Gawe kêrels

So wragtag!

No holds barred in your face factual reporting
even of what you may not realise you should want to know

Your advertising is only as good as the people who see it – repeatedly!
You want to do business with O!O readers – people with money and control of corporate budgets.
And you want to reach them behind their desks, making decisions!
Click here

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 17 January 2013. 22h15. Sylvester Taylor het ‘n lansie te breek vir sy heer en meester, die burgemeester van Eden, Wessie van der Westhuizen, wat hom sy jop gegee het – een waarvoor hy nie gekwalifiseer is nie, behalwe dat hy ‘n Wessie van der Westhuizen-ondersteuner is.

Só skryf Taylor: “O!O Sylvester Edmund Taylor het nie nodig om sy Burgemeester te verdedig nie want duisende ondersteuners van Wessie hier in Eden distrik weet dat hy kwaliteit is en dat hy werklik `n Burgemeester vir die mense is. Ek is en bly sy nr 1 ondersteuner en Confidant. Ons kan nie ons energie mors op gesigloses wat in hul kantore sit en probeer om sy beeld te skaad nie. Sy kantoor is gefokus op dienslewering en beslis nie om te fight vir sy oorlewing nie. Ons is egter bewus daarvan dat daar mense is wat sy sukses in die wiele wil ry nie. Ons werk egter op die beginsel dat die waarheid bly staan.”

Dan vra Taylor ook Wessie se “derduisende ondersteuners en aanhangers hier in Eden en oor die lengte en breedte van Suid- Afrika vir hom kan bid vir beskerming teen die gesiglose boosheid.”

Nou luister nou mooi: Ek, Drewan Baird, het by Theuns Botha, destyds die Wes-Kaap se DA-leier, gepleit, in April 2011, ‘n maand voor die verkiesing, om Wessie nie uit die DA weg te jaag nie. Op die foon. In my sitkamer. In Wessie se teenwoordigheid.

Onthou jy wat jy gesê het Theuns?

“Oukei. Oukei. Ek sal hom nog ‘n kans gee. Maar net omdat jy my vra. En as hy nog net één keer opf…”

Omdat ek van Wessie hou.

Omdat ek gereken het Wessie kan sy gewildheid en sy medemenslikheid en sy groot persoonlikheid tot voordeel van Oudtshoorn se mense aanwend.

Wessie het my snot en trane bedank vir my ingrype.

Ek hou steeds van Wessie. Maar net so min as wat ék die burgemeester van Eden moet wees, kan my vriend Wessie dit wees.

Vriénd Wessie!?

Inderdaad. Hy’s ‘n bedenklike bestuurder, maar ‘n great guy. En ek laaik hom steeds.

Nes Anton Bredell ‘n aangename vent is, maar nie ‘n minister se gat nie; of, altans, beslis!

Terwyl ek nou aan die skryf is… Ek mis my vriendskap met mense soos Theuns Botha en Hannes Barnard en George Kersop érg! Great guys, all. Innemend; skerp. Maar hulle het hulle nou een maal ge-erg vir my berigte. Hulle hou nie van my aanslag nie.

Daar is ‘n paar ander wat koffierig is, maar ek is darem al lank genoeg in die land om van meet af aan te geweet het van dinge wat die Soute ephemeral noem.

Ek sê my sê. Niémand hoef my te lees nie; ek druk O!O in niémand se keel af nie. Wie de moer in wil wees oor wat op O!O staan kan gewoon wegbly – so eenvoudig en so maklik soos dit!

3,002 inskrywers kry elke dag ‘n e-pos oor nuwe berigte op O!O. Omdat hulle spesifiek, skriftelik, gevrá het om ‘n e-pos te ontvang. Hierdie mense kom van oraloor – selfs van Kanada; een selfs van St Petersburg, die een in Rusland, nie die een in Florida nie. Nog een van Peru. ‘n Paar van Michigan. Heelwat van Londen. Nog ander ook. Heelwat van Australië. Deesdae lees meer Gautengers, en baie meer Kapenaars, O!O as Oudtshoorniete. Die e-pos kan met twee muisklikke gekanselleer word. Klik op die opsie om te kanselleer, en klik send.

Alle ander lesers besoek O!O op eie stoom.

Lees O!O gerus – asseblief. Maar as jy nie wil nie, omdat jy dink ek skryf vrot, of ís vrot, is dit heel oukei met my.

Terloops, Sylvester, hou gerus jou onkundige aanklagte vir jouself. Ek het my saak al in Desember gestel. Kry jou feite reg. Soos ek elke dag sorg mý feite is reg. En hoor nou maar van mý: As jy net na een mening luister is jy meestal verkeerd.

