Die DA en OO

Oudtshoorn-koukus verbied lede om met OO te praat

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 16 September 2012. 06h00. Die DA is nes ‘n stout kind. Koukus en bestuurslede ruk hulle op en steek tong uit en praat net eenvoudig nie weer met “jou” nie. Heel belaglik, as dit nie so tragies was nie.

Hou in gedagte dat die DA ‘n “open society” propageer en dat die party op demokratiese beginsels en openhartigheid roem.

Hier volg korrespondensie sedert 22 Augustus. Geniet dit, dis eintlik baie snaaks. En dit dui aan tot watter mate die plaaslike DA-koukus en sy bestuur ernstig opgeneem kan word. Of nie.

22 Augustus om 13h21

Die Voorsitter
DA Kiesafdelingsbestuur
Oudtshoorn

Beste Hannes

Ek verneem dat die DA-koukus ‘n besluit geneem het dat geen koukuslid met my
sal praat of korrespondeer nie.

‘n Tweede koukuslid het dié besluit bevestig, maar ‘n derde het dit ontken.

Ek verneem graag of daar inderdaad besluit is om my en my publikasie
voortaan te ignoreer; en indien daar so besluit is, verneem ek graag redes
vir die besluit… Hoe ‘n reaksie die besluit, indien daar so ‘n besluit is,
gaan eerbiedig, is ‘n vraagstuk wat ek aan jou oorlaat.

Dat ek reeds van drie koukuslede verneem het sedert die beweerde besluit
geneem is, is ‘n saak wat waarskynlik dringende federale aandag vereis.

Ek verwys na die DA se “CODE FOR PUBLIC REPRESENTATIVES”, soos op 12 April
2002 goedgekeur deur die federale raad:

3.6    Availability and Responsiveness

Public representatives are expected to communicate with other members of the
Party and with members of the public when they are contacted, and are
expected to deal expeditiously and courteously with enquiries from voters. 
Public representatives are expected at very least to acknowledge receipts of
voters’ enquiries and to refer these, where appropriate to the correct organ
of government.

3.7    Media Profile

Public representatives are expected to establish contact with the local
media operating in their constituency or ward, and should monitor such
publications and contribute articles or letters to them.

Groetnis in die naam van die DA se “open society”

Drewan Baird

22 Augustus om 14h00

Beste Drewan

Ek was nie teenwoordig tydens die koukusvergadering waarna jy verwys nie.

As jy beswaard voel oor wat jou meegedeel is, neem gerus die saak op met die Federale Raad. Ek is onder geen verpligting om jou te ignoreer nie. Ek doen dit na dese uit vrye keuse.

Rapporteer dit ook maar aan die federale raad.

Hannes

22 Augustus om 16h47

Die Voorsitter
Me Diane de Jager
Die DA-koukus
Oudtshoorn

Per adres: Raadslid Julia le Roux

Geagte mev de Jager

Die aangehegde korrespondensie verwys.

Bevestig asseblief, spoedeisend en per kerende e-pos, of daar ‘n koukusbesluit is wat Oudtshoorn DA-raadslede verbied om met my kontak te hê en/of my navrae te beantwoord.

Die uwe

Drewan Baird

23 Augustus om 17h36

Mev de Jager

Synde hierdie navraag na meer as 24h, in die era van e-pos in die palm van die hand, steeds onbeantwoord is, moet ek aanvaar dat die DA inderdaad besluit het om my navrae te ignoreer.

Soos oubaas John Vorster gesê het, “The alternative is too ghastly to contemplate” – dat die DA nie die vermoë het om aanlyn te kommunikeer nie.

Lees OO gerus om ingelig te bly oor sake van dorpsbelang – die alternatief…

Drewan Baird

15 September om 11h45

Mev de Jager

Ek verwys na die hofstukke van die fedex-voorsitter, James Selfe, in Johann Brummer v. DA, paragraaf 116:

“Paragraph 3.6 of the DA’s Code of Conduct for Public Representatives states that:
‘Public representatives are expected to communicate with… members of the public when they are contacted, and are expected to deal expeditiously and courteously with enquiries from voters. Public representatives are expected at very least to acknowledge receipts of voters’ enquiries…'”

As jy my nie antwoord nie, mev de Jager, sal ek die ongelukkige noodsaak moet monster om jou by die federale raad aan te kla – en dié lot is vrééslik presiés: oortree ‘n reël met ‘n sekonde en dis verby met jou! (Vra Johann Brummer!)

