Raadslid voor op verkragting

Raadslede… Raadslede! Raadslede!?

No holds barred in your face factual reporting
even of what you may not realise you should want to know

Your advertising is only as good as the people who see it – repeatedly!
You want to do business with O!O readers – people with money and control of corporate budgets.
And you want to reach them behind their desks, making decisions!
Click here

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 14 Februarie 2013. 12h50. Ek het die ANC-hoofsweep van die Wes-Kaapse Parlement nóg ‘n brief geskryf – die tweede vandag! en dié keer oor die verkragtingsklag teen Werner Meshoa waaroor ek hieronder berig.

Pierre

‘n Raadslid van die ANC se koalisievennoot op Oudtshoorn, Icosa, het vanoggend op ‘n klag van statutêre verkragting verskyn.

Die Icosa “President” is ‘n veroordeelde kinderverkragter.

Pierre!?

En jý kla oor DA-vergrype. Die DA mors in Eden, dis verseker, maar die ANC het geen basis om te kritiseer nie.

Hoe kan jou ANC hoog opgee teen verkragting en saam met kínderverkragters werk!?

Hóé!?

Ek hoe dúrf jý énigiets kritiseer!?

Ek sal nogals graag jou kopdraai hieroor wil verneem – al is dit net vir afleiding.

Oudtshoorn. 14 Februarie 2013. 11h30. Nadat al wat politikus is vrééslik gepráát het oor verkragting – ná die onuitspreeklike onlangse gruwel van Bredasdorp – het Werner Meshoa, ‘n Icosa-raadslid van Kannaland, vanoggend weer op Oudtshoorn in die hof verskyn nadat hy op 6 Augustus verlede jaar op R3,000 borg vrygelaat is nadat hy vroeër in hegtenis geneem is op ‘n klagte van statutêre verkragting.

Die verhoor vind nou op 19 Junie plaas. Meshoa ontken dat hy en die klaagster seks gehad het.

Die klaagster, een van Meshoa se leerlinge, het ook ‘n tweede man van verkragting beskuldig.

Hoe dit ook al sy, die klaagster is 15 jaar oud en moet beskerm word.

Meshoa het aanvanklik op 31 Julie 2012 op Calitzdorp in die hof verskyn op ‘n klag van statutêre verkragting.

Meshoa het ‘n misdaadrekord van geweld met veroordelings vir aanranding in 1996; 2005; en 2009.

Meshoa se baas, Jeffrey Donson, Icosa se “president”; burgemeester van Kannaland; en pappie van onse eie onderburgemeester, Vlancio Donson, is in Februarie 2008 op ‘n soortgelyke klag skuldig bevind.

Dit was nie Donson snr se eerste moeilikheid oor dogtertjies nie…

Op 27 Mei skryf die Son-verslaggewer, Neil Scott, Jeffrey Donson se pad was nie altyd net gelyk:

Jeffrey Donson se geskiedenis is vól drama:
– Op 6 Maart 2006 word hy in hegtenis geneem op ’n klag van poging tot verkragting van ’n minderjarige.
- Op 11 Maart 2006 word hy op bail van R5 000 vrygelaat. Die openbare vervolger besluit daar is nie genoegsame getuienis teen hom nie en die saak word teruggetrek.
Die klaagster het gesê: “Donson het my nie verkrag, aangerand óf gedreig nie. Ek weet dit gaan oor politieke besigheid en nie oor my nie.”
– In Februarie 2008 word hy skuldig bevind aan statutêre verkragting in ’n ander saak.
“Ek gaan nie bedank nie,” het Donson gesê.
Met sy skuldigbevinding was Donson die mayor van Kannaland.
Hy word effektief 16 maande tronkstraf opgelê.
Donson hou egter vol hy is onskuldig. Hy appelleer teen die klag en bly aan as mayor.
– In Oktober 2008 wen hy dié appeal en dit word verander na korrektiewe toesig en ’n boete van R20 000.
– Intussen gang Donson se NPP buddies in die raad teen hom op en kry dit reg om hom uit die party en raad te skors.
Hy wen egter die daaropvolgende tussenverkiesing onder die Icosa-banner.
– Op 30 Desember 2009 skors Anton Bredell, die minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkeling, hom wéér uit die raad.
Dít volg nadat Donson aan wanadministrasie skuldig bevind is.
– In Februarie 2010 wen Donson weer die tussenverkiesing vir die setel.
Tóé het Livingstone Jafta, Icosa se adjunk-president, gesê: “Icosa is deel van die nuwe Suid-Afrika. Ladismith behoort nie aan die ANC nie.
“Donson is duidelik die enigste ware leier in dié dorp. In 2011 neem Icosa beheer oor van dié raad.”

