Cope hou DA gyselaar in Bitou… vir R25,000

Dis geld vir Cope se Wes-Kaapse leier!
Dis tyd dat die politici padgee

No holds barred in your face factual reporting
even of what you may not realise you should want to know

Your advertising is only as good as the people who see it – repeatedly!
You want to do business with O!O readers – people with money and control of corporate budgets.
And you want to reach them behind their desks, making decisions!
Click here

Click to follow @OudtshoornO on twitter

Oudtshoorn. 18 December 2012. 05h30. Adam van Rhyner, die proporsionele Cope-raadslid en onderburgemeester van Bitou, wat nie op 12 Desember vir die raadsvergadering opgedaag het nie, het die DA geboikot in opdrag van sy streeksleier, Vujani Gouws – omdat Eden se DA-raad Gouws nie eenmalig sowat R25,000 (‘n 14de tjek) meer wil betaal as wat sy kontrak vereis nie.

“Néé, dissiesonie”, sê Cope.

Beide die DA en Cope se funksionarisse het O!O van bakboord na stuurboord; van babo na bibo; van puntjie na paaltjie; en van Pontius na Pilatus; en hot en haar gestuur. Dit is altoos ‘n aanduiding dat daar ‘n slang in die gras is en dat niemand oor die slang wil praat nie.

O!O se kontensie is nou dít: Wat destyds gegeld het toe die DA na die OD (Patricia de Lille se Onafhanklike Demokrate – wat steeds bestaan, tot en met die volgende nasionale verkiesing) gevry het en sover agteroorgebuig het dat fisioterapeute en menslike bewegingskenners internasionaal geprikkel is, is maar weer aan die gebeur.

Klaas is baas en, om oorle’ Alk in sy graf te laat draai, die stert swaai die hond net waar dit wil.

Maar die DA word deur g’n niémand voorgesê nie, gehoor! Die DA is in behéér!

Gouws, het my na sy streekwoordvoerder, Allan Kock verwys – die einste Kock wat Van Rhyner opdrag gegee het om die Bitou-raadsvergadering te boikot.

Kock het gesê die Cope- en DA-leierskap het op 18 Oktober bepaalde ooreenkomste gesluit maar dat ‘n vertrouensbreuk sedertdien tussen Cope-leiers en sekere provinsiale DA-leiers, soos Theuns Botha, ontstaan het.

Kock sê dat daar agt rade in die Wes-Kaap is wat deur ‘n DA/Cope-alliansie beheer word.

Cope se Eden-bestuur sou gister tot laatnag oor “die dinge wat krap” beraadslaag het en Kock het onderneem om O!O vanoggend oor die uitkoms in te lig.

Volgens Die Burger het Botha verlede week na die afgelaste Bitou-raadsbergadering gesê dat hy tevrede is dat alle besluite wat op 18 Oktober geneem en alle ondernemings wat gegee is die nodige aandag kry en uitgevoer word.

“Ek verstaan nie Cope se optrede in Bitou nie”, het Botha gesê.

O!O het Botha en die Eden-burgemeester, Wessie van der Westhuizen, gistermiddag gevra vir kommentaar, maar natuurlik geen reaksie gekry nie. As O!O vrae vra is dit vrae wat die DA nie kán beantwoord nie en die enigste reaksie is “please don’t reply at all”… want O!O is baie lelik met die DA, sien; O!O vryf nie die DA se albastertjies nie.

Alle goôode en feëtjies en kabouters!

Synde hy nie verstaan nie sal O!O dan maar vir Theuns verduidelik… Theuns wéét baie goed presiés wat verkeerd is, maar Theuns ken die politieke magsgebruik van “credible denial” – geloofwaardige ontkenning.

Dit gaan oor geld, Theuns. ‘n DA-raadslid van een van Eden se DA-beheerde munisipaliteite… Ag, ‘n mens moet só versigtig wees dat die “onderleier” nie snuf kry oor wié met O!O praat nie, anders is dit snot en trane en woede en dreigemente.

So, sonder om nou te sê wié sê wat, maar met die feite deeglik bevestig en met bepaalde stellings van bepaalde bronne behoorlik in ‘n bed van elektrone en ene en nulle geberg, is dít die rede waarom Cope in Eden koffierig is vir die DA:

Vujani Gouws, die Eden-burgemeester se “politieke raadgewer”, en Eden se Cope-baas, wil meer geld hê as wat die DA-beheerde Eden-raad bereid is om hom te betaal.

