Politieke beheer op Oudtshoorn

Die politici práát – net nie met die kiesers nie!

No holds barred in your face factual reporting
even of what you may not realise you should want to know

Your advertising is only as good as the people who see it – repeatedly!
You want to do business with O!O readers – people with money and control of corporate budgets.
And you want to reach them behind their desks, making decisions!
Click here

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 21 Januarie 2013. 05h00. Daar is die afgelope dae stories oor Jac Bekker, die DA se plaaslike kiesafdelingshoof, wat in Kaapstad betrokke sou wees by gesprekke en dinge oor vervolgings van raadslede wat spruit uit die SOE-verslag.

Die gevolg van hierdie ontknoping – arrestasies, sou politieke beheer aan die DA besorg.

O!O reken die stories is bog en moontlk, net móóntlik, geraas in DA-geledere om die aandag van die party se verswakkende posisie in die raad af te lei.

Lees ook O!O se berig Ons politikuste speel vroteier van gister.

O!O se SAPD- en vervolgingsgesagsbronne het gisteraand van geen sout of water geweet oor moontlike spoedige arrestasies van raadslede nie.

O!O weet ook dat die SOE-verslag nog nié aan die president oorhandig is nie, al het Anton Bredell, die DA Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, verlede jaar voorgegee dat hy wat Bredell is reeds die verslag het.

Daar is nie ‘n politieke oplossing vir Oudtshoorn nie.

Hoe gouer ons dié ongelukkige feit erken, hoe gouer kan ons begin werk om die raad by die volgende verkiesing onder onafhanklike beheer te plaas.

Oudtshoorn. 9 Januarie 2013. 07h30. Daar is verskeie onderhandelinge en gesprekke en dinge agter die skerms aan die gang oor beheer van die Oudtshoorn-raad.

Die inwoners en die kiesers en die belastingbetalers word in die duister gehou… want, so reken die politieke party-base, dis tot die uiteindelike voordeel van Oudtshoorn se mense om nie te weet wat in die politiek aangaan nie – dorpspolitiek; distrikspolitiek; en nasionale politiek.

O!O kon oor die afgelope dae met funksionarisse van die ANC, Icosa, Cope en die NPP praat. Maar natuurlik nie met die Dee-Aaa nie… die Dee-Aaa praat nie met O!O nie.

Soos ‘n vloermoerige bederfde kind bly die Dee-Aaa woedend vir O!O.

Want O!O sien net die slegte raak; O!O sê nooit iets goed van die Dee-Aaas se harde, toegewyde werk nie.

Wel, daar is ‘n heerlike analogie beskikbaar, een wat die Soute “The Curate’s Egg” noem. Meer hieroor later.

Tydens die laaste raadsvergadering verlede jaar – op 6 Desember – is die direkteur korporatiewe dienste, Francois Human, ‘n politieke bloedbroer in Icosa, as waarnemende munisipale bestuurder aangestel – tot 6 Januarie. Dié reëling is gister deur ANC-raadslede bevestig. (Uh… O!O kon nie met ‘n Dee-Aaa praat nie.)

Oudtshoorn het dus tans nou nie regtig ‘n munisipale bestuurder nie, maar wie de hel gee nou eintlik om – nie die raadslede nie! (Wel, as die raadslede ‘n flenter omgegee het, sou hulle seer sekerlik iets aan die saak gedoen het!?)

O!O het op 7 Desember berig dat die DA met Icosa saamgespan het om Icosa se Human as waarnemende munisipale bestuurder aan te stel – en só te verseker dat Ron Lottering van die NPP, die ANC se voorkeurkandidaat, nié aangestel word nie. Dit was ‘n agterbakse skuif (die DA gee voor dit was “strategie”) wat bepaalde ANC-raadslede erg omgekrap het en waarskynlik maande se oor en weer gevryery op ‘n miskraam laat uitloop het. Strategie. Ala Dee-Aaa…

Lees maar die berig – Icosa het die DA sommer net na die MB-aanstelling in die rug gesteek.

