Visvrektes verbyster!

Carassius auratus bedreig in Oudtshoorn

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 21 Augustus 2012. 11h00. Die vrektes van sewe goudvissies (Carassius auratus) in drie afsonderlike huishoudings op Oudtshoorn oor die afgelope ses weke het inwoners bekommerd en met die hande in die hare.

‘n Bron, wat annoniem wil bly omdat die bestrokkenheid van ‘n Kaapse visbende, die Paaisispelle, nie uitgesluit kan word nie en verdere vissgeweld deur plaaslike goudviseienaars gevrees word, het aan OO gesê dat die posisie van die viskarkasse – pens omhoog by die oppervlak van visbakke – op besonderse wreedheid dui.

Dit wil voorkom asof die vissies te veel gevoer word en dat ‘n pynlike vrekte vrek.

Daar word vermoed dat die Kaapse- en Weskus- vismafia Oudtshoorn se goudvispopulasie wil verklein ten einde die goudvisskubprys op die Shanghai beurs op te jaag.

Die oorlede goudvissies is in drie afsonderlike onlangse seremonies in toilette afgespoel. Die seremonies was privaat aangeleenthede en nie oop vir die media nie.

OO hoop van harte niemand neem aanstoot oor hiérdie berig nie. Dit gaan oor dooie goudvissies en die menslike emosie wat dit meebring.

Politici en politieke funksionarisse wat de moer in is vir OO kan hulle egter gerus vetsmeer vir nog baie meer van dieselfe en dan nog meer. ‘n Geweeklaag maak geen indruk op OO nie.

Oudtshoorn is reeds poer in sy kanon en dít terwyl daar 25 verkose raadslede is wat die dorp moet bestuur.

OO is vir verskonings en verontskuldigings net so gatvol – nie keelvol nie; gátvol – as vir wanadministrasie; bedrog; diefstal; en onnoselheid.

Either find a way, or make way for someone who can.

Wie nie van hierdie aanslag hou nie, kan gerus die tydskrif Lig lees – vol opbeurende nuusies.

Nee, dis nié OO se plig om ‘n oplossing voor te stel nie – jý, agbare raadslid – jý moet met ‘n oplossing vorendag kom!

Maar nie soos die twee sénior DA-raadslede wat OO in Mei verseker het dat OO nie verstáán nie, en dat die DA moontlik einde Junie aan bewind sou wees.

My dorp in húlle hande!?

Nooitgesién nie!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Visvrektes verbyster!

  1. ék óók! Ma’ gee iemand om vir die arme vissies!? Néé.

    Anton Bredell het agter aangedui dat die visvrektes nie te sleg vorder nie.

  2. Tipies DA en ANC – altyd iemand anders se fout , nooit hulle nie en dan moet die redakteur van OO met oplossings na vore kom. Klink soos die MM en BM wat groot salarisse kry, nie n kloe het wat hul doen en heeltyd konsultante aanstel .Pateties HANNES en al jul trogvretende raadslede. Jul is ONKAPABEL en te dikvellig om dit te erken
    Maak plek

  3. Die DA het nog nie eers agter gekom die Groot Trek is op Oudtshoorn aan die gang nie, wat wil hulle bestuur !!!! Die skatkis alreeds poer in sy mo*r en Oudtshoorn se infrastruktuur is flenters. Shame wat ‘n skok vir die wat nog gehoop het.

  4. Briljant. Enough said.

    Ek is vir poelietiesie so gatvol ek kan opgooi.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s