Die Theuns en Wessie-sirkus

Uitgestel. Andermaal.

No holds barred in your face factual reporting
even of what you may not realise you should want to know

Your advertising is only as good as the people who see it – repeatedly!
You want to do business with O!O readers – people with money and control of corporate budgets.
And you want to reach them behind their desks, making decisions!
Click here

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 21 Januarie 2013. 05h00. Die beloofde Theuns en Wessie-storie – oor die politieke hoogspanning tussen Theuns Botha, die DA se hoof van regeringsake en onderleier in die Wes-Kaap; en Wessie van der Westhuizen, die DA Eden-burgemeester – word steeds teruggehou omdat die finale ENS Forensics verslag eers vandag (hopelik) aan die munisipale bestuurder en die speaker gelewer sal word.

Daarom is dit (ten minste) interessant, indien nie noemenswaardig nie, dat Botha vanmiddag op George, in die Edengebou, met Van der Westhuizen vergader – ten minste per geleentheid in die afwesigheid van die burkomlede en die speaker.

Die Eden-speaker het Van der Westhuizen tot vandag gegun om op die voorlopige ENS-verslag te reageer. O!O is in besit van hierdie verslag en dit is duidelik dat Van der Westhuizen bepaalde verduidelikings móét gee.

Waarom Botha dus vanmiddag met Van der Westhuizen ontmoet, vóórdat die finale verslag deur Botha en sy kollegas oorweeg kan word, en vóórdat Van der Westhuizen se reaksie op ten minste die voorlopige verslag beskikbaar is, laat vrae ontstaan oor die disiplinêre opsies wat deur die DA oorweeg word.

Die DA se provinsiale sekretaris, Anton Bredell, het reeds verlede jaar aan betrokkenes gesê dat die Van der Westhuizen-aangeleentheid “lelik gaan raak” – dat Van der Westhuizen die saak oor die ras-boeg gaan trek.

O!O verneem dat Van der Westhuizen baie moontlik eers vanoggend oor Botha se besoek ingelig sou word. As hy vroeg genoeg O!O lees, sal hy weet wat om te verwag.

Click here to receive updates.

Advertise on O!O

Click here to return to the title page.

10 thoughts on “Die Theuns en Wessie-sirkus

  1. Mfundo. Nou praat jy ‘n ding. As ‘n mens so daarna kyk kan dit wragtig wees soos jy se. Kyk net wat gaan in Bitou aan. Die DA? burgemeester sit saam met die ANC ouens by Enrico’s en kry sy instruksies. Nie lank nie dan doen hy ‘n ding wat heeltemal onverklaarbaar en onwetteg is. Pleks die ANC raadslede kapsie maak ondersteun hulle hom – dit se vir jou iets.

    Net hoe cosy dinge is hierso skyn uit wat ek nou die dag met my eie twee ogies sien voor die munisipale kantoor. Die nuwe DA speaker, Annalise Olivier loop letterlik and viguurlik hand-om-die-lyf by die voordeur uit met die ANC se voormalige onderburgemeesters, Monica Seyisi, en hulle gesels dik stukke. Pens en vrede. Een groot DANC familie.

    Die DA se leierskap is wel deeglik bewus van wat besig is om onder hulle neuse aan te gaan, hulle is immers by herhaling daarvan verwittig en dit is ‘n ope geheim dat Boosen na die ANC se pype moet dans, maar met die oog op 2014 en hulle onrealistiese en roekelose magsug gee hulle nie ‘n flenter om nie.

    Ek dink jy is reg, Mfundo. Die ANC is besig om vir die DA ore aan te sit. Kyk hoe netjies het hulle die DA se interne struwelinge gebruik om vir Brummer uit te haal. Die DA leierskap was besmoontlik bewus van wat aangaan maar die kort termyn persoonlike voordeel was net te ‘n groot versoeking.

    Jammer die twee party kan nie so mooi saamwerk tot voordeel van die dorpe wat hulle regeer…

  2. @ED so let me get this straight- a DA mayor?, getting a known ANC advocate to help defend him…….that’s almost like this DA mayor? Showing where he really stands.

    Open your eyes DA Leadership?, the best way to defeat an enemy is from within. Perhaps the Eden DA mayor? was deployed by the ANC to make the DA look bad and to divide his fellow DA councillors……who knows.

  3. Fanie I am under the impression that Adv Patel is an ANC lawyer! Nou raak dinge darem interesant!

  4. Wessie het ‘n paar verassings wat hy uit die hoed gaan pluk. Patel is ook aan sy kant so verneem ek.

  5. Mfundo

    I have the report, and more. I hold back the story as a courtesy to allow the Eden leadership to get its house in order.

  6. @ED and do you really have a copy of the report you are talking about or are you bluffing just to keep the followers of this blog interested in your story?

  7. @ED is your information correct,given Edmunds reply on another post you made?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s