Los ons liefs net uit, DA!

Wessie van der Westhuizen en Johann Brummer wys die DA hóé!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Drewan Baird. Oudtshoorn. 8 September 2012. 09h00. Hierdie berig is… wel, persoonlik. In die sin dat ek die twee hoofspelers persoonlik goed ken en al met beide gekuier en geveg het: bleddie góeie verhoudings dus – die soort verhoudings wat ék koester.

Hel, wie wil nou met iemand vriende wees met wie jy nooit vassit nie; wie wil nou skaak speel met iemand wat jy elke keer wen!?

Johann Brummer kan ‘n bliksem wees. Hy val die politieke voordeellyn aan soos Willem Alberts.

Wessie van der Westhuizen het ‘n oorlewingsdinamika wat soos ‘n vel pas.

Beide moet die Kaapse DA se heenenweerdery gereeld opvreet.

Gister, en ek is bevoorreg om die korrespondensie te kon waarneem, het die DA se “leierskap” (wel, die ou’s wat eweknieë wragtag per geleentheid kon oortuig dat hulle die politieke en bestuursvaardighede het om leiding te gee – sê nie veel van die eweknieë nie) se vrot leiding so byna ‘n verhouding, wat Eden erg kan bevoordeel, bedonir.

Brummer soek die sowat R40,000 wat Eden hom skuld. (Die DA het Brummer uitgeskop omdat hy die party glo sowat R5,000 geskuld het – wat Brummer toe betáál het.)

Die DA-doekdraers (‘n paar stappies onder kortbroeke) is egter besig om Brummer uit die Eden-politiek te probeer bedrieg.

Brummer skryf toe vir Wessie om sy geld te laat betaal; en Wessie reken Brummer vat hom aan oor Selfe en Botha en Bredell se agterbaksheid; en Wessie reageer woedend; en Brummer skryf terug dat dit hiéroor gaan en nie dáároor nie… En Wessie teken verskoning aan oor die misverstand en sê hy laat betaal; en Brummer sê dankie.

Wragtag wonderlike e-posse wat privaat sal bly!

Welgedaan Johann Brummer en Wessie van der Westhuizen!

Twee (van vele) DA-leuens word met dié sub-plot uitgewys en só reggestel:

1. Johann Brummer is nie die onredelike, bombastiese, verhoudingsvernietiger wat die doekdraers verkondig dat hy is nie;

2. Wessie van der Westhuizen is meer as ‘n posterboy.

Ek verander my aanslag vandag.

Die DA kerm en kla snot en trane dat munisipaliteite na hulself moet omsien en hulle eie probleme moet uitsorteer.

Ek betoog al járe teen dié aanslag want hoe op dees áárde kan ‘n munisipaliteit na homself kyk met burgemeesters soos Dianne de Jager en Gordon April, en munisipale betsuurders soos Noël Pietersen en Mpho Mogale en Thandekile Mnyimba!?

Maar ek blaas vandag die aftog:

Bly inderdaad uit ons sake uit, “provinsie”, want julle “ministers” is nog k… nog vrotter as die plaaslike moegoes. Vrotter omdat hulle onwillig is; onbetrokke; gewoon lui; en baie moontlik maar net die uitskot van gewilliges wat nie elders ‘n jop kon kry nie. Met uitsonderings wat op één hand getel kan word en met vingers oor.

Wie de donir ís die DA nou eintlik om ‘n verkose raadslid te vervang… oor absolute snért!?

Hoe durf Marius Fransman Oudtshoorn uit ‘n cigar bar in die Kaap bestuur!?

Die doekdraers se oge vonkel met eiegeregtigheid as hulle sê “kyk na jouself” en dan “nee, nie só nie, kyk ánders na jouself” – soos met die Chaaban-fiasko.

(Nee, moet nou nie weer beroerte kry nie, jy weet wie, dis net ‘n voorbeeld.)

Ek het geen vertroue in die DA-leierskap nie. Wat ek die afgelope weke gesien het walg my.

Van die ANC dink ek selfs mínder: terwyl die DA anderpad kyk en agter swakheid skuil soos die skoolsissie tydens kortpouse se faait agter die opslaanklas, misbruik die ANC sy mag spektêkilarlie – al wat nodig is om Oudtshoorn uit die kloue van idiote te bevry is ‘n oproep uit Luthuli-huis…

So: Los ons uit, vuilspuite!

En dankie, Johann en Wessie, dat julle wys ons kán na onsself kyk.

Let’s just do it!

En die doekdraers sal hulle doeke afskrik as hulle weet hoeveel en watter invloedryke mense in die plaaslike politiek, administrasie, georganiseerde handel en landbou nou behoorlik gátvol is vir hulle geploeter.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

4 thoughts on “Los ons liefs net uit, DA!

  1. investigative public jy skuld my nog geld van die petrol pompe . se dankie vir die mies oor sy jou werk gedoen het

  2. Gevrek, leef jy nog John my ou tuinjong ? Wanneer kom jy terug, hierdie kolom is n bietjie bo jou.

    Pragtig gestel OO, hier kom n ding en ek hoop Brummer bly uit die kloue van die DA en wend sy vernuf aan om voortaan die publiek as ONAFHANKLIKE te dien met die ondersteuning van plaaslike invloedrykes !

  3. Wel gestel. OO

    “En die doekdraers sal hulle doeke afskrik as hulle weet hoeveel en watter invloedryke mense in die plaaslike politiek, administrasie, georganiseerde handel en landbou nou behoorlik gátvol is vir hulle geploeter.”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s