‘n Son-leser skryf dieselfde dag só oor Donson:

ONS kan net ons koppe skud, want onkruid vergaan nie.
Na afloop van die plaaslike verkiesings moet ons hierdie week hoor die veroordeelde verkragter ­Jeffrey Donson kon weer die burgemeester van Kannaland word.
Hy het as lid van Independent Civics Association of SA (Icosa) gestaan en sy setel gewen.
Nou, ná ’n helse vryery deur die ANC kan hy weer as burgemeester aangestel word.
Hierdie ou is in 2008 in ’n hof skuldig bevind op ’n klag van onsedelike aanranding en sewe klagte van statutêre verkragting ná sy verhouding met ’n 15-jarige meisie.
En hy is al in 2004 oor korrupsie as burgemeester van die streek uitgeskop – een van die munisipaliteite in die provinsie wat die swakste bestuur word. Hy is ook ge-fire as raadslid van die NPP.
Só ’n man kan ons nie lei nie!

Die Cape Times het die vorige dag ‘n voorbladberig oor Donson die verkragter gehad: Convicted rapist could be mayor.

O!O het Icosa se woordvoerder, Dawid Kampher, op 30 Julie verlede jaar oor dié sake gebel.

O!O het eers ‘n sms aan die twee Donsons gestuur en Kampher het daaroor gebel en gevra dat O!O terugbel want Icosa se lugtyd het laag geloop.

O!O het geweier en gevra dat ‘n verklaring ge-epos word.

Toe Kampher nie teen die middag van 30 Julie reageer het nie, het O!O toe wéér gebel. O!O het gesê Kampher moet opskud met die verklaring want O!O het nie tyd om te sukkel met klein politieke partytjies wie se leiers nie hulle hande van dogtertjies kan afhou nie.

‘n Heen-en-weerdery oor O!O wat Icosa nie kan voorsê nie het gevolg, maar O!O wou eintlik maar net weet of Meshoa al weggejaag is uit Icosa.

Natuurlik nie. Hy moes eers skuldig bevind word.

Ja, het O!O gesê, maar wat sal dít help, synde “president Donson” inderdaad skuldig bevind is aan statutêre verkragting en stééds president is!

“Wat ís dit met Icosa se manne en dogtertjies?” wou O!O weet.

En toe vloek Kampher vreeslik.

“Jou pudendum muliebre; wees vrugbaar en vermeerder”, het Kampher geskreeu.

Nou nie in dié bepaalde woorde nie, natuurlik; ‘n beduidende woordeskat is nie een van Kampher se sterk punte nie.

O!O het nou nie vreeslike verwagtinge van iemand soos Kampher nie en kon maar net lag vir die arme drommel. Bid jou aan jou woordvoerder vloek ‘n media-verteenwoordiger.

O, terloops, Kampher het dit ook oor die “Boere” gehad: “F… julle Boere ôk!”

En met dié verklaring is die onderhoud toe ook beëindig.

Jeffrey Donson het al aan my persoonlik gesê dat die dogtertjie wat hy verkrag het hom aantreklik gevind het.

Om te dink die Suid-Kaapse politiek het karakters soos Donson snr en Meshoa in sy midde is weerinswekkend.

Om te dink daar woon mense in die Suid-Kaap wat vir Icosa stém, is weersinswekkend.

En Icosa is ‘n party met wie die ANC en die NPP op Oudtshoorn saamwerk – wat sê dít van die leieskap en die beginsels van die ANC en van die NPP en dié partye se leiers!?

Dit sê vrééslik baie. Dit sê die ANC en die NPP en hulle leiers sal énige beginsel verkrag om mag te hê.

Kán daar ‘n groter sosiale euwel wees as kinderverkragting!?

Die ANC regeer Oudtshoorn omdat die ANC in ‘n koalisie is met ‘n party van wie die leier ‘n veroordeelde kinderverkragter is.

ANC Oudtshoorn… Hoekom is julle in koalisie met Icosa!?

Click here to receive updates.

Advertise on O!O

Click here to return to the title page.

6 thoughts on “Raadslid voor op verkragting

  1. yes, exactly. This is why, first let me say this – IMO, Donson is a symptom of a much greater malady. The malady of poverty, resentment, apartheid and all that is wrong within our society. You see, as I see it, Donson is popular (and I say that wit some reserve, because there are some people who actually do not like him). The problem is that in the land of the blind, the one eye is king. And that I think very much sums it up. You see, essentially Donson has no power save that given to him by people who (and Im sure he is aware of this) have very little loyalty to anything (themselves being desperate to eek out some sort of an existence). So, Its not personal Mayor Donson, Its just life. I personally quite like the chap. He’s always been polite (except once in a meeting) but other than that, I say, let him be. For those who are still shouting about the rape, I say, THE COURT HAS SPOKEN – BACK OFF! For those who want to him to see his ass, I say there are other ways!

