Gouelokkies bestaan nie

Die dogtertjie met die goue hare en die drie bere is net ‘n sprokie

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 21 Augustus 2012. 08h15. Fisici verwys na die sg Golilocks effect om lewe op aarde te verklaar: Die Aarde is op presies die regte plek en die regte afstand van ‘n ster; die Aarde is die regte sóórt planeet; die Aarde is ‘n tweeling-planeet (een met ‘n maan); ‘n helse klomp goed het op presies die regte tyd gebeur… om redelik komplekse oppervlakskepsels moontlik te maak.

Dis presies wat die DA soek: Gouelokkiespolitiek.

Die DA wil regeer waar alles nét reg is. Want dan kan die brand mooi lyk.

Welkom in Afrikapolitiek!

Hier in Afrika, soos op Oudtshoorn, is daar sommer báie modder. Hier lyk brands maar soos daai Mei laasjaar Zuma plakate wat die kaders te moddersleg is om van pale te verwyder.

Om in die straatgevegpolitiek te oorleef kan jy nie met ‘n skoon boksbroekie en die Queensburry-reëls opdaag teen gebreekte bottels nie. Jy gaan jou gat sien.

Die DA maak aanspraak op onlangse politieke suksesse en meen dat OO die party nie krediet gee daarvoor nie…

1. Dit was die DA was (geen onafhanklike) wat die geleentheid op demokratiese wyse gegryp het toe 2 ANC raadslede se gewete hul begin pla het.

2. Dit was die DA was (geen onafhanklike) wat ‘n voorstel laat seëvier het om die appèl teen die onbevoegverklaring van Myimba te laat vaar.

3. Dit was die DA was (geen afhanklike) wat April se dringende interdik aansoek teengestaan het en gefnuik het en self die regskostes daarvoor betaal het!

OO wys die DA graag daarop dat daar huidiglik nog nie onafhanklikes in die raad dien nie. OO neem kennis dat die DA reeds na ‘n onafhanklike teenwoordigheid verwys, en hoop dat daar na die volgende verkiesing inderdaad so ‘n teenwoordigheid in die raad sal wees.

Oor die DA se bydraes in (1) en (2) hierbo… Daar is geen blywende verandering in die status quo in die raad en in die administrasie nie.

Oor die DA se bydrae in (3) hierbo… Die resolusie van 26 Junie gaan in elk geval weer omgekeer word.

En net so ‘n ietsie oor “onafhanklikes” op Oudtshoorn. Sonder die energie en geld en ondernemingsgees van mense wat nog nóóit raadslede was nie sou Oudtshoorn vandag hélemal géén kans meer gehad het nie.

Die politiek is nie vir sissies nie. OO verwag nie wonderwerke van die DA nie, net dat die DA sal doen en nie sal kies om nié te doen nié – omdat die moontlike uitkomstes perdalkies die brand sal skaad.

Dis dié verlammende vrees – om verleentheid te voorkom? – wat my grensloos irriteer en wat die DA, na my mening, altoos oorwoë(!) ‘n spul sissies maak.

Om briefies te skryf is veilig – ook OO is hieraan skuldig en sal nie sommer met ‘n handgemaakte plakaat in die strate dans, of ‘n vuishou eers oorweeg nie… En nooit buk om ‘n klip op te tel nie.

Maar dis nie OO se plek om politieke verandering te maak gebeur nie; dis OO se plek om die energie en waagmoed en dapperheid van politieke magte te rapporteer… En hulle vrot verskonings om niks te doen nie, agter die stukkies papier wat hulle rondskuif en elektrone wat hulle agiteer.

Maar OO se voortslepende aanklagte uit die onlangse verlede, soos die Chaaban-debakel, ‘n samewerkingsopsie wat die DA báie goed weet eintlik so byna soos dêmit wél ampertjies ‘n realiteit was… as dit nie vir beaalde Kaapse leiers se agterbaksheid en vanielje leuenagtigheid en eiewaan was nie, word aanhoudend voorgehou omdat dit aanduidend is van die DA se koes-koes aktivisme, suutjies sluip van agter die een rede om nie te veel te waag nie tot agter ‘n ander rede wat die wet sou verbied.

Die woord “Bredell” is vasleggende bewys van OO se aanklag.

Hoekom kon ‘n verhouding met Chaaban beslis nié gewerk het nie? Want dis nooit eers probéér nie!

As die DA wou beïndruk het hy, byvoorbeeld, verlede Woensdag die inisiatief van ‘n paar ANC dissidente gevolg en ten minste probéér om ‘n onmiddelike raadsvergadering te belê… Maar die DA het dié idee, of dit nou ‘n goeie idee of ‘n slegte was, sommer so verwerp op gronde van “dalk skep dit môre ánder probleme”.

Nié goed genoeg nie! Nou nie dat goed genoeg al ooit goed genoeg was nie.

Wat hét die DA toe laas Woensdag gedoen?