Burgemeester Van der Westhuizen is so verswelg in “politieke modder” dat O!O meen Gouws behoort ín te betaal, pleks van énige geld krý, wat nog ékstra geld!

Bid jou aan: Wessie van der Westhuizen het ‘n (Cope) politieke raadgewer! Om oor wát raad te gee!? Theuns Botha sê vir Van der Westhuizen wanneer om asem te haal en Gouws trek ‘n salaris waarop hy ékstra geld wil hê!

Alle góde en feëtjies en kabouters en gode en feëtjies en kabouters se máátjies!

Wáárvoor het ‘n burgemeester van ‘n distriksraad ‘n politieke raadgewer nodig!?

Maar dié verregaande twak – en ai, twak is tog so ‘n láng woord – vir eers nou daar gelaat.

Omdat Gouws meer geld wil hê – in weerwil van ‘n kontrak wat hom rééds ‘n dertiende tjek besorg – word die Cope-raadslid van Bitou verbied om ‘n raadsvergadering by te woon… omdat die Eden DA-raad nie vir Gouws ‘n véértiende tjek wil gee nie.

En nee, Cope gaan nie besluit om nie meer met die DA saam te werk nie, want die nasionale leier sal ‘n breuk nie toelaat nie, want hóé kom hý dan óóit weer in aanmerking vir iets meer as die leierskap van ‘n derderangse politieke kabaaltjie!?

So, eintlik rammel Vujani en Allan maar net die DA se koutjie so ‘n bietjie met Adam se veto in Bitou sodat Vujani ‘n lekkerder krismis kan hê op belastingbetalersgeld.

Die Cope-LP, Nic Koornhof, het gisteraand aan O!O gesê dat hy bewus is van probleme in die verhouding tussen die DA en Cope, maar dat die alliansie nie in gevaar is nie. Koornhof kon nie sê presies wat die Wes-Kaapse probleme is nie, maar toe O!O hom oor die Gouws-geldeis inlig was hy beslis dat so iets nie gedoog sal word nie.

En toe begin Kock sy ware kleure, en die werklike probleem, met ‘n paar sms’e wys:

Om 19h03 – Hı Mr Baırd ,ek wıl net graag weet of u n copy het van dıe eıs vorms waar ın Vuyanı dıe geld claım ‘ want ek ıs bekommerd met dıe 0nverantwoordelıke goed wat u wıl publıseer op u blad.ek weet dat jy n agend ıs vır dıe DA om hul vuıl werk te doen . Ons ıs ook nıe veel bekommerd nıe want jou blad word nıe gelees deur ıngelıgde Suıd Afrıkaaners nı. No profesıonal journalıst just put storıes ın the medıa wıth out followıng the facts.ıf you paper grow on sensatıon contact you Mayors ın Bıtou, Knysna, George, Moss bay, Eden, and Hessequa and “angeberg.(Allan Kock Cope spokesperson)

“Woordvoerder”. Moet ‘n mens dan nie volsinne kan skep as jy ‘n “woordvoerder” is nie?

Ek antwoord om 19h18 – Allan, laat weet jy maar “die feite”; ek het myne reeds bevestig. As jy meen O!O word nie gelees nie het jy mos niks te vrese nie! Laat weet gerus!

Kock, om 19h32 – MR Baırd, Dıe, mayor Wessıe weet nı van dıe 0nsın wat jy van praat ,maar as Cope gaan ons nıe tot jou vlak daal nıe.As jy n verantwoordelıkke burger ıs stuur dıe ınlıgtıng na ons leıerskap so dat ons stappe teen Vuyanı doen ,let a DA fool stays a fool.genıet dıe dag en jou wyntj

Nou ja toe. Die “wyntj” is seker nou maar Kock se verwysingsraamwerk.

