Ons politikuste speel vroteier

Die onkapabelheid is verstikkend

No holds barred in your face factual reporting
even of what you may not realise you should want to know

Your advertising is only as good as the people who see it – repeatedly!
You want to do business with O!O readers – people with money and control of corporate budgets.
And you want to reach them behind their desks, making decisions!
Click here

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 20 January 2013. 10h45. Daar is sedert Vrydag gevleuelde gerugte dat die DA en Icosa oor samewerking in die Oudtshoornraad onderhandel.

O!O het reeds op 9 Januarie hieroor berig nadat die DA op 6 Desember Icosa se kanidaat vir waarnemende munisipale bestuurder onderskryf het.

O!O is die afgelope twee dae selfs deur bronne naby aan Icosa ingelig dat ‘n ooreekoms reeds bereik is.

Die DA praat nie met O!O nie. Die ander politieke partye op die Oudtshoorn-verhoog reageer egter geredelik. Vreemd, maar waar.

Icosa-president Jeffrey Donson het gister twee maal op navrae gereageer en vanoggend telefonies bevestig dat die alliansie tussen die ANC en Icosa onveranderd by en dat Icosa nie met die DA onderhandel oor gesamentlike beheer op Oudtshoorn nie.

“Ek is ‘n politikus en praat met almal, maar praat is nie noodwendig onderhandel nie”, het Donson gesê.

Die DA se posisie in die raad word gerysmier deur die proporsionele Cope-lid, John Maxim, se openbare afsydigheid. Uit die Vujani Gouws-debakel wat tans deur die nasionale Cope-leierskap ondersoek word is dit duidelik dat Maxim voortgesette samewerking met die DA teenstaan, alhoewel hy baie waarskynlik sy nasionale leierskap se instruksies sal uitvoer en aan boord bly, ten minste uit vrees vir verlies aan inkomste.

Cope se Wes-Kaapse leiers het op 13 Januarie besluit om samewerking met die DA se laat vaar, maar die nasionale party-leierskap het dié “besluit” in die kiem gesmoor.

Vir die DA om enige verwagtinge van invloed in die raad te koester sal die party voortaan staande moet bly in die stormagtige plaaslike politieke rivier met een voet op die gladde Icosa-klip en die ander op die los Cope-klip.

Dit is die gevolg van die plaaslike DA se onkapabele politieke rieldans sedert die laaste verkiesing toe die NPP en Icosa om die beurt om die lyf gevat is. En dan is daar nog die maltrapvastrap met die ANC om Oudtshoorn “saam” te regeer.

Dis ‘n bliksem van ‘n terpsikoreaanse muse wat hier in spel is!

En die stories uit Kannaland bly dik loop: die DA en Icosa slaap saam.

Selfs al sou dit so wees is daar steeds géén kans dat Helen Zille óóit sal toelaat dat die plaaslike DA met Icosa (“die reeksverkragter”) of met die NPP (“die gangster”) of met die ANC (“die duiwel self”) saamwerk nie.

O!O vermoed dat die plaaslike DA-raadslede woel om ‘n verwagting van “ooreenkomste” te skep sodat kiesers onder die indruk gebring kan word dat die verkoses “probeer”.

Dis alles futiel.

Oudtshoorn is vir die DA slegs die maagd wat op die altaar van “Groter Prentjie Politieke Doelmatigheid” ge-offer word.

Die probleem is dat die “maagd” nou al so gemolesteer is dat sy meer op ‘n straatslet trek. Haar handelsmerk is onherstelbaar beskadig.

Dit bly ‘n kinderspel. Groot opgewondenheid. Geen uitkomste nie.

Die oplossing?

Moenie weer vir ‘n lid van ‘n politieke party stem vir die raad nie. Verkies onafhanklikes.

Click here to receive updates.

Advertise on O!O

Click here to return to the title page.

One thought on “Ons politikuste speel vroteier

  1. Hoe meer verpolitiseer regering is, hoe groter raak die sosialistiese wegholtrein
    Hoe kleiner regering, hoe meer effektief soos in Hong Kong, Botswana en Switserland en menige ander, hoe effektiewer is samelewing !

    Die les van die Arabiese Lente gaan ons of leer, hoe meer dinge verander, hoe meer dieselfde of hoe meer vryheid en minder staatsinmenging, hoe meer welstand en vooruitgang

    Hierdie vrot eier sindroom gaan politici een vir een uitskakel todat die “handelsnaam so verkrag is’ dat ONAFHANKLIKES uiteindelik effektief sal en kan regeer. Bestaande VROTEIER MODELLE is laaaankal uitgedien, behalwe vir Theunsie, Bredell en andere wat vir lewe en dood aan hul sinkende skepies en egotjies vasklou. Wie is hul in elk geval nou weer ……?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s