan waarom die navraag nie deur die amptelike kanale gestuur is nie. Dit is persoonlik aan my gerig en daarom het ek geen probleem om te reageer nie.

Ek kan meld dat ek geen verhouding het met enige kontrakteur (Vernon Andries) nie.

Die skoon maak van die perseel vir 23 huise was noodsaaklik aangesien, ons die perseel dringend aan ASLA moes oorhandig om met die projek te begin, asook om te verseker dat ons befondsing wat ontvang was,te spandeer voor einde Maart 2013. Dit sal swak prestasie vir die raad wees as enige toekenings ontrek word.

Die afwyking vir die aanstelling van n kontrakteur was net vir die advertensie periode, maar drie kwitasies is wel deur die lyn departement verkry vanaf plaaslike kontrakteurs.

Alle werk, om die perseel gereed te kry is wel deur die aangestelde
konstruksie maatskappy gedoen. Wat ek wel verstaan is dat die aangestelde konstruksie maatskappy die dienste van nog n plaaslike maatskappy bekom het,
ten opsigte van masjienerie! ASLA het die perseel aanvaar gedurende Desember 2012 soos ooreengekom, om met sy groot maat dienste te begin. Die bou van die huise vorder goed en weereens nog n spog projek deur my direktoraat en weer geen erkening vir dienslewering.

Met verwysing na die toilette het die aangewese departement weer n proses gevolg om die dienste by die mense te kry. Vier informele woon gebiede was geidentifiseer onder die ABS performance area. Drie kowitasies is bekom vir elke area en weereens was die afwyking alleen vir die advertensie periode. Die lyn departement het vier verskillende konstruksie maatskappye aangestel en nie een soos beweer.

Hierdie dienste was noodsaaklik aangesien die riool volume oor Desember en Januarie toeneem met skool- en kersvakansies vir die werkerskorps. Met die sluiting van maatskappye oor Desember wat dienste verskaf om die toilette
skoon te hou, neem gebruik toe, asook meer klagtes vanaf die gemeenskap. Dit het tot gevolg dat die maatskappy wat dienste lewer om toilette skoon te hou; dit 3 tot 4 keer per week dit moet doen, maar dit het baie hoe koste tot gevolg.

Ek hoop hierdie reply bring n einde aan die negatiewe report of poging om weereens my intergniteit aan te val.

Weereens dankie vir die ope navraag.

Drewan, geen melding word gemaak van dienslewering of vordering in my Direktoraat nie.

All are council resolutions:

The establishment of a 24hour fire & rescue service, first within 150 years of Our municipality,
A dedicated law enforcement unit to excecute bylaws,
180 subsidy houses within six months and preparation of 300 plots for another 300 top structures (houses) for rose valley!

Adequate basic services, like drinking water infavor of the rural residence areas, where acces are limit.

Community projects for job creation, to ensure a clean town/cbd.

Upgrading (water, toilets and housing structure materiaal) of all informal settlement areas.

I am committed to service delivery and invite those who wanted to help us to turn the town around in favour of ‘all’.

Die munisipaliteit reageer nie op O!O se navrae nie, maar O!O kry inligting uit soveel bronne dat die munisipaliteit maar net kommentaar hoef te lewer – wat dit op O!O kan doen as dit wil. O!O het die feite lank voor die munisipaliteit weet sy storie is uit.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

One thought on “Gemeenskapsdienste se Ron Lottering maak keel skoon

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s