  2. KWB

    Ek vee jou kommentaar uit omdat jy ‘n skuimbek rassis is. Ek wil jou nie op O!O hê nie, maar jy is te onnsel om dit te besef.

    Vat die pad.

    Ek het jou bydraes gemerk; ek sal voorts nie eens weet dat jy probeer kommentaar lewer nie.

  3. Hehe. Lekker laat Karolus my nou lag met sy storie van die dorp of die kiesafdeling… Maar ja, ek dink daar was toe glad nie regverdiges oor nie en hulle is toe in hulle moer in soos hy se. Jy vertel die storie so lekker jy moes ‘n dominie geword het – of is jy dalk?

    Terwyl ons nou na die ligter sy van dinge kyk en bietjie spot met Pierretjie se “1960 profiele”. Die Pierre mannetjie lyk vir my altyd net soos Evita Bezuidenhout se oorlede man. Daar was jare gelede so ‘n mooi almanak met die hele familie se portrette en ek dink Pierre syne kom reguit van dit af. Vergeet nou wat die oom se naam veronderstel was om te wees. Maar ook die haartjies en die brilletjie en wat jy sommer op ‘n afstand kan sien so ‘n cheap suit. Suiwer daardie omie.

    Peirrie raas darem nog maar onse Theunsie is stil. Tjoepstil. Laat hoor bietjie van jou Theuns, daar is rerig ‘n spook onder die bed en hy sal nie weg gaan as jy maar net aan die slaap kan raak nie. Hy’s daar en hy’s groot en vet en hy weet te veel, ne?

  4. Het Pierre Uys, die voormalikge NNP “oorloper” nou sy naam krater gemaak, vra ek ? Waaroor het dit in die eerste plek dan vir Uys gegaan, geld of beginsel ? Is daar enige verskil tussen politici en die tannie wat saans hier op die hoek staan ? As dit beginsels is wat Uys werklik nastreef sal hy vinnig antwoord en sy party ‘skoon’ van die “Donson-dogtertjies” en alle soosrtgelyke misoes politici. Hy sal ook die moed he (dalk skaam- skaam) om vir O!O te face met antwoorde en aksie !! (Die DA misoeste moet asb nie agter hierdie tydelike Pierrie- afleiding skuil nie – ons wag nog steeds op Theunsie se terugvoer op Eden se Wessie).

    Ons wag vir jou terugvoer en GROOT ACTIONS Pierrie’jie – lyk dit ook vir julle of die ou nog op laerskool moet wees as mens sy foto’jie so bekyk ? Moet jy nie dalk solank jou “1960-profiel “ook maar intussen update Pierrie en terselfdertyd die publiek jou morele spiertjies en vegkuns wys ? OO wag my knapie !!

    OO, is daar nie n wet wat se dat as jy n veroordeelde is, jy geensins mag staan in n publieke hoedanigheid nie ?

  5. Jan nee, klink my die manne neem die goeie Boek se boodskap “go forth and multiply” letterlik op en trek nie strepe by ouderdom nie. Hulle moet dalk ook net die stukkie ‘n ent verder, of vorentoe – ek is nou nie ‘n goeie boek ekspert nie – lees wat sê “in die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien” (Aan die ander kant – word daar seker deur die plesiertjies deur ook goed gesweet, so miskien lees hulle die twee gedeeltes saam.)
    Dit sou nou alles baie nice en baie humoristies gewees het as dit nie vir die feit was dat die vente veronderstel is om namens ‘n gemeenskap die leiding te neem nie.
    Hel ek wil kots as ek die laaste paar weke se O!O lees. Nie oor jou stellings nie Drewan, maar oor die oorweldigende hoeveelheid kak wat amptenare aanjaag en dan vreeslik moerig word as hulle uitgevang word. Jirre, is daar dan geen keer aan die sotlikheid van alle kante nie. Iewers onthou ek het ‘n onderwyser my met nog ‘n stukkie uit die goeie boek banggemaak. Daar iewers was ‘n dorp of ‘n kiesafdeling op die punt om totaal tot niet gemaak te word deur die ou testamentiese god en toe vra iemand die vraag: Is daar dan nie een regverdige nie, nie eers een nie (of so iets)? En ek kan nie onthou of daar toe een was nie maar ek vermoed die dorp of kiesafdeling is toe in sy moer in as gevolg van die afwesigheid van regverdiges en die ooraanbod van leuenaars, bedrieërs en befokkers. Laat die wat ore het luister. (kom dit ok uit die Boek uit) – diesulkes wat so hoer en rumoer en rugsteek en andersins steek is hoeka ook voorbidders – dalk moet hulle bietjie in hoekies gaan sit en die Boek wat hulle so graag in die lug rondswaai gaan deurlees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s