Om 21h28 vra ek Gouws ‘n laaste maal – Vujani, dis nou tyd dat jy verklaar of Cope se houding in Bitou die gevolg is van jou eis om ‘n addisionele maand se vergoeding van Eden. Vra jouself af: Wat weet O!O reeds? Dan reageer jy. (cc: Nic Koornhof; Mosiuoa Lekota)

O!O het onteenseglike bewys dat Gouws inderdaad die ekstra geld soek. Dié bewys word op spesiale versoek weerhou en om verstaanbare politieke en administratiewe redes en sal openbaar word sodra die probleem vroeg aanstaande jaar ontknoop word.

Gouws sal die geld nié kry nie.

Van der Westhuizen het hoegenaamd nie op O!O se navrae gereageer nie.

Van der Westhuizen se politieke lewe hang onophoudelik aan ‘n draadjie – net die draadtjie verskil soos hy van die een krisis na die ander beweeg. Hierdie Gouws-eis is ‘n besonderse taai tammeletjie en Van der Westhuizen kou vir die vale – Gouws is immers Van der Westhuizen se verantwoordelikheid.

En om te dink die DA het dit reggekry om die kiesers van wyk 2 in Bitou te oortuig dat hulle stem vir die DA se Wayne Craig die DA “in beheer” van Bitou sou “hou”.

R25,000 troef die DA se 1,870-meerderheid (91.5% van die uitgebragte stemme) in wyk 2 van Bitou só oorweldigend dat die DA nie eens ‘n raadsvergadering kan hou nie!

Maar wees gerus, liewe lesers: Die DA het gewen in Bitou wyk 2 – die DA is in beheer.

Watter soort politieke party hou ‘n raad gysselaar vir ‘n ekstra maand se salaris vir sy provinsiale leier!?

Mnre Lekota en Koornhof – wat gaan hier aan!?

Dis tyd dat politieke partye uit munisipaliteite verja word.

Click here to receive updates.

Advertise on O!O

Click here to return to the title page.

12 thoughts on “Cope hou DA gyselaar in Bitou… vir R25,000

  1. Hires n bietjie groom stront aan die kom. Wessie het ook geeks dat bonuses aan tydelike amp tenure betaal word al mask hulle knot rate nie vir bonuses voorsiening nie. Ja Gouws week Genoese van Wessie en dit kos nou keer vir vrek!

  2. urbi readers have already seen the evidence. Mosiuoa Lekota and Nic Koornhof have been informed. Surely Theuns Botha knows what happened.

    Why are we waiting!?

  3. Guys,you are all thumbsucking here,why dont you wait for the relevent roleplayers to response?Why does the two(Cope&DA) national offices not launch an investigation and respond accordingly the outcome of their investigation?I believe,when you here of allegations against your members,you must act,so that the trust of the public in your members,allways be protected,wether they are guilty or not.I know half of the story,thats why I do not want to comment on it.

  4. O!O –

    “Ag, ‘n mens moet só versigtig wees dat die “onderleier” nie snuf kry oor wié met O!O praat nie, anders is dit snot en trane en woede en dreigemente.”

    Or, perchance, maybe, possibly, perhaps another couple of automatic computer related terminations of membership (dismissals)?

  5. The sheep in Ward 2 dare not complain. They were warned over and over again. This is exactly what they voted for and this is exactly what they will get, over and over again.

  6. That Vuyani guy can’t demand more money, he isn’t doing anything. He is exactly on the same boat as S.Taylor and T.McMaster, buddie-buddie system. They should evaluate what these people do daily and they will quickly find that they probably have nothing to do, most of the time. When they actually try to do something, or organise something, it is a disaster.

  7. Worse, the poor intellect of those in Ward 2 that voted for this pimpernel !

  8. What a shocker…..and once more Wessie is involved…..makes me wonder.

    Does any of the DA Eden councillors ever stand up for what is wright?

  9. My inligting is ook dat Wessie van der Westhuizen gedreig word. Gedreig; bedreig; afgedreig… Uitgeryg.

  10. Chasing the whole lot is a understatement. However are you not missing the actual point here? I am referring to the close evil bond between VG, AK, and ADAM. These three have been clinging onto power with each one having the dirt on the other. VG, changing the list to get Adam in. VG has the proof and can testify to this fraud. AK gets the job as Adams advisor, pay back for having knowledge of the fraud,etc,etc. This Cabal represents nobody except themselves. How about calling for a COPE regional conference? Nope I thought not. I wonder what dirt VG has on Wessie?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s