NGK Park verwelkom Chinese kadette

Kerk sê dis sy Christelike plig

News with intent!

Your advertising is only as good as the people who see it – repeatedly! You want to do business with O!O readers – people with money and control of corporate budgets. Click here

By: TwitterButtons.com

Click here for an invitation to subscribe to urbi

Oudtshoorn. 26 Oktober 2012. 09h15. Die Oudtshoorn Courant berig vandag dat die NG-gemeente Park Woensdag geskenkpakkies aan die nuwe vliegskoolkadette oorhandig het om hulle op Oudtshoorn te verwelkom.

Die NG Kerk Park-gemeente het Woensdagmiddag geskenkpakkies aan die nuwe Chinese kadette oorhandig by die AIFA-kantore op die lughawe.

Hierdie daad kom te midde van vermaledyde aanslae van ‘n paar inwoners op die vliegskool se teenwoordigheid op Oudtshoorn.

Dominee Jannie Fourie het gesê dat mense wat so ver van die huis af opleiding ondergaan alle ondersteuning moontlik moet kry en dat Park dit sy Christelike plig gevoel het om die kadette tuis te laat voel.

AIFA se LT Minaar het aan die kadette verduidelik dat die meeste gelowige Suid-Afrikaners Christene is en dat die kerk in die gees van sy geloof die pakkies skenk.

Die kleurvolle geskenke is met groot glimlagte en uitroepe van dank en opgewondenheid ontvang.

AIFA se uitvoerende hoof, Willie Marais, was sigbaar beïndruk met die gebeure en het gesê dat Oudtshoorn die vliegskool beslis ondersteun.

“Hierdie gebaar verteenwoordig nie net meelewing van die Christelike gemeenskap nie, maar bevestig ook dat die mense van Oudtshoorn die vliegskool oorweldigend ten gunste is en dat die dorp die voordeel van AIFA se teenwoordigheid erken en ervaar.”

Dit is inderdaad ‘n grootse gebaar van Park!

Die meeste klagtes oor AIFA blyk oor die vlugpad te wees en Park-gemeente is juis op daardie vlugpad!

Interessant.

Soos in baie interessant.

Click here to receive updates.

Advertise on O!O

Click here to return to the title page.

12 thoughts on “NGK Park verwelkom Chinese kadette

  1. snaaks ,;ngk se deure en lidmate se harte is toe is toe vir gekleurdes van dieselfde chritelikke geloof,maar reik uit na vreemdelinge wie nie eers in onse HERE JESUS CHRISTUS glo nie..indien die doel is om hierdie mense tot bekering te bring,sing ek” prys die HERE GOD” Ds indien jy rerig besig is om hierdie siele te bearbei en kan red sal die HERE GOD jou seen Ek bly maar egter baie skepties sonder om ongelowig te wees ,want wat die kerkmense nie als sal doen vir n sjieling nie;,sal selfs die HERE verloën,maar indien u motiewe regtig suiwer is ,STERKTE

  2. Rooi Baron (wat van jy gebruik jou eie naam as jy persoonlik raak?), ek gebruik my telefoon en Skype om ‘n besigheid te bedryf van hier, wat beteken dat ek gereeld met kliënte van Europa, Australië en Suid-Afrika praat. Dis my primêre vorm van kommunikasie, en nie ‘n luukse soos jy dit laat blyk nie. Ek woon hier juis omdat dit stil en vreedsaam is. Jy sal merk dat ek nie kla oor die vliegtuie nie – dis min wat dit ‘n probleem is. Jy sal wel merk dat die straler (wat, om regverdig te wees, min vlieg) gebruik word, daar geen hoop in hel is om ‘n gesprek te voltooi nie. Dít, ou maat, is waaroor ek bekommerd is. Sou daar meer *stralers* kom, gaan ek nie van hier kan werk nie. En glo my, ek het óók baie kapitaal ingesit om hierdie kan bly. Groete en vrede vir jou. PS: En ek dink jou tekort aan respek vir ander mense is bog, snert en …

  3. Ek wil net gou ook ‘n stuiwer in die armbeurs gooi.

    As julle nie hou van die vooruitgang wat na julle dorp kom nie, stuur dit hier na Plett toe!

  4. So van Ds. Jannie gepraat. Die baie bekende Ds.Piet du Toit het ‘n seminaar aangebied by Ds. Jannie se kerk. Ongelooflik gewees.Die tema was “Bevryding deur middel van die Kruis” Ek het weereens tot die besef gekom dat ons almal eendag sal moet rekenskap gee vir ons sondige dade hier op aarde tensy ons Wedergebore is. Dit beteken dat ons die ou sondige Adam en ook vir satan by die Kruis verruil het of nog moet verruil vir die Nuwe Tweede Adam, Jesus Christus. Dit beteken dat ons voor ons wedergeboorte in die verkeerde bloedlyn was. Ons het nou ‘n ongelooflike nuwe Goddelike bloedlyn!
    Kom ons leef asseblief ten volle met ons nuwe status en ons nuwe bloedlyn tot eer van die Vader. Elke dag.

    Gustav

  5. Asseblief !!!!! Maak Oudtshoorn een groot,enorme vliegskool. Bring hulle en laat die vleigmasjientjies vlieg!! Dit is wonderlik!! Ek baat nie direk uit die bedrywighede van die vliegskool nie maar glo my die vermenigvuldiging van die kapitaal wat bestee word bereik ook vir my in my besigheid. Die klomp geel gesiggies is vriendelik, veel beter as die alewige gekla van Johan Van Noordwyk. Verbeel jou ,hy moet ophou oor sy telefoon praat as ‘n vliegtuig oor sy huis vlieg!! Wat ‘n klom bog, snert en …..By my huis ry daagliks voertuie verby wat meer raas as al die vliegmasjientjies tesame.

