Wat ‘n gráp!

Putco Mapitiza ontken alles wat O!O hier berig – álles

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Oudtshoorn. 20 November 2012. 08h45. Die streeksekretaris van die ANC, Putco Mapitiza, het vanoggend ontken dat hy die inhoud van hierdie berig ontken. Hy sê ‘n mens ontken net iets wat waar is – nee, ek grap nie; dis presiés wat Putco gesê het.

Daar sal Donderdag ‘n raadsvergadering wees – gááp.

Die rede vir die uitstel van Maandag was ‘n ligte dispuutjie tussen Gordon April en Mapitiza.

Dit het gegaan oor die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PEK) wat sy steun aan Gordon onttrek het en aandring dat Gordon verantwoordelik gehou word vir die appél-fiasko in die Mnyimba-saak – die koste beloop sowat R1.6m.

Gordon het toe verlede Dinsdag gedreig – ‘n oú laai van die mannetjie – om te bedank en die ANC sy meerderheid in die raad te ontsê.

Gordon en sy gesin het glo saam besluit genoeg is genoeg.

Mapitiza het Gordon se bedanking aanvaar en gevra dat dit op skrif gestel word.

Gordon wou nou nie nie ding op skrif sit nie… Miskien kán hy nie!?

Maar Gordon is daar weg. O!O verneem die vuiste het so byna geklap. Tipies.

Putco het aan die PEK gerapporteer en die groter manne het gesê dis reg so, hulle wag vir die bedankingsbrief.

Maar Vrydagaaand het Gordon Mapitza in trane gebel en gesê hy is eintlik heeltemal verkeerd verstaan.

En nou is Gordon steeds die burgemeester. Dié sakie is eers gister uitgeklaar en daarom was daar Maandag geen raadsvergadering nie.

Onthou, Mapitiza ontken dit álles… Omdat dit wáár is!?

My Afrikaansonderwyser, Alk Burger, het altoos gesê: “Die onkunde staan vandag weer blou in die blom!”

O!O het Mapitiza ook gevra na Vuyiso Forplay se spoggerige troue die nawwek en wie daarvoor betaal – hopelik maak die belastingbetalers nie ‘n bydrae nie.

Forplay betaal sélf, meen Mapitiza, hoe meen O!O dan nou.

O!O het vanoggend net na 07h00 vir Forplay gevra: Wie betaal vir die troue?”

Hy’t geantwoord: “You.”

Hárregat, nè!

O!O skryf toe terug: “I thought so! Ratepayers!? Be aware.”

So wragtag vind O!O ook toe nog uit dat Major Sokopo stééds met BTW doenig is en terugbetalings van die Ontvanger eis. O!O het op 2 April hieroor berig en wilton Kawa, voormalige ANC-hoofsweep, sal vandag voor die Openbare Beskermer hieroor getuig.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

3 thoughts on “Wat ‘n gráp!

  1. Alk Burger sou ook gepraat het van Troglodiede, alias grotbewoners!

  2. O! 《O》die wens. OO fokus liewer op Nic Barrowless se belange in Bitou.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s