Japie, Wilton terug raad toe?

‘n Desperate ANC oorweeg desperate stappe

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 4 September 2012. 07h40. OO verneem dat die nasionale uitvoerende komitee van die ANC met die hande in die hare sit – by wyse van spreke.

Oor Oudtshoorn. Oor Eden. En ook oor die streeks- en provinsiale leierskap.

Tja, OO praat met véle mense.

Die ANC se wiele val af in Eden omdat veral Oudtshoorn so vrot bestuur word. Die ANC se reputasie is flenters.

Nou word daar oproepe gemaak om strydosse soos Japie Coetzee, voormalige speaker; en Wilton Kawa, voormalige hoofsweep; en Sipho Kroma, voormalige burgemeester, weer in die raad te kry – selfs al kos dit tussenverkiesings!

Drie ANC’s wat ‘n verskil kán maak: intelligent; reguit; kliphardegat; dóéners – álles wat tans in ‘n patetiese ANC-koukus ontbreek… En selfs skaarserig in opposisie-stoele is.

Japie Coetzee het op navraag aan OO gesê dat hy die partyleiers se oorwegings sal bedink. Die tyd sal leer.

Coetzee het sy mense nog altyd met oorgawe verteenwoordig en was ‘n kalmerende, denkende teenwoordigheid in die raad wat deesdae deur skollies oorheers word.

Maar elke dag wat die burgemeester met ‘n gebrekkige skoolopleiding, soos die hooggeregshof bevind het, en die munisipale bestuurder met gebrekkige ondervinding, soos die hooggeregshof bevind het, in Verwardplein aanbly, gaan Oudtshoorn agteruit.

Die énigste “voordeel” van dié twee snare se voortslepende teenwoordigheid is dat die ANC elke dag vrotter en vrotter lyk – en ís. Maar die prys vir hierdie kennis, wat in elk geval voor die hand liggend is, is nou eenmaal te duur.

Nee wat, daar is geen salf te smeer aan die libbirysjinmoefmint wat ontspoor het nie.

En daar is geen hoop op ‘n alternatiewe regering van DA-kant af nie: Die DA hét mos regeer, van 2007 af tot 2010. En dít was ‘n enorme f… flater.

Slegs ‘n onafhanklike magsbalans in die raad sal Oudtshoorn standhoudend bevorder.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s