‘n Hupstoot vir volstruisboere

KKI neem die markrisiko uit volstruisproduksie

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Oudtshoorn. 29 November 2012. 07h15. KKI gee die plaaslike ekonomie ‘n hupsoot met ‘n innoverende strategie om volstruisproduksie weer aantreklik te maak.

KKI het daadwerklik besin oor die geweldige teenswoordige uitdaging om volhoubaar met volstruise te boer en herinvestering te beplan.

Daar is besluit om die markrisiko vir slagvolstruisproduksie vir die 2013/14-slagseisoen grootliks te verwyder.

Die besluit is geneem in ooreenstemming met KKI se visie dat hitte-behandelde volstruisvleis tot die langtermynvoordeel van die bedryf sal wees.

KKI het ‘n uitstekende hitte-behandelde produk wat reeds uiters goed ontvang is in Europa.

Met hierdie ontluikende mark in gedagte bied KKI ‘n vooruitleweringskontrak aan teen ‘n minimum gewaarborgde prys vanaf 1 Julie 2013 tot 30 Junie 2014.

Die minimum gewaardborgde prys bestaan uit ‘n leerprys- en vleisprystabel wat nou reeds vasgestel word en wat saam met die wisselkoers beweeg. Produsente wat aan hierdie inisiatief deelneem het dus slegs ‘n wisselkoers-risiko, maar geen markrisiko nie, en kry die voordeel van ‘n swakker rand.

Indien die weekliks-aangepaste pryse hoër is as die minimum gewaarborgde prys word die hoër prys aan produsente betaal.

Produsente kontrakteer om ‘n bepaalde aantal slagvoëls te lewer en slegs hierdie aantal sal vir die gewaarborgde prys kwalifiseer. Produsente wat nie die gekontrakteerde aantal voëls verskaf nie, sal nie ‘n teenprestasie hoef te lewer nie.

Indien volstruise vernietig moet word, of die vleis kan nie in die plaaslike of hitte-behandelde mark verkoop word nie, verval die waarborgprys maar KKI sal nie die kontrak afdwing nie. KKI het reeds ‘n tipe versekeringskema met die nasionale departement van landbou, bosbou, en seevissery bespreek sodat KKI en die bedryf moontlik risiko’s ten opsigte van uitslagting kan deel.

Gekontrakteerde voëls sal voorkeur geniet in die hitte-behandelde mark.
Indien uitvoere van vars vleis in die waarborgperiode weer in aanvang neem sal KKI aktief meedoen en produsente sal die volle voordeel van die uitvoere geniet.

KKI onderhandel ook tans met verskeie finansiële instellings om hierdie waarborg te gebruik vir makliker toegang tot bedryfskapitaal.

Hierdie waagmoedige besluit verteenwoordig ‘n berekende, dog enorme risiko vir KKI, maar die bestuur is absoluut oortuig van sukses.

Met sakeleiding en ondernemingsgees op Oudtshoorn skort daar kennelik níks. O!O sal sy plig versuim om nie op te merk dat as soortgelyke vaardighede in die raad en munisipaliteit aanwesig was, Oudtshoorn inderdaad ‘n modeldorp sou gewees het nie!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “‘n Hupstoot vir volstruisboere

  1. Vervang die dorpsbestuur met die Kooperasie se direksie en verdubbel hulle salarisse. Dankie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s