Die einde van OudtshoornOnline

Die begin van o!online

News with intent!

Your advertising is only as good as the people who see it – repeatedly! You want to do business with O!O readers – people with money and control of corporate budgets. Click here

By: TwitterButtons.com

Click here for an invitation to subscribe to urbi

Oudtshoorn. 19 October 2012. 06h00. OudtshoornOnline se eerste berig is op 3 Desember 2008 gepubliseer: Oudtshoorn verdien béter!

Dié kreet – Oudtshoorn verdien béter! – het die kenmerk van OudtshoornOnline geword.

Aanvanklik is OudtshoornOnline ooorweldigend gelees deur inwoners van Oudtshoorn en die omgewing – die sg “Groter Oudtshoorn”.

Oor die afgelope vier jaar het OudtshoornOnline se reguit, tussen die oë beriggewing, in sterk taal, baie lesers verslaaf en baie lesers vertoorn.

Maar die leserstal het bly groei.

Menings oor OudtshoornOnline het verander: Individue wat die beriggewing hoog aangeslaan het, het, het hulle menings verander as OudtshoornOnline die politieke partye en die funksionarisse se optrede ondenadiglik gekritiseer het.

Die DA se nuwe “onderleier” in die Wes-Kaap, byvoorbeeld, Theuns Botha, het per geleentheid gesê:

“Jou koerant maak oral opslae! Die enigste billike versoek van politici behoort te wees dat die feite korrek weergegee moet word – daarin slaag OO 100%.”

Deesdae verbied Botha DA-funksionarisse om eers op vrae van hierdie “feitelik korrekte” publikasie te reageer.

OudtshoornOnline se leserstal het, nes die publikasie self, verander. Al hoe meer mense wat nie primêre toegang tot tradisionele internet-toestelle het nie, het begin lees: op slimfone; by mense wat wel internettoegang het; en drukstukke van stories.

Verskeie lesers verkies – en dit is ‘n vreemde feit – om OudtshoornOnline se berigte per e-pos te ontvang. Tans word meer as 3,000 e-posse weeksdae uitgestuur.

OudtshoornOnline se leserstal het merkwaardig gegroei in gebiede buite die Groter Oudtshoorn, en die berigte het ook ‘n nasionale kleur begin kry…

Die naam OudtshoornOnline is nie meer toepaslik nie.

Daarom staan hierdie publikasie van vandag af bekend as o!online – en hoop ek dat lesers berigte sal bly geniet… Of die berigte nou geliefd is of gehaat.

Hier, op o!online, sal jy dit bly lees soos die politieke partye nie wil hê jy dit moet hoor nie.

Click here to receive updates.

Advertise on OO!

Click here to return to the title page.

4 thoughts on “Die einde van OudtshoornOnline

  1. Welgedaan Drewan. Hier’s op jare se ” tussen die oe ” berigewing wat was en wat nog gaan kom. Soos die Xhosa’s sal se: Hambakahle i-Oudtshoornonline, VIVA o!online, viva

  2. Goeie move Drewan, well done! Bly om te sien sommige van ons pas aan by die vinnige nuwe pas wat vereis word deesdae om suksesvol te wees. Jammer dat ons “leiers” nie ook wil,of dalk kan, aanpas nie. Soos Anton Goosen sing: “Hoe lank gaan ons leiers en ons herders ons mislei,hoe lank gaan ons vrae nog onbeantwoord bly, en wie is almal ons, in Ons vir jou Suid-Afrika?”

  3. Aai, hoe maak onse Theuns Botha dan nou net soos die ANC deur DA-lede se demokratiese reg op vrye kommunikasie te verbied of te misken? Hoe kan die pot dan nou die ketel verwyt oor die gekrap aan die Inligtingswet of is dit maar maak soos ek se en nie maak soos ek maak nie?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s