Doeners en stoepsitters

Daar ís mense op Oudtshoorn wat dóén

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Oudtshoorn. 23 November 2012. 12h15. Ek het gister geleentheid gehad om skokwekkende dokumente te lees. Ek is nie toegelaat om afskrifte te maak nie.

Wat ek gesien het is onweerlegbare bewys dat belastingbetalers betaal het vir Gordon April se verdediging op klagtes van diefstal van munisipale eiendom – die sg sand- en klipsaak. Dis presies dieselfde oortreding as die een waaraan Noël Pietersen skuldig bevind is en tans wye draai om die staatseiendomme dans wat deur Korrektiewe Dienste gebruik word.

Die bekookte proses om Major Sokopo aan te stel om BTW te herwin lê oopketel op die slagblok. Hierdie saak gaan belastingbetalers nog báie geld kos!

Die verslag wat na Jesse Duarte se Oudtshoorn-besoek opgestel is lui onomwonde dat die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) op Vuyiso Forplay se aanstelling as bestuurder in die burgemeester se kantoor aangedring het.

Die verslag lui ook dat die PUK Thandekile Mnyimba aangestel het. Raadslede is gedwing om Mnyimba aan te stel.

Perdalkies kan die 11 ANC-raadslede wat gister afsonderlik en gesamentlik vir R600,000 gedagvaar is vir koste wat met Mnyimba se aanstelling verband hou, by die komryts van die PUK haan hoed rondstuur vir geldelike hulp en kompensasie.

Wat die jammerlike drommels van Icosa en die NPP moet doen is duister. Daar’s niemand na wie dié kan draai nie.

Oudtshoorn se patetiese regering kan nie self besluit om asem te trek sonder die toestemming van die PUK nie.

En die “opposisie”, die DA, soos die plaaslike media berig “se hande is afgekap”.

O!O word soos die pes vermy, maar so elke dan en wan gooi die DA ‘n “mediakonferensie” om die “plaaslike media” – almal behálwe O!O – in te lig “dat ons hande afgekap is”.

Al die pantheons en al die feëtjies van alle visdamme!

Die ANC kán nie; die DA se hande is afgekap.

Intussen vreet die kanker onverstoord voort.

Nic Barrow, een van Oudtshoorn se twee vóórste entrepreneurs, het gister oudergewoonte iets GEDóéN. Die DA ondersteun Barrow glo ten vólle. Hoekom het die 12 DA-raadslede nie gedagvaar nie; hoekom moes Barrow dit doen? Nee, hél, moenie mý vra nie!

O ja! Die DA-raadslede se hande is afgekap. Ag dankie, Nic Barrow, dat jy verstaan!

Wilton Kawa, ‘n voormalige ANC-hoofsweep, gaan die dokumente wat ek gister onder oë gehad het aan die ANC-leierskap voorlê – die streek-; provinsiale-; en nasionale leierskap. En, so sê Kawa vir O!O, hy verwag OPTREDE!

Hoekom doen die plaaslike ANC niks!?

Omdat die ANC te k… vrotsleg is.

Die ander lot se hande is afgekap.

Twee “onafhanklikes”, een wat na die DA toe leun; een wat na die ANC toe leun – wat nie eens in die raad is nie, DOEN terwyl die verkose verteenwoordigers (verwys tog nie na dié as “leiers” nie, asseblief) stoepsit.

Daar is ook heelwat mense wat luidrugtig stoepsit. Die OBV, die OBB, die RVGO; en Afriforum maak geweldig baie lawaai – meer lawaai as wat stralers sou maak – en bereik minder as niks.

Dink net: As die raad in onafhanklike hande was…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

One thought on “Doeners en stoepsitters

  1. Dankie tog vir die twee siele wat darem mannemoed het om te DOEN terwyl die stoepsitters nog soek na hulle afgekapte hande en die res gebukkend gaan onder die las van hul piondraadjies! Hoe aaklig moet dit wees om GEEN besluit van jou eie te kan neem nie en met die las van ‘n gewete te moet saamleef omdat JY die verkeerde besluit help deurdra het! Arme siele! Ek herinner my aan ‘n baie pertinente hofsaak waarin BAIE DUIDELIK uitgewys was dat geen PUK of wat ookal van enige politieke party met die aanstelling van personeel MAG inmeng nie en die gevolge van sulke inmenging vir die betrokkenis! Miskien moet daar bietjie daarna ook gekyk word dat hierdie wanpraktyk in sy vier spore gestuit kan word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s