DA: “Ons sal bedank”

Wat ‘n úitmúntende idee!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 1 November 2012. 13h30. O!O stem volmondig en met entoesiasme saam met die DA se Chris MacPherson op vandag se voorblad van Die Hoorn: “Ons sal bedank“!

Dié halfwas onderneming is glo Dinsdag gegee op ‘n vergadering met plaaslike koerante.

Plaaslike koerante!?

O!O was nie daar nie. Nie genooi nie. En tog… Dis O!O wat altoos éérste is met die nuus wat nou regtig saakmaak – soos vanoggend se nuus oor Mnyimba.

Maar die kleingeestigheid van die DA nou daar gelaat, hoekom bedank MacPherson en sy slapgat kollegas nie sommer sonder voorbehoud nie!?

Van watter nut is hulle nou eintlik? Hulle kan nie eens al hule lede op belangrike vergaderings monster nie!

Dit was vanoggend die ANC, traag en vertraag soos kan kom, wat uiteindelik die besluit móés neem om van Thandekile Mnyimba ontslae te raak. Die plaaslike DA-lot het géén aandeel in die oplossing gehad nie.

Vanoggend, toe die minister se regspan inligting nodig gehad het is O!O gebel – geen data van enige DA-raadslid of -funksionaris was beskikbaar nie.

Geen wonder O!O word nie na inligtingsessies genooi nie – O!O wéét meer as hierdie lot!

Maar asseblief! O!O gee die plaaslike DA krediet vir ‘n uitstekende strategie: bedank!

In hemelsnaam, bedank!

Hoe Oliver Cromwell nou weer gesê!?

(In April 1653, voor die Rompparlement: “You have been sat too long here for any good you have been doing. Depart, I say, and let us have done with you. In the name of God, go!”)

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

4 thoughts on “DA: “Ons sal bedank”

  1. Het enige van hierdie niksnut DA Raadslede die moed om n “recall” klousule te onderteken, soos die ONAFHANKLIKE op Bitou ?

    Ons wag op jul antwoord jul Gravy Trainers.

    Laastens, wie gaan eerste wees om te bedank, die DA Raasdlede, Hannes of Bredell ? Wil enigiemand n weddenskap waag, of gaan hierdie niksdoeners wag om “onthoof” te word met die volgende verkiesing ? Ek skaam my dood as as ek enige van hul kinders was. Raai hoekom, raai weer ????

  2. Well done Drewan! Your perseverance, hard work, firm believe in what is right, and patience (he-haw!) finally paid off! Let this be an example to all of us!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s