Hendrik Botha-verhoor – dreigende fiasko ala SA!

Dossier soek!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Oudtshoorn. 28 November 2012.

10h10. Botha staan tereg op 2 klagtes van gesinsgeweld.

Mnr Christo van der Bergh, vir Botha, verklaar dat daar nie ‘n interdik in plek was op die datum van die beweerde oortreding nie en dat een klag dus nie steek hou nie.

Die staat roep Botha se vrou en dan sy seun. Hulle wil nie getuig nie. En raai, Van der Bergh het nie vrae nie.

Dis dan dit.

09h55. Die saak word na verwagting om 10h00 aangehoor.

Oudtshoorn. 26 November 2012. 12h35. Die soveelste geweldsmisdaad van Oudtshoorn se burgemeesterskomiteelid van finansies, Hendrik Botha, gaan baie waarskynlik ongestraf bly.

Die verhoor moes om 11h00 begin het, maar die dossier is soek.

Die verdediging, in die brilvoegte hande van Christo van der Bergh, van die plaaslike regsfirma Coetzee & van der Bergh, hoef net agteroor te sit.

Landdros Mia Venter het Botha se verhoor uitgestel na Woendag, 28 November, om die staat geleentheid te gee om die dossier te soek. En om getuies te roep.

Mev Botha, die onwillige klaer en hoofgetuie, gaan waarskynlik weier om te getuig. Die staat kan haar dwing om te getuig soos haar verklaring ná die “beweerde misdaad” lui, maar so iets gebeur selde indien ooit.

En die feitlik onafwendbare uitkomste is dat Botha onskuldig bevind gaan word.

Die diefstalklagtes teen die burgemeester, Gordon April, blyk ook in die hek te duik. Die DOV, wat eers geweier het om te vervolg; en toe deur Afriforum se toedoen die klagtes weer ingestel het, blyk nou langtand te wees vir die saak.

Die kaders maak soos hulle wil. Onder andere omdat die risiko agv… “stadige” hof-funksionarisse – en glo my daar is báie, meer as die uitnemende en skerp rolspelers – verdwynend klein is.

Moenie asem ophou nie.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Hendrik Botha-verhoor – dreigende fiasko ala SA!

  1. Fout in die advertensie want dit lees verkeerd. Dit geld glo net vir De Rust en Blomnek. Nie Oudtshoorn nie. Oudtshoorn se dam is oor die 90% vol hoor ek

  2. Van die os op die jas, eweskielik is daar uit die bloute waterbeperkings vir die hele Oudtshoorn afgekondig vanaf Desember tot Maart en dit terwyl die damme 100% vol is. Rede ons moet vir De Rust en Blomnek voorsiening maak. Graag wil ek weet van wanneer af voorsien ons aan genoemde dorpe water, en as ek nou die klits kwyt is jammer daaroor, maar ek bly al amper 20 jaar in Oudtshoorn en het nog nooit gehoor ons voorsien water aan die 2 plekke ook nie. En die heffings waarmee mense aangeslaan gaan word, dis om van naar te word, my vraag wat word van hierdie ekstra gelde, is dit nou om voorsiening te maak vir die geld morsery van burgermeester en kie? Ek vra die vraag want ek ruik een massiewe rot.

  3. Het al gewonder hoekom mense my so aanstaar as ek se ek bly in Odn. Nou verstaan ek dit ook beter? Die plek is vervuil van die korrupsie…. Nie net op Verwardplein nie, maar ook in die howe…. Ek stem saam dat poligrafie wel kan werk, maar dit tel vir niks in die howe nie. Nic help asb?

  4. Het so iets verwag. Botha is seker 1 van die swakste raadslede wat daar nog ooit was. Groot verleentheid vir die ANC, nes Gordon.

  5. Blyk my die Dept wat die leer verloor het (die hoeveelste) moet ook indringend deur die SOE en die NVG ondersoek word. n Paar Poligraaftoetse sal die gewenste uitwerking he om die betrokke korrupte Dept te suiwer van hierdie nes van “rowers” – en diedaar, die verlore leers kom vinnig na vore. Kan Barrow help hiermee ?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s