Soos dit uit die ingeslote korrespondensie blyk, is die plaaslike voorsitter juis al op die afgrond oor dié verpligting om te reageer…

En ek begryp nie! Ek is ‘n innemende, volronde mens. Waarom sou énigiemand mý wou ignoreer?

Ag toemaar Dianne. Ek spot sommer. Ek verwag níks van jou of die plaaslike DA nie.

Groetnis!

Drewan Baird

Die DA was my en OO nog altyd goedgesind solank OO die DA nie (te erg) kritiseer nie.

Die DA meen klaarblyklik dis die media se plig om die party se albastertjies blink te vryf.

As die DA kan aandui waar OO die party valslik beskuldig het sal OO dié stellings met graagte terugtrek.

Ek het die DA se Wes-Kaapse provinsiale mediabestuurder, die formidabele voormalige redakteur van By en Rapport en daarna die hoof van Media24 se elektroniese platforms, Liza Albrecht, Vrydag bepaalde vrae oor die Brummer-skorsing gevra. Sy het na ‘n telefoongesprek en e-pos korrespondensie per sms onderneem om Maandag volledig te reageer:

Drewan, ek sal jou navrae teen Maandagoggend laatste beantwoord. Hoop dis in orde? Groete, Liza

Ek het baie inligting gevra en waardeer Albrecht se onderneming om volledig te reageer.

Albrecht is nie ‘n liggewig nie. En sy kan haar persona en dié van die party skei, soos ‘n volwassene behoort te kan doen.

Albrecht is ‘n kundige en bedrewe kommunikeerder. Dis ‘n plesier om met rasionele funksionarisse te kan praat.

Maar met die plaaslike DA sukkel OO nie verder nie. Stem vir dié lotjie tot jou persoonlike nadeel en die ondergang van Oudtshoorn.

Te kras? Hier is die DA se rekord op Oudtshoorn – wéér. Kan jy die DA vertrou? Assebliéf tog! Klik hier.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “Die DA en OO

  1. Open democracy ?? Izzzit . Skuus, dalk se die ‘Code of Conduct, slegs as die DA nie gekritiseer word nie. O, ja, die DA is mos n “Democratic Outocratic Party” soss alle ander,vol storietjies. Stem vir ons, selfs die meerderheid dan draai ons die rug op julle want ons is lui en oneerlik en wil nie n ‘labour intensive” kiesafdeling wen of bestuur nie, nie tys vir ‘high maintenance’ nie. Dit MOET op n skinkbord wees,sodat ons maksimum salaris en bonusse van jul hardverdiende belastingbetalers se geld kan vat deur die minste daarvoor te doen. Ons issie trogvreters soos die Aai en See nie, maar ons is vertel ons mag dit ook nie uitbassuin nie. Watch net vir Bredell, dan het jul als gesien op hoe DA vlak – LAMSAKKIGHEID en oe verblindery !!

    Waarheid maak seer !

    En dan erken Hannes dat hy meru motu sy eie party se “Code of Conduct” ignoreer en jou vermy OO.Mapstieks,Hannes moet n magtige man wees dat die vallende sterretjie se stertjie die hondjie (DA) so uit eie willekeur kan rondswaai. Wat Hannes eintlik wel se is dat hul vrek bang is vir jou OO, jy’s te “transparent” en hul durf dit nie teenoor die publiek ontken nie, want dan is hul leuens uit en integritiet finaal gesink, indien nie reeds so is nie ,ne !! OO weet te veel en het die ‘cheek’ om daaroor te skryf. EINA !!!

    Besluit self ODN !!!! Die waarheid maak seer

    OO, as die 3e koukuslid dit ontken, praat dan gereeld net met hom . As hy die waarheid praat, of nie, sal dit gou uitkom. Die 3e koukuslid en sy party se integriteit is nou op die spel. As hy gelieg het, se dit ALLES wat mens wil eet oor politici en die DA, ne Hannes !

    Die waarheid maak seer !!

    OO, wat boekdele spreek is jou volgende stelling ” As die DA kan aandui waar OO die party valslik beskuldig het sal OO dié stellings met graagte terugtrek” Die bal is in die DA se skoot. Die publiek wag Hannes !!!!

    Intussen wag die kieserd geduldig tot Maandag vir Liz Albrechts se terugvoer.

    Puik gestel OO en ek haal jou aan “Maar met die plaaslike DA sukkel OO nie verder nie. Stem vir dié lotjie tot jou persoonlike nadeel en die ondergang van Oudtshoorn.”

    Moenie se jul was nooit gewaarsku nie ODNners !!
    Die waarheid maak seer !!

  2. Die Krake word al hoe groter in die DA in Oudtshoorn!
    Hanteer kretiek maar vrot!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s