Oudtshoorn matriek red Windhoek-man

Vinnige, professionele, koelkop reaksie in noodgeval

No holds barred in your face factual reporting
even of what you may not realise you should want to know

Your advertising is only as good as the people who see it – repeatedly!
You want to do business with O!O readers – people with money and control of corporate budgets.
And you want to reach them behind their desks, making decisions!
Click here

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Oudtshoorn. 7 January 2013. 06h00. Amé Breunissen (18) ‘n martiekleerder van die Hoërskool Oudsthoorn en dogter van mnr Johan Breunissen van Die Herrie en me Mirieka Broodryk, het tydens haar onlangse vakansie in Namibië tot die redding van ‘n inwoner van Windhoek gekom en ‘n gevaarlike mediese noodgeval professioneel bestuur en ontlont.

Amé het op 28 Desember ‘n vertoning van die jongste James Bond-fliek, Skyfall, bygewoon toe sy ‘n paar voete langs haar in die teater sien verbyskop. Sy het omgekyk en gemeen die man strek homself maar net gemaklik so tussen die bakleiery deur in 007 se geboortehuis op die skerm.

Maar ‘n tweede kyk het haar noodhulp-opleiding laat inskop: die man het ‘n epileptiese aanval gehad.

Sy het uitgeroep dat die ligte aangeskakel word en ‘n ambulans ontbied word.

Amé het haar pa gevra om te help om die pasiënt op die vloer te kry. Sy lyf was reeds rigied en Amé kon nie eens sy mond oopkry om asemhaling te verseker en te voorkom dat hy sy tong insluk nie. Sy het die pasiënt vinnig in die herstelposisie gedraai – op sy sy met ‘n been opgetrek vir stabilitiet en ‘n hand onder die kop om die nek te stut.

Sonder handskoene of enige ander toerusting het Amé die pasiënt se asemhaling gestabiliseer en hom bygestaan totdat die ambulans en paramedici meer as ‘n uur later opgedaag het.

Die dankbare man, die projektor-operateur van die teater, Boy-Boy, was salig onbewus dat flikkerende ligte ‘n epileptiese aanval kan veroorsaak. Hy het ook beken dat hy nie daardie oggend sy gereelde medikasie geneem het nie.

Die fliekgangers het komplimentêre kaartjies ontvang om Skyfall se einde by ‘n ander geleentheid te sien… Amé weet egter steeds nie wat met M gebeur het nie. Oeps.

‘n Baie trotse Johan Breunissen het aan O!O gesê dat tieners addisionele dinge moet doen om hulle horisonne te verbreed en, het hy bygevoeg, “ek kyk na Amé met nuwe oë”.

Amé het in Junie verlede jaar vlak drie-noodhulp voltooi en wil as ‘n paramedikus kwalifiseer “om lewens te red en te verleng”.


Amé Breunissen

Click here to receive updates.

Advertise on O!O

Click here to return to the title page.

4 thoughts on “Oudtshoorn matriek red Windhoek-man

  1. Hi Pieter. Ek het ook as boilermaker noodhulp geleer en is baie bly daaroor, Mooi so Ame

  2. Puik gedaan Amé. Meeste van ons sou nie ‘n idee gehad het wat om t doen nie, of nog erger, net die arme man geignoreer het. Jou gesin kan met reg trots wees.

  3. Ame dis ” great ” eerstens dat jy kopgehou het en tweedens dat jy die nodige kennis gehad het ,ek was bevooreg om tydens my betrokkenheid in die goudmyne eerstehulp klasse te kon bywoon , ek kon dit ook al n’ paar keer in noodgevalle toepas. Ek dink dit sal wonderlik wees as al die leerders in die skool die basise beginsels van eerste hulp kan leer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s