Hendrik Botha vervolg vir gesinsgeweld

Wat ‘n gespuis regeer Oudtshoorn nie!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 17 Oktober 2012. 05h30. Hendrik Botha, die ANC se burgemeesterskomiteelid vir finansies, se saak is gister uitgestel vir verhoor op 26 November voor landdros Mia Venter. Botha staan tereg op 2 klagtes van gesinsgeweld.

Botha het talle vorige veroordelings vir geweldsmisdaad.

Die burgemeester, Gordon April, verskyn op 24 Oktober – volgende Woensdag – in die streekhof op klagtes van diefstal en regsverydeling.

OO kon nie bevestiging kry dat die Burko voortaan in die hofgebou sal vergader nie…

Oudtshoorn. 13 September 2012. 16h25. Hendrik Botha, die ANC se burgemeesterskomiteelid vir finansies, gaan vervolg word nadat hy op 10 Junie in hegtenis geneem is op klagters van gesinsgeweld en eers op 15 Junie borg toegestaan is – klik hier vir die destydse storie.

Die Direkteur van Openbare Vervolgings: Wes-Kaap, het op 6 September verklaar:

Na deeglike bestudering van… vertoë, die saakdossiere en die klaers se terugtrekverklarings, is ek van mening dat die klagtes soos vervat in die saakdossiere van ‘n ernstige aard is. Ek is dus van mening dat die vervolging van die beskuldigde Hendrik Botha moet voortgaan.

Die ANC. ‘n Burgemeester met beperkte formele skoolopleiding; en ‘n gesinsgeweldenaar met ag vorige skuldigbevindings van geweld as burkomlid finansies.

Wat ‘n gespuis! Wat ‘n rapallie! Wat ‘n verleentheid vir Oudtshoorn!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

One thought on “Hendrik Botha vervolg vir gesinsgeweld

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s