“Weg met ongekwalifiseerde amptenare!”

AfriForum loods nuwe veldtog

No holds barred in your face factual reporting
even of what you may not realise you should want to know

Your advertising is only as good as the people who see it – repeatedly!
You want to do business with O!O readers – people with money and control of corporate budgets.
And you want to reach them behind their desks, making decisions!
Click here

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 4 Februarie 2013. 16h00. Nadat O!O reeds op 11 Desember oor die minimum vereistes vir amptenare berig het, het AfriForum vandag ‘n nuwe veldtog geloods: “Weg met ongekwalifiseerde amptenare!”

In ‘n mediaverklaring sê die burgerregte-organisasie dat hy vandag ʼn veldtog aangekondig waarin die organisasie munisipaliteite in AfriForum se takgebiede wat amptenare in diens het wat nie voldoen aan die minimum bevoegdheidskriteria, soos uiteengesit in die Munisipale Regulasies oor Minimum Bevoegdheidsvlakke nie, gaan versoek om sodanige werknemers onmiddellik uit hulle poste te verwyder.
 
“Dienslewering in Suid-Afrika gaan agteruit omdat te veel munisipale amptenare nie gekwalifiseer is om die werk te doen waarvoor hulle aangestel is nie. Munisipaliteite moet hierdie mense uit hulle poste verwyder en mense aanstel wat die nodige voorgeskrewe kwalifikasies het,” sê Ivan Herselman, AfriForum se adjunkhoof vir plaaslikeregeringsake
 
Gedurende die jaarlikse konferensie van die Instituut vir Munisipale Finansiële Amptenare wat op 8 Oktober 2012 by Emperor’s Palace plaasgevind het, het die minister van finansies, Pravin Gordhan, dit duidelik gestel dat die keerdatum van 1 Januarie 2013 vir voldoening aan die regulasies, nie onderhandelbaar is nie.
 
Voorsitters van die 100 AfriForum-takke sal dokumente op sowat 60 munisipaliteite beteken waarin hulle versoek sal word om bewyse te verskaf dat amptenare aan die minimum bevoegdheidsvlakke voldoen.
 
Die munisipaliteit het tot en met 4 Maart om op AfriForum se aansoeke te reageer. Indien munisipaliteite nie reageer op die aansoeke nie, sal AfriForum die hof nader om hulle te dwing om bewys van die kwalifikasies van die betrokke amptenare te voorsien.
 
Ivan Herselman
Woordvoerder:
Plaaslikeregeringsake, AfriForum

Click here to receive updates.

Advertise on O!O

Click here to return to the title page.

8 thoughts on ““Weg met ongekwalifiseerde amptenare!”

  1. Jammer ek reageer nou eers, maar ek is nie ‘n gereelde leser van OO nie.

    Word wakker!! Die “minimum compentency levels” vir bestuurders is ‘n klug. Ek is reeds ‘n professioneel gekwalifiseerde amptenaar en ek sien nie kans om my tyd te verspil aan hierdie “opleiding” nie.

    Gaan doen eerder ondersoek oor hoekom oud raadslid Wilton Kawa sonder enige advertensies of onderhoude laasweek ‘n aanstelling by Oudtshoorn Munisipaliteit gekry het!

    Behoede my dit was amper of hy was in my departement. Hulle het naarstiglik gesoek vir ‘n pos vir hom. Blykbaar het hy in die LED (Local Economic Development) geholpe geraak. Sou self graag self sy CV en akademiese kwalifikasies wou sien.

  2. My afdeling sorteer onder Finansies. In ander munisipaliteite is dit onder die MM of Korporatiewe dienste. Ek daag enige persoon uit om te kom kyk wat ons doen en hoe ons dit doen. My personeel en myself is goed gekwalifiseer om die werk te doen en ons het die bewyse van kwalifikasies. Persoonlik dink ek ons is oorgekwalifiseer. Ons doen gereeld kursusse om meer te leer om n beter diens te kan lewer. Mens moet maar op hoogte wees van alle nuwe dinge. Om n begroting op te stel en te bestuur in my afdeling is nie “Rocket Science” nie. Minimum Bevoegdheidskurusse sal nie ons werk of dienslewering kon verbeter nie. Hoekom ons nou verwyder net omdat ons die Minimum Bevoegdheidssertifikaat het nie. Moenie almal oor dieselfde kam skeer nie Afriforum. Groete
    Heinrich Schnautz
    IT Bestuurder

  3. As ons al die amptenare vervang met gekwalifiseerde mense, wat vra ek jou doen ons met al die konsultante en die se families en die se vriende en acquaintances , jy weet die wat vir ons so klokslag stem, hê.
    Dan is ons wat breins het sonder werk , hê.
    Dink bietjie mens.
    Waars jou kommen sense , hê.

  4. En die raadslede, Boet O!O? Wat van die raadslede? Ons weet daar is nie ‘n minimum vlak van enigiets vir ‘n kieser en ‘n raadslid nie, maar soos ek onthou was hulle almal so skaam dat nie een van hulle wou se wat hulle kwalifikasies is nie.

    Dit is die mense wat ann die hoof van dinge staan en vir die amptenare voorse. Vat maar vir Deon Daantjie. Slim man en goed gekwalifiseer maar hy moes hom laat voorse deur apies en aan die einde van die dag gaan hy die gelag betaal. Sy troubles kom nog, en dis omdat hy hom moes laat lei deur swape. Afri-forum sou beter doen om daarop aan te dring dat die politieke partye hul kandidate se kwalifikasies VOOR ‘n verkiesing bekend maak. Almal se kwalifikasies. Dan weet ons waarvoor ons stem..

  5. Wat gan tog nou aan met die Afrikaner Forum en wie se burgerregte beskerm hulle? Ag seker maar weer ‘n meelsak agenda. Wie het nou gesê ‘n B graad, Hons, Magister of Doktoraat maak jou “smart”. Party van die geleerdes kan maar hul sertifikate vir toiletpapier gebruik.
    Is dit nou weer ‘n manier om werk te skep vir “milkloafs”, Kan die forum nie aan iets beters dink as “stront” nie. kWb

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s