Toksies!

Oudtshoorn DA: Illusies van bekwaamheid

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 7 November 2012. 11h15. Die DA-leierskap op Oudtshoorn het gisteraand op ‘n terugvoervergadering van wyke 1 en 2 onteenseglik aangedui dat Oudtshoorn niks van die party se 11 raadslede, en die Cope-meeloper, kan verwag nie.

O!O is behoorlik gátvol, nee, nié kéélvol nie – gátvol, vir die DA se gekerm:

“Ons is in die minderheid!”

“Die Wes-Kaapse minister se hande is afgekap!”

“Ons moet prosesse volg!”

“Ons werk met ‘n plan!”

“Ons het gewaarsku teen ‘n ANC-meerderheid!”

O!O gaan nie wéér skryf oor wat die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering kán doen en behóórt te doen nie – enigiemand met genoeg breinfunksie om onwillekeurige liggaamsfunksies te beheer kan die feite – die féite! – ken.

Ek het die DA-voorsitter, Hannes Barnard, gisteraand gekonfronteer oor die minister se rol in die Mnyimba-saak.

‘n Heel pittige en gruwelike woordewisselling tussen die stoel en die vloer (mag-tág, maar dis poe-hee-ties!) het gevolg.

Dit daar gelaat.

Ek het die raadslede gedaag om te verseker dat die minister spoedeisend toesien dat Oudtshoorn ‘n nuwe permanente munisipale bestuurder aanstel – om te verhoed dat die ANC Mnyimba in sy pos herstel, soos O!O gister berig het.

Maar dit het duidelik geblyk dat die DA nie noodwendig Mnyimba se terugkeer, indien hy dan genoegsame ondervinding sou hê, sou kon, of wou teenstaan nie.

Dié standpunt kan uiteenlopend gekontekstueer word, maar… Ek verwag dat die DA-raadslede die verhouding tussen Mnyimba en bepaalde raads-adviseurs en politieke funksionarisse sal ken, en dat die DA-raadslede Mnyimba se moontlike terugkeer aggressief sal teenstaan!

Daar durf géén terugkomkans te wees vir Mnyimba nie!

Ek soek nie mooibroodjies oor dié saak nie; ek soek stándpunt!

Die DA boesem geen vertroue in nie. As dit maklik was om Oudtshoorn se probleme op te los, sou ons nie ‘n skerp opposisie nodig gehad het nie.

Oudtshoorn se kiesers (50.8% van die kiesers) het die DA op 18 Mei verlede jaar gevra om op te tree.

Al wat Oudtshoorn kry is ‘n gekerm oor hoe moeilik die politiek is; oor hoe onbetroubaar die ANC en die NPP en Icosa is.

Issit!?

Wat ‘n verrassing!

Watter ínsig!

As dit te moeilik is, DA-raadslede, gee pad en maak plek vir mense wat wíl; wat ‘n plan sal maak; wat sal dóén!

Ek het géén vertroue in die DA-raadslede en die DA-bestuur nie.

Die feite spreek vanself: Oudtshoorn is in sy kanon bestuur – onder die oë van ‘n DA-opposisie wat meen dat dit te moeilik was, is, en sal wees om ‘n verskil te maak.

Dis nié móéilik nié!

Dis régtig nie moeilik nie!

Al wat nodig is, is gewilligheid en intelligensie. Die plaaslike DA gaan mank aan beide.

Is my kritiek ongegrond; onregmatig?

Kyk rondom jou.

Terloops, verskeie ontwikkelings was op die agenda en sou bespreek word nadat ek vort is.

Hoekom het Oudtshoorn tans probleme met ontwikkelings? Die vliegskool; die SANW-uitbeidings; die winkelkomplekse?

Meestal en allereers omdat Oudtshoorn nie ‘n ruimtelike ontwikkelingsplan het nie.

Hoekom het Oudtshoorn nie ‘n ruimtelike ontwikkelingsplan nie?

Omdat die voormailge DA-burgemeester, Dianne de Jager; en die voormalige DA-speaker, Pierre Nel – albei gisteraand op die geprakseerde verhoog – dit nooit laat goedkeur het deur ‘n DA/OD-raad nie!

Of die DA nou regeer op Oudtshoorn, of die opposisie is, Oudtshoorn kan net mooi níks van die DA verwag nie.

Die DA op Oudtshoorn: Lank reeds onbevoeg. Nou ook toksies. Vermy ten alle koste.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Toksies!

  1. “Hoekom het Oudtshoorn nie ‘n ruimtelike ontwikkelingsplan nie?”
    Wat ‘n vraag vir OO om te vra, jy ken die antwoord vriend, Oudtshoorn het GEEN maar GEEN plan nie wat nog van ‘n ruimtelike ontwikkelingsplan. Wie gaan so plan opstel verwag jy?
    Die soldate wat tans op kursusse leer van gevegsplanne het meer “clue” van planne maak as enige van die narre wat in die Raadsale van Oudtshoorn sit.
    En “mind you” dis maar redelike junior offisiere wat di reeds baasgeraak het.

  2. Beard die ander vrou dis jou x girlfriend dink ook jy kyk te veel Bond flieks

  3. Beard is jy nou Klein Karoo International en van Greunen se betaalde PRO? dieselfed Beard wat die Burgemeester verkleineer? en nou soek jy sy goedkeuring? Het jou kind darem intussen hoofdogter geword? Dink jy Obama steur hom aan jou stowwerige blog gelukwense?

  4. ai kan die pot nou die deksel verwyt op ‘n warm plaat. kan OO die DA verwyt nadat die DA duisende spandeer het op OO in hul politieke opstoom voor 18 Mei 2011. ag nee vinkel en kontjander, die is nes die ander. kwb

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s