OO buite in die koue

So seer is my hart dat ek anglisismes gebruik

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 12 Oktober 2012. 12h50. Dié brief, aan die DA, sê wat gesê moet word.

Die Voorsitter
Mnr Hannes Barnard
DA Kiesafdelingsbestuur
Oudtshoorn

Beste Hannes

Dit is met afgryse en verstandsverstomming, en met ‘n gesonde skeut gemoedsbekakking dat ek nou, ter elfder ure, die verbouererende impak moet probeer verwerk dat ek nie na vanaand se DA-funksie by die golfklub genooi is nie.

Ek, wat deel was van die DA se verkiesingsbestuur verlede jaar; ék, wat ure en dae en weke spandeer het om die DA aan bewind te probeer kry op Oudtshoorn.

My hart staan op breek se voorstoep, met net ‘n stukkende sifdeur, wat skreeuend, aan ‘n verroeste skanier, heen en weer in ‘n briesie wieg, tussen my en volkome verdriet.

Die gevoel en ervaring van totale verwerping is allerbeklaaglik.

As ek onderneem om van nou af aan nie weer feitelik oor die DA te berig nie… Sal julle my dán na gesellighede uitnooi?

Ek is, soos my potsierlike lyfie aandui, báie lief vir kos en drank. En ek hou veral van vingerhappies, wat gewoonlik die tafels van die fondsinsamelaar kroon.

Ek wil só graag óók genooi word!

Jy weet Hannes, ek is ook net ‘n mens. Ek het ook ‘n binneste.

Ek roep uit, saam met Shylock: “Hath not I eyes? hath not I hands, organs, dimensions, senses, affections, passions? fed with the same food, hurt with the same weapons, subject to the same diseases, healed by the same means, warmed and cooled by the same winter and summer, as a DA is? If you prick me, do I not bleed? if you tickle me, do I not laugh? if you poison me, do I not die? (The Merchant of Venice, III.i.45-)

My énigste troos is dat Anton Bredell óók nie teenwoordig sal wees nie! As Anton daar was en ek is die voorreg ontneem om in sy teenwoordigheid te wees… Ek sou dít nie kon verwerk nie!

Maar, ai, ek sou hom só graag wou sien. Al was dit net om myself eerstehands te vergewis dat hy inderdaad nog leef.

Weet ons ooit!?

Treurend die uwe

Dink hieroor, my lankmoedige lesers:

Dr (Henry Montagu) Butler, at the time Master of Trinity College, Cambridge, was preaching a sermon in the college chapel when he is supposed to have put this misguided rhetorical Question:

“Would you, my dear young friends, like to be inside with the five wise virgins or outside, alone, and in the dark, with the five foolish ones?”

Ten minste was die myn îtreksjin op dié geleentheid net láát; nie afwesig nie!
_______________

Bron: 2001. Rees, Nigel. Cassell’s Humorous Quotations. Cassell & Co. London. 83.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

12 thoughts on “OO buite in die koue

  1. It is a well-known fact that no celebrity or politician will make an appearance at a poorly attended function. This is marketing 101. Research proofed that canceling his/her appearance is less damaging than pitching and being associated with an unsuccessful event. Therefore we understand Anton so don’t worry, we are fully aware of the game you all play. You and your DA will realize this at the next election.

  2. OO, methinksss Hannes realises that he makes his and the Da’s name more ‘gat’ by the day.
    Wanneer loop hy, of wag hy eers dat Bredell bedank of gefire word ?
    Zille sit met n groot kopseer hier. Laat hul hul kossies maar allen opeet en verstik, sonder jou.
    die GROOT PARTY kom nog by die stembus, dan gaan ons lekker lag
    Sterkte ! Kentucky het vannand n special aan, baie lekkerder as beide “hul gedehidreerde vingerhappies en bankrot geselskap” !!!

  3. Karel; Daantjie… Dankie!

    Some deep sorrow gnaws ever at my heart, soos Dr Watson oor Mev Barrymore aan Sherlock Holmes geskryf het in The Hound of the Baskervilles.

  4. Ook ek wil my simpatie betoon. As jy werklik baie alleen voel, Drewan, kan jy maar Kaap toe bel! Ons hoor graag van jou. Gee die donirs gas!

  5. Drewan, my denke is met jou. Die verlies aan die meelewende teenwoordigheid van mense soos Dian de Jager en Pierre Nel moet swaar tref. My simpatie ou maat.

  6. Sceptic – goeie naam!

    Tja, die pyn en lyding is erg.

    Kan jy jou indink die verlies aan soveel skerp, intelligente geselskap!?

  7. Dankie Jack!

    Ja, ek byt maar vas. Mevrou gaan moerig wees as ek bloedmerke los. Ek oorweeg iets skoner…

  8. Lekker lag ek nou. Shame man OO. Die pyn en verlange is seker baie amper onhoudbaar!

  9. OO – Briljante skrywe, nog nooit ‘n berig so geniet nie, moet net nie jou polse sny nie.

  10. Joss

    I feel as if the world has fallen out of my bottom – like after a handfull of Zakanaka tablets.

  11. OO – jou bek het gemaak dat jou gat nou lelik gelooi word, ek weet jy moet nou soos ‘n opregte weeskind voel. Om te dink jy word nie genooi nie, sies hulle is mos nou sommer baie lelik met jou, gelukkig het jy nie hulle almoese nodig nie, die kiesers sal by die volgende verkiesing met hulle galle werk en dan sal hulle ( DA ) ook net so verstoot voel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s