Maar nou is daar gans ánder politieke invloede…

Icosa het ‘n beduidende aantal lede aan die NPP afgestaan oor die afgelope maande. Die Icosa-president, Jeffrey Donson, het aan O!O gesê dat hy dié oorlopery nou nie eintlik kan bevestig nie, want hoe bevestig ‘n mens dit nou – kiesers loop glo maar rond, meen Jeffrey.

Dié opgeskote lidmaatskap-skrikmakertjie het Icosa egter so op hol dat die party die afgelope naweek in Bridgton oor die saak vergader het – die twee Donsons, Jeffrey en Vlancio; Human (Oudtshoorn se direkteur korporatiewe sake woon ‘n partypolitieke strategiese sessie by!?) en verskeie Ladismithers, Icosa se “magsbasis”.

Die vergadering het die moontlikheid van samewerking met die DA oorweeg. Hieroor sê Donson senior aan O!O: “Politieke partye praat van tyd tot tyd met mekaar en as die tyd reg is kan dinge gebeur.”

Maar, het Donson bygevoeg, hy wil nie eintlik met die media oor sulke hogere strategie praat nie. Want dit gee politieke vyande net skietgoed.

As Icosa egter ooreenkomste maak, is dit “in totaal”, sê Donson; nie per raad nie. ‘n Ooreenkoms met die DA vir beheer van die Oudtshoorn-raad sal dus ook Kannaland se magsbalans verskuif. Veral Jac Bekker, die DA se kiesafdelingshoof, sal Kannaland graag wil terug kry nadat hy dié raad al járe lank met sy ingewikkelde strategieë befomfaai.

Uit die DA se stilte oor hierdie hogere politieke bedingery kan niks afgelei word nie. Behalwe dalk dat die DA maar net sy opsies oop hou en sy gunsteling aktiwiteit op Oudtshoorn beoefen: watertrap vir die vale.

Kyk, in die dae net na die 2010-verkiesing het Wessie van der Westhuizen en Ben van Wyk al te lekker met Donson onderhandel – tot groot ontsteltenis van die destydse Wes-Kaapse DA-leier Theuns Botha en sy kornuite in die Marksgebou.

Maar beheer en poste was belangriker as gehoorsaamheid aan die leierskap.

Bepaalde ANC-raadslede en invloedryke kaders wat nie tans op die raad dien nie, staan samewerking tussen die ANC en die DA voor. Daar is reeds voorleggings gedoen aan die nasionale ANC-leierskap om Oudtshoorn se regeringsmodel na die komitee-stelsel te verander ten einde die DA en die ANC saam te laat regeer… Iets wat Helen Zille ten sterkste afkeur, alhoewel daar soortgelyke samewerkingsgeluide op Swellendam gemaak word.

Icosa wil hierdie ANC / DA-samewerking ten alle koste vermy. As die DA en die ANC saamwerk is die piepklein Icosa en die NPP geskiedenis en sonder enige invloed.

Icosa het egter nog ‘n addisionele rede om DA / ANC-samewerking te vrees: As die ANC Icosa nie meer nodig het het kan die Icosa-aanstelling, Human, baie moontlik aan die pen ry vir bedenklike advies aan die burgemeester oor die Thandekile Mnyimba-saak.

Oor hierdie netelige saak is reeds vroeg in Desember vergader en is erge aantygings teen Human gemaak tydens ‘n sessie waarin Human, HFB Deon Lott; burgemester Gordon April en LBK Pieter Luiters teenwoordig was.

Die DA praat nie.

O!O het gistermiddag ‘n sms aan Bekker gestuur: “Jac, ek cc jou Odn-leiers. As jy kommentaar wil gee oor die DA se gesprekke met Icosa, doen dit asb teen 17h00.”

Nou nie dat O!O ‘n antwoord verwag het nie. Maar die DA kan nie voorgee dat O!O nie hulle kommentaar wou publiseer nie.

Hoekom praat die DA nie?

Dis heeltemal aanvaarbaar dat die DA nie met O!O wil praat nie. Ek het ‘n mediese fonds wat my sessies met ‘n sielkundige dek – ek kan die afgryslike verdriet dat die DA nie met my wil praat nie darem ten minste probeer verwerk.