O, en ten slotte: ek “ontbloot” nie privaatheid nie.

En by die pantheons, ek kón; ek kán!

Verwoeste hotelkamers; dronknes; kontant diefstalle (meervoud); messe en handwapens; sekskapades; klippies wat soos glas lyk; goed wat aan Grandpa poeier herinner; geld wat uit skole wegraak…

Munisipale amptenare en politici kan maak wat hulle wil wanneer hulle, soos ons in die aarmie gesê het, “op eie bevele” is.

Wanneer daai munisipale amptenaar wat ek op O!O voor stok kry oor die verkragting van die aankope-beleid smiddae sy kantoordeur agter hom toetrek, gee ek nie ‘n blou duit om of hy kerk toe, of Adult World toe gaan nie. Niks met my te make nie; niks met jou te make nie. Wat hy die meulenaar en die kersmaker skuld het niks met my uit te waai nie. Ek stel nie in die minste belang nie.

Solank hy sy jop doen!

Maar nou ja, as bepaalde mense eenvoudig níks anders het nie. En géén teenargument nie…

Raai, op 17 Maart 2009 – byna vier jaar gelede – het ek ‘n “Ope Brief” aan my lesers geskryf. Miskien moet jy dit weer lees.

Click here to receive updates.

Advertise on O!O

Click here to return to the title page.

9 thoughts on “Gawe kêrels

  1. Sedert jy jouself reeds vroeër as Edmund geïdentifiseer het, Sylvester, kan ek jou seker nou maar op jou naam aanspreek.

    Ek maak ‘n onderskeid tussen die burgemeester van Eden en Wessie van der Westhuizen.

    Wessie is ‘n great ou en ek hou baie van hom.

    Die burgemeester van Eden moet die ENS-verslag verduidelik en ook verduidelik waarom hy nie die aanbevelings van sy politieke base oor die 23 Januarie 2012 KPMG-verslag uitvoer nie.

    Die res is geraaas.

  2. Mfundo, Sylvester Taylor already identified himself under the Edmund name.

    Councillors will not talk for fear of retribution.

    My info is correct.

  3. @Edmund……..but Mr Taylor and Wessie are good guys- they helped my sister last year after we came to them for help. So ED please get your facts straight before you get sued by people who post under their own names on this blog,or under false names.

  4. Seems like Edmund is Mr Taylor himself……judging by the content of his reply.

    Guys please sort Eden out- it can really be such a great district municipality. Politicians please forget about personal ambitions and work for the community and do what is legally required.

    And if you are a municipal employee, dont play politics or be used to do their dirty work.

    When I used to be a activist for the DA, a guy that is now a district councilor always told us- never confuse governance with party politics.

    When I asked the same councilor in 2012 why he does not use this blog to react when people attack the DA so openly he said that proven facts always prove these people wrong, so why should he react on a blog? This councilor is the youngest at Eden at moment and is not there for positions or to want somebody elses- I believe that he is there to prove to people like me who has lost faith in politics that you still get pliticians who are really there for the people and not just fooling the people to hide their true intentions.

    So if you are this Mr Taylor or who ever try and speak to this councilor or any DA councillor who are not there for titles but to really do what is required of them in a legal way and please send my regards to this young councilor if you see him.

  5. Soos ek elke dag sorg mý feite is reg. O.O ek moet ongelukkig hier van jou verskil. Laat ek jou die volgende les leer- wanneer jou informante inligting aan jou deurgee, maak seker dat daardie inligting die waarheid is en niks behalwe die waarheid nie.Jy moet vertstaan dat die inligting wat aan jou deurgegee is vanuit die Eden kantore absolute onsin was.Ek kan `n klag teen jou gaan maak het oor jou aantygings dat ek blykbaar De Lille sou gaan sien en die aanhaal van direkte woorde “Wessie is nou op vir die k@k” Ek en die ander kantoorbestuurders is heeltemal bewus wie die informant is want jy sien tien minute nadat een van die kantoorbestuurders met `n raadslid gepraat het dat hy Patricia sou gaan ontmoet (vriendskaplik) en nie polities, het `n ander raadslid op dieselfde vloer wat `n verterende ambisie het om Burgemeester te word al is dit om die waarheid te verkrag die verkeerde inligting aan jou oorgedra. Hy het dit verkeerd met die name so ook met die inligtigting wat hy deurgegee het.Jy bly my vriend,maar asb kry die feite reg. O ja watter kwalifikasies het ek nodig om my werk te doen, want O.O trek asb `n oudit van almal se kwalifikasies raadslede inkluis op die politieke vloer van Eden.. En onthou ek hou nog die rekord van die meeste onderskeidings in `n matriekleerarea in die ou kurrikulum die gevolg dat horde matriekulante universiteitstoelating gekry het, vir verdere inligting raadpleeg gerus die Kringbestuurders van die OBOS in Oudtshoorn.

