Dié slag sit Gordon se turf

Waarskynlik skuldig aan dieselfde misdaad as Noël Pietersen

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 7 September 2012. 08h25. Meng onnoselheid en onkunde met arrogansie en daar’s dood in die pot.

Oudtshoorn se vermaledyde uitvoerende burgemeester met die “beperkte formele skoolopleiding”, soos die Hooggergeshof bevind het, het self die gaping geskep vir Erik Ngalo en Nondumiso Gunguluza om op 26 Julie buite stemming te kon bly toe die raad ‘n resolusie aanvaar het waarvolgens Mnyimba afgedank word en Gordon die verspilde koste van die appél teen die hooggergeshofuitspraak wat Mnyimba se aanstelling ab initio ongeldig verklaar het.

Gordon het geen koukusbespreking oor die mosie toegelaat nie en geen koukusbesluit is aangeteken nie. Die twee disidente kon dus sonder vrees vir dissiplinêre optrede buite stemmng bly.

‘n Gebrek aan skool is nou eenmaal ‘n ding wat nie énige mens sommer kan inhaal nie.

Gordon se doodpot laat nou ook sy turf deeglik sit: die meer as R30,000 wat die munisipaiteit uit belastingbetalersgeld betaal het vir Gordon se regskoste oor sy beweerde diefstal van munisipale eiendom, maak Gordon skuldig aan presies dieselfde misdaad waarvoor die voormalige munisipale bestuurder, dominee Noël Pietersen, 5 jaar tronkstraf gekry het.

Gordon kom op 3 Oktober wéér voor op die diefstalklag en op ‘n klag van regsverydeling wat met die gebeure ná die beweerde diefstal verband hou. Maar dít is nie Gordon se grootste probleem nie.

Dis daai betaling wat die belastingbetalers namens Gordon gemaak het…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

One thought on “Dié slag sit Gordon se turf

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s