Maar dis onaanvaarbaar dat die DA die 50.8% van kiesers wat nié die ANC / Icosa / NPP-regering gedoog nie in die duister hou. Dit dui op agterbaaksheid. Want so wragtag, met Jac Bekker in sy midde kan die Oudtshoorn-DA so nooit as te nimmer op “strategiese aanslag” aanspraak maak nie – hulle het eenvoudig nie die vermoë nie en die droewige DA-geskiedenis op Oudtshoorn is klinkklare bewys van dié onvermoë.

Wie regeer Oudtshoorn?

Eintlik niémand nie – daar kan beswaarlik van “regering” gepraat word op Oudtshoorn.

Maar daar word gepraat oor die politieke beheer op Oudtshoorn. Dis net dat niemand met die mense van Oudtshoorn praat nie.

Skokkend.

Dis tyd dat Oudtshoorn se mense politieke partye die trekpas gee en onafhanklike raadslede verkies wat aan die mense van Oudtshoorn verantwoordelik is en nié aan politieke base met hiperboliese “groter prentjie” megalomanie nie.

O!O publiseer later vandeesweek ‘n berig oor die DA se “onkunde” rakende die afpersing van Cope se Vuyani Gouws. “Onkunde” se voet! Die DA weet presiés wat aangaan, maar Theuns Botha kyk anderpad terwyl Wessie van der Westhuizen die vure stook.

Oor Theuns en Wessie wag daar ‘n storie – hou O!O dop.

Click here to receive updates.

Advertise on O!O

Click here to return to the title page.

6 thoughts on “Politieke beheer op Oudtshoorn

  1. En steeds sit arme Hannes en Theunsie met hul tonge in hul kieste !
    Theuns is ‘gedemote’ en ODN spartel om oorlewing met geen lig op die horison.

    Wanneer Theunsie alles lekker opgemors het, dan is dit aftree tyd, ne !!

    Wat se jul manne nou ?

    Is Bredell nog in diens van die DA ? Kannie wees nie !!

  2. Lyk my ons moet dan almal armes word en dalk….. Net dalk…. Sal daai groot politieke partye ons as belastingbetalende mense raak sien en na ons belange omsien. Alternatiewelik moet onafhanklikes aangestel word!

  3. Wat ook al voor 2007 gebeur het, Oudtshoorn is in daardie jaar onder administrasie geplaas.

    Die DA se rekord totdat die ANC in Okober 2010 oorgeneem het, is alombekend skrikwekkend.

    En hier sit ons nou.

    Wat ook al die oplossing vir Oudtshoorn – en Oudtshoorn het ‘n oplossing nódig! – gaan nié van ‘n politieke party af kom nie!

  4. Kyk, al wat die hele sage rondom die ANC/DA/ICOSA/NPP/Piet se Party/Beswaarde weduweeparty/Ontstigte laatnagkuierparty/ en al die ander spul vir my wys is dat die politici nie ‘n moer omgee oor die belastingbetalers nie. Vir elkeen van hulle gaan dit om ‘n pos met voordele en salaris en daar begin en eindig dit – punt – full stop – uitroepteken. Ek en jy wat pligsgetrou ons geldjie verdien en pligsgetrou ons belastingtjies betaal en help om die hoeveel miljoen van all-pay te voorsien is van geen belang vir ‘n politikus nie. Hulle vry na die armes en die werkloses want dis waar die stemme lê. Ek is so gatvol vir die onbeholpe DA, die oppurtunistiese ICOSA, COPE en NPP en die vetgevrete en diknek ANC dat ek kan kots en dis nou eers die fkn 9e dag van die liewe heer se jaar van 2013. Ek gaan moet opstock op bloedruk en kalmeerpille as ek die volgende 356 dae wil deurgaan.

  5. Die berig se opskrif moet dalk wees : Politieke BUITE beheer op Oudtshoorn.
    Voorspoed vir die jaar O!O. Hou aan met die goeie werk.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s