Beste Hannes…

Wanneer gaan die Oudtshoorn DA-koukus teen Wessie van der Westhuizen optreë!?

No holds barred in your face factual reporting
even of what you may not realise you should want to know

Your advertising is only as good as the people who see it – repeatedly!
You want to do business with O!O readers – people with money and control of corporate budgets.
And you want to reach them behind their desks, making decisions!
Click here

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 15 February 2013. 09h20. Ek het vanoggend aan die voorsitter van die Oudtshoorn DA geskryf:

Die Voorsitter
Mnr Hannes Barnard
DA-kiesafdelingsbestuur
Oudtshoorn

Beste Hannes

Die DA-burgemeester van die Eden Distriksmunisipaliteit, Wessie van der Westhuizen, se openbare uitsprake oor sy onskuld aan die bevindinge (sic) van die ENS-verslag stel die Eden DA-raad en die Eden DA-speaker in ‘n uiters ongunstige lig.

Die Burger het op 13 Februarie berig dat Van der Westhuizen sou gesê het: “Ek verwerp die bewerings in die verslag met die minagting wat dit verdien. Dit is ’n heksejag om van my as burgemeester ontslae te raak.”

Die berig lui voorts: “Volgens Van der Westhuizen het hy volle vertroue in die DA en die party se leiers en weet hy dat die kwessie op ’n regverdige wyse opgelos sal word.”

Dit wil voorkom asof Van der Westhuizen die DA-speaker, wat die ENS-ondersoek gelas het, van “heksejagtery” beskuldig, maar die aanklag probeer temper deur te verklaar dat hy vertroue het in die (DA-heksejag) proses!

Dit is duidelik dat van der Westhuizen die DA-speaker, en die party, in ‘n swak lig stel – ‘n ernstige oortreding van ‘n DA konstitusionele regulasie wat onverwylde optrede deur die party noodsaak.

Synde Van der Westhuizen ‘n proporsionele DA-raadslid van Oudtshoorn is, verneem ek graag wanneer die Oudtshoorn kiesafdelingsbestuur die noodwendige tugstappe teen Van der Westhuizen by die provinsiale leierskap gaan aanbeveel sodat die DA se federale raad dit kan oorweeg.

Die DA se Eden-kiesafdelingshoof, Theuns Botha, het nog nie tyd gehad om op my navraag van 13 Februarie hieroor te reageer nie en ek hoop dat jóú program aandag aan hierdie “ligte mistykie” sal toelaat.

Dit is immers algemeen bekend dat die Oudtshoorn-koukus Van der Westhuizen reeds verskeie male aangespreek het oor, onder andere, sy swak bywoningsrekord.

Dit blyk asof Van der Westhuizen se disiplinêre reputasie nou aan flarde is. Oudtshoorn verdien beter raadslede – die béste!

Groetnis!

Click here to receive updates.

Advertise on O!O

Click here to return to the title page.

2 thoughts on “Beste Hannes…

  1. In die George Herald beweer Wessie dat en ek haal aan”They want to lay their hands on Eden’s municipal land and I an in the way.” Nou wat sou dit beteken? Wie is die “hulle” waarvan die burgemeester praat en wat gaan nou eintlik aan rondom die proses om Eden se grond te vervreem? Wat weet Wessie van “hulle” waarvan ons nie weet nie?

  2. OO, die vraag is eenvoudig, GAAN DIE DA AANHOU ANDERKANT TOE KYK WANNEER KORRUPSIE IN SY GELEDERE AANHOU FLOREER !!

    Hierdie is die mees huigelagtige party wat ek ken, se een ding en doen heeltemal n ander. “If they cant purge themselves soon” is dit neusie verby met hierdie nuwe ‘DA gravy train joiners’ en predatory ‘elite’ wat belastingbetalers ook besteel.(Van die ANC praat ons nie meer nie, wat se die kenner Dr Jan du Plessis – their demise and a failed State imminent)

    O!O, Hannes kan en sal jou nie antwoord nie, hy kyk eers wes en sien wat Theunsie te se het want van ‘window dressing” Ivan Meyer hoor mens nooit niks want daars soveel verrotting binne die DA, Ivan kannie vinnig genoeg voorgese word om inferno’s te blus nie.

    Lees gerusTony Leon se artikel vanoggend oor die DA se voortbestaan. So vinnig soos hul nuwe ‘politieke kleuters’ werf, loop hul die risiko om oud en gevestigde ondersteuners te verloor. Dis nag vir hulle ook omdat Rampele nie eends in hul rigting kyk nie. Kan jy haar blameer

    Weet iemand of Bredell en of Hannes al bedank het ( die een vir onbevoegdeid, die ander hopelik ‘to save face’ in a sinking party !)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s