  6. @ Carolus,IP……well said.

    But if you get a huge salary,such as Taylor and company, would you also not kiss ass all the way?

    One of my friends here at work stated that Taylor was a teacher, if so…..then he must have really been a bad one. Common sense tells us to differentiate, blind paid loyalty tells us not to.

    In Wessie’s case being a mayor entails being responsible in EVERY aspect of what you do-because a trip here,staying in a hotel there all comes from the tax payer and not your own pockets.

    There is a reason why there are guidelines in the structures act,systems act and MFMA- qouted so many times by the editor of this blogg.Perhaps instead of reading these acts to cover their arses, politicians need to read it so that they can understand its intent.

  7. Pragtig gestel OO en Karolus

    Vir die wat nie kan onderskei (eenvoudig omdat hul nie die gawe van onderskeidingsvermoe het nie) maar wel die gawe van ‘to be great guys” ontvang het, besef jul limiete en verwyder julself uit daardie ‘diep’ politieke poste van julle ‘ and remain nice guys”. As ronde penne, gaan soek liewer n ronde gat om in te pas want jul ronde penne sal nooit in die vierkantige politieke gaatjies pas nie

    Mooi gestel ne, maar verstaan ons dit ? Ek praat direk met Sylvester, Wessie, Lot, Lottering (Mnyimba, Noelie wat reeds weg is en Gordon wat binnekort gaan volg wanner hy uitvind wat n ronde en vierkantige pen is) so ook Bredell, Theunsie, Barnard en baie ander. Sterkte manne, wees net eerlik, nie soos Lance Armstrong wat almal wou dagvaar nie wat sy ‘eerlikheid’ in twyfel getrek het nie, wees net EERLIK te alle tye !

    Wanneer al die onbeholpenes geloop het en n regte job gaan opsaal het sal die politieke partye se deure moet sluit en die PUBLIEK sal dan ONAFHANKLIK ‘the best man for the job” kan aanwys, gebasseer op dienslewering en PRESTASIEVERMOENS, so maklik soos dit en teen konserwatiewe salarisse (omdat arme belastingpligtiges daardie geldjies moet opdok !!!!!!!!!!!!!!!

    WIE RY en WIE BLY ??????

  8. Ons kan maar net nie die kuns bemeester om die kwessie van die persoon te skei nie. Drewan, dit is waarskynlik waarom vriendskappe skipbreuk ly – mense is té betrokke by die persoon en dan verwar hulle ‘n aanval op die kwessie (issue) met ‘n aanval op die persoon. Ek dink ouens soos Stoffels en Mnyimba en Human en Lott en baie ander is regtig great ouens en hulle is waarskynlik uitstekende vriende en nice om mee te gesels MAAR dit het totaal en al fkl te doen met die wyse waarop hulle hulle werk doen. En ek dink regtig dis waar mense jou verkeerd lees (toegegee, jy is soms baie brutaal in jou aanslag) maar die aanslag word voorafgegaan deur ‘n kwessie wat jy wil uitlig.
    Ons kantore en gange en besluitnemingslokale is te vol met mense wat deur “duisende” ondersteuners aanbid word wat blind is vir die kwessies wat skipbreuk ly. Ek dink nou toevallig aan die raadslid van Beaufort-Wes (kan nou nie sy naam onthou nie – jy sal kan help) wat al met kinderprostitute deurmekaar was en betrek was by klagtes van aanranding en… en… en… maar hy is so fkn gewild onder sy mense omdat hy so ‘n great guy is dat hy met als kan wegkom. Soos maatjie Malema wat, nou eers toe mense besef hy het nie meer added value by vriendskappe nie, uitgeskuif word omdat hy nie meer vir mense iets beteken nie. Dit vat ‘n moerse dosis emosionele volwassenheid om vir ‘n vriend te kan sê “ek stem nie saam met wat jy nou doen nie.” En dit vat nog ‘n groter dosis emosionele volwassenheid vir die vriend om te sê “Baie dankie vir jou eerlikheid, ek sal besluit of jy ‘n punt beet het of nie – kom ons drink nou eers ons bier klaar.”

  9. Moer, maar dit was nou vir jou uitstekend gestel! As ek Van der Westhuisen was dan loop ek nou kerk toe.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s