    Veelsgeluk aan ds Jannie. Wat ‘n wonderlike gebaar. Great man, doen dit weer en weer!!

  6. Ek voel ook so. En as ons dorp 120 stralers kry, maak ek ‘n konstruksiefirma oop. Laat weet as jy wil aandele koop.

  7. Johan, ek kalibreer my onsinverklikker gereeld.

    Die Chinese is nie besig om ons geleidelik in te val nie.

    Ek sal werk maak daarvan om baie meer gereeld inligting oor AIFA te publiseer.

    Intussen kan jy 99.9% van die e-posse wat oor die vliegskool rondgestuur word gerus druk en op jou toiletpapierrekening spaar.

  8. Ek hoor jou. Persoonlik pla die vliegtuie my ook nie baie nie. My bure is nou Sjinese, en hulle pla ook glad nie. Wat pla — en dit is iets nie gebaseer in realiteit noodwendig nie — is sommige persone/organisasies op die dorp wat eposse rondstuur oor hoe die situasie gaan vererger. Tans moet ek net so 5% van my telefoonoproepe onderbreek vir ‘n vliegtuig, so dit pla nie. Maar as mens glo wat sommige van hierdie eposse bevat, gaan dit aansienlik vererger. Die een epos — ek maak hierdie nie op nie — beweer dat daar 120 stralers hulle weg gaan vind na die dorp. Ek wonder of die skrywer probeer uitwerk het hoeveel stoorspasie byvoorbeeld nodig sal wees vir so ‘n groot getal stralers. Selfs een straler sal ‘n probleem wees, in my opinie. Vroeër het AIFA onderneem om nie stralers na die dorp te bring nie. Ek hoop hierdie bly so.

    Die probleem hier, soos ek dit sien is drievoudig: (a) die publiek weet nie wat die parameters is waarbinne AIFA kan uitbrei nie (b) sou die uitbreiding teen die wet gaan en die publiek geïgnoreer word, is daar min vertroue in die munisipaliteit om die wet toe te pas (dink Mnyinba) en laastens (c) word hierdie hele debat warmgepraat met belaglike e-posse wat rondgestuur word op die dorp wat op hoorsê en vrese gebasseer word.

    Dis juis hier waar ek glo O!O ‘n rol kan speel. Laat weet as ek sulke eposse kan aanstuur sodat dit in die oopte kan kom en die debat op feite eerder as menings gebasseer word.

  9. Johan, jou houding weerspieël presiés die soort gesprek wat ek so graag op O!O wil sien. Dankie!

    My standpunt (oor die vliegskool) is kortliks só: Oudtshoorn het ‘n vrotsleg munisipaliteit wat met eenvoudig níks vertrou kan word nie.

    Alhoewel die volstruisbedryf innoverende nuwe strategieë beet het, is die vleisgedeelte van die bedryf maar onder druk.

    Toerisme is nie wat dit was, of kán wees nie.

    Oudtshoorn het aksie nodig.

    Ons moet dit moontlik maak.

    Ek woon op die vlugpad. Elke vliegtuig vlieg so skuins bokant my huis verby; net buite klipgooi-afstand. Die karre raas meer.

    I just don’t get the complaints.

    Ek krý dit eenvoudig nie.

  10. Askies, my kommentaar was inderdaad onbillik oor die vlugpad. Op ‘n herlees van die artikel sien ek dit handel meer oor jou fasinasie met die gebaar. In daardie geval dink ek Willie is dalk bietjie uit pas met sy opmerking “dat die mense van Oudtshoorn die vliegskool oorweldigend ten gunste is”. Ek sou ook graag wil verstaan wat die vreeslike voordeel vir meeste van die mense op die dorp inhou? Daar mag dalk ‘n paar ondernemings ekstra handel doen, maar ek dink hy vat ‘n kans as hy reken dit doen die dorp in breë trekke goed. En dit is híér waar ek voel O!O objektiwiteit kort om albei kante van hierdie verhaal te vertel. Ek is seker die vliegskool is ‘n plus vir sommiges, en ‘n negatief vir ander. Vir mense soos myself is dit iewers in die middel. Dit sou goed wees as O!O bietjie in die middel kan klim tussen die twee kante se ekstremiste. Dalk ons, die publiek, inlig oor die voordele wat die vliegskool inhou? Dat ons “in die middel” dalk kan verstaan hoekom hierdie so groot is en hoekom die gastehuise en klein sake onbillik is om ontsteld te raak?

  11. Johan, die rede waarom mense na O!O verwys as ‘n blog is omdat dit ‘n blog ís.

    Ek het nie gesê die gebaar dui op “ondersteuning vir die vliegpad” nie!

    Selfs nie eens Willie Marais, in sy aangehaalde stelling, beweer dit nie!

    Hoekom lê jy dié “ondersteuning vir die vliegpad” in mý skoot!?

  12. Drewan, die rede hoekom mense na hierdie as ‘n “blog” eerder as ‘n “koerant” verwys is onder meer die afwesigheid van objektiwiteit in beriggewing. Koerante lewer inligting met joernalistieke meriete, blogs lewer opinies. Mens kan ook hier van die opinie wees dat hulle bloot ‘n goeie verhouding met die vliegskool wil ontwikkel ten einde te hoop dat die vliegskool ander mense op die dorp in ag sal neem. Ek reken nie dit is ondersteuning vir die vliegpad nie. Net nog ‘n opinie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s