Brief oor “Eden-korrupsie” aan Pierre Uys

“Jy moet liefs bekhou, Pierre!”

No holds barred in your face factual reporting
even of what you may not realise you should want to know

Your advertising is only as good as the people who see it – repeatedly!
You want to do business with O!O readers – people with money and control of corporate budgets.
And you want to reach them behind their desks, making decisions!
Click here

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 14 Februarie 2013. 08h00. Ek het die volgende brief vanoggend aan die ANC hoofsweep van die Wes-Kaapse parlement, Pierre Uys, gestuur.

Pierre

Dat jý, ‘n ANC-leier, oor die DA se hantering van die Eden fiasko ‘n kluit op die kis gooi is eintlik skrééusnaaks.

Dis jóú party se bestuur van Oudtshoorn wat ons met Noël Pietersen en gevolglike probleme opgesaal het.

(Die DA het aktief meegewerk aan dié probleem.)

Dis jóú party wat Mpho Mogale in ons kele afgedruk het – Pietersen en Mogale het 2 weke gelede in die streekhof op Oudtshoorn verskyn op bedrog- en verwante klagtes van dermiljoene wat uit hulle ampstermyne spruit!

Dis jóú party se leiers – soos Gwede Mantashe en Jesse Duarte wat persoonlik ingelig blý oor ANC-vergrype op Oudtshoorn – wat die rug op korrupsie keer. Praat praat hulle dat die spoeg spat, maar doen doen hulle van níks!

Hoekom het jy, tjief whip, nog nie jou beduidende invloed gebruik om die SOE-verslag oor Oudtshoorn onder Jacob se aandag te dwing nie!?

En jý het die verbysterende verwaandheid om jou middernagswart vinger in die algemene rigting van die ewe donker DA te steek!?

Dit slaan die asem weg!

Jou uitsprake, waaroor ook ek vanoggend berig, alhoewel snaaks, is verregaande en skandalig.

Jy en jou party moet liefs bekhou; nes die DA maar moet bekhou. Beide partye trek Eden deur die nou sloot.

Ek het nog baie te sê, maar ek het ‘n sterk vermoede dat ek in geval my tyd mors… Jy sal sien dat ek die plaaslike en streeksleiers van jou party nie eens afskrifte van hierdie brief stuur nie. Bewys my asseblief verkeerd.

Ek is tot kotsens toe siek en sat vir politici se soi disant gebabbel en sandput-uittarting.

Dóén ‘n slag iets, magtag!

Click here to receive updates.

Advertise on O!O

Click here to return to the title page.

3 thoughts on “Brief oor “Eden-korrupsie” aan Pierre Uys

  1. Pragtig gestel O!O
    Ek is nie verbaas dat die Herald meld dat Wessie en Niehaus se dat hul nou kwansuis onskuldig is en die persoon wat die verslag uitgelek het, vervolg moet word nie. Hierdie onbevoegdes konsentreer ALTYD op SIMPTOME i.p.v OORSAKE. Arme drommels, weet hul nie reeds dat “whistle blowers” deesdae beskerming geniet en nog baie meer uitgelek gaan word nie
    !
    HOEKOM ?

    Kom ons kyk na OORSAKE
    1) Hoekom sal n werknemer sy jop op die spel plaas en nou kwansuis sulke vertroulike inligting wil uitlek waarvan almal terloops reeds bewus was ? Omdat die deursnit Jan-Publiek lankal glad nie meer enige Politici, ‘gravy trainers’ en ‘predatory elite’ vertrou nie. Hul gewete skreeu- “If you dont do it, who will”, want die deler is mos so goed soos die steler !!
    2) Ironies dat die verweerders ALTYD die ‘whistle blower’ se bloed soek, instede die OORSAAK te wil vasvat. HOEKOM – omdat hul hul joppies wil beskerm en die ‘party’ wil suiwer van eerlike mense soos Johan Brummer en Kie. HOEKOM – sodat hul lekker ongesiens kan voorgaan om te plunder en -self-te-verryk. HOEKOM – omdat swak mense met swak agtergronde hulself in politieke aanstellings inwrymel en die DA en ANC en COPE geensins beter kwaliteit mense kan trek of om te ‘field’ nie. HOEKOM – omdat die politici dwarsdeur die bank innerlik bankrot en moreel verrot is met enkele uitsonderinge en eerlikes nie sulke poste wil he nie.
    Bottomline; n Paar vrot appels regeer die spul goeie appels

    Wat le voor as ons hierdie bus se momentum nie baie vinnig stop nie ?
    1) Munisipale bankrotskappe sal op groot skaal volg, die afgrond is reeds hier
    2) Verdere ellende, en werkloosheid op groot skaal
    3) Drasties verminderde munisipale inkomste en dienslewering
    4) Meer betogings en sterftes
    5) Ontmoedigde publiek begin belastings weerhou om ‘predatory gravy trainers’ uit te ‘flush’ en met lojale, eerlike bevoegdes onafhanklike- Jan-Publiek -dienaars te vervang
    6) Ineenstorting van 3e en tweede vlak regering wat 1e vlak regering ernstig bedreig, landsorde, onderwys, gesondheid, vervoer, werkskepping, veiligheid , grens beheer ens en as die ding eers momentum gekry het, stop jy dit nie tot als in totale chaos verval het nie.

    Besluit self ! Gaan die DA vinnig en ernstig optree, of selfverrykend anderkant toe kyk wat die begin van die einde is.
    Zille, Bredell, Botha en andere (tog net nie Ivan Meyer die’window dresser’ politikus nie) het nou ‘egg on their face’ en hul onvermoee tot dusver laat baie ernstige vrae. Die vraag ontstaan, indien hul enigsins n greintjie van eerlikheid vir skoon administrasie oorgehad het, sou mens verwag die hele lot moes bedank, dan nie ?

    Kyk maar self hoe ons land se trogvretende politici hulself uit die gemors gaan WURM met meer lee beloftes, onwaarhede, ontkennings ens ens en die oningeligtes wat vir hul gestem het, is die grootste sonnebokke, want JULLE geagte kieser laat hul toe om daarmee weg te kom !

    Besluit self en STEM slim !!

  2. Aaai ou Pierie, man. Daar het jy nou weer die kat aan die stert beet en skiet jou eie geloofwaardigheid tussen die oe. Wat betaal Theuns jou?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s