Die DA het ‘n brief aan Bredell geskryf – en dit elektronies versend na ‘n man met ‘n slimfoon en e-pos in sy baadjiesak… En tot nog toe nie ‘n wóórd van Bredell gehoor nie.

Die DA inspireer my net soveel so die Engelse krieketspan – kofol.

Soos Bertrand de Poulengey – ‘n karakter in George Bernard Shaw se Saint Joan sê: “We want a few mad people now, see where the sane ones have landed us.”

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

15 thoughts on “Gouelokkies bestaan nie

  1. OO – dit spyt my werklik pap nat as ons lelik klink, maar ongelukkig bring ‘n man dit oor homself as hy dink hy is donners slim en kan die belastingbetalers vir ‘n “fool” vat.

  2. Dankie tog dat heelwat van ons wakker geword het uit die indoktrinasie wat die politici, kerke en skole in die sewentigs in ons ingewurg het.
    Ons lei ook nie meer aan die skuldgevoel sindroom nie.
    Dus aan die segsman van die DA, woorde beteken niks meer, PAS DIE WETGEWING TOE SOOS VAN TOEPASSING OP PLAASLIKE OWERHEDE.

  3. Jack, John

    Julle is baie lelik met die agbare burgemeester. Ek sou my skaam.

  4. Nee John jou inligting is heel verkeer, hy is ingeskryf by Oudtshoorn gevangenis vir ‘n 5 jaar graad,

  5. is it waar dat gordon april homself vir 2013 by VAN RHEEDE ingeskryf het ?

  6. The lady doth protest too much, methinks. (Hamlet, 3.ii.224-225)

    As ons nou net hierdie soort energie in DA-dáde kon sien!

  7. Ek het in my vorige skrywe lighartig verwys na Chuck Norris en ander “comic book heroes” as synde die oplossing vir die krisis wat die ANC alliansie hierdie dorp in gedompel het.
    OO se berig hierbo laat my besef dat hy van mening is (en ook ander aanspoor tot daardie mening) dat onkonstitutionele en/of onwettige optredes die antwoord is. Daar is geen verskil tussen klipgooi en kortpaaie neem met wetsvoorskrifte nie. Albei is onwettig. Albei het dieselfde potensieel tot anargie.
    OO verkwalik die DA dat hy te bang is om te waag.
    Ek haal OO aan
    “As die DA wou beïndruk het hy, byvoorbeeld, verlede Woensdag die inisiatief van ‘n paar ANC dissidente gevolg en ten minste probéér om ‘n onmiddelike raadsvergadering te belê. Maar die DA het dié idee, of dit nou ‘n goeie idee of ‘n slegte was, sommer so verwerp op gronde van “dalk skep dit môre ánder probleme”.
    My antwoord namens die DA is heel eenvoudig:
    1. Daar was GEEN WETTIGE MANIER om so ‘n vergadering te belê sonder 13 handtekeninge nie, behalwe met die instemming van ten minste die speaker nie.
    2. ‘n Vergadering kon deur die DIE SPEAKER (Nie die DA) belê word met TEN MINSTE 24 UUR KENNIS.
    3. ‘n Raadsvergadering op dieselfde dag verlede week was dus nie moontlik nie want NIEMAND kan 4 ure kennis omtower in 24 uur kennis nie! (Dit is te sê AS die speaker wel sy weg oopgesien het om ‘n vergadering te belê.)
    4. Die speaker (synde ‘n NPP lid en deel van die ANC alliansie) se samewerking in sulke gevalle kom teen ‘n prys!!!!! OO weet dit so goed soos ek. Daarom het hy (die speaker) tot vandag nie ‘n vergadering belê nie. Want niemand is bereid (ook nie die ANC) dat hierdie NPP stertjie die hond verder swaai nie.
    5. As die ANC daarin slaag om afvallige raadslede te intimideer beteken dit dat hulle intimideerbaar is. Die DA kan niks daaraan doen nie. NIKS behalwe hoop dat hul nie sal swig nie.
    Om dus te daal tot die vlak van “waagmoedige” onwettige optrede sal ‘n stap in die rigting van anargie wees
    Die “vrotsleg” DA lede wat OO so mildelik as deel van die 25 Raadslede slegsê, het nie die reëls gemaak nie!!!!!!!!!!! Dit is orde reëls wat juis gemik is daarop om te verseker dat die demokratiese proses nie gekaap word nie! (Gerhardus Mills sal dit bevestig.)
    As die eerbiediging van die “Rule of Law” iemand “vrotsleg” maak dan sal die DA raadslede, die Kiesafdelingsbestuur en ek dan ongelukkig “vrotsleg” moet wees.
    Ons gaan nie deel wees van haastig bekookte planne wat op die ou end in almal se gesigte ontplof en die belastingbetalers nog meer geld kos nie. En as die “waagmoedige” plan nie werk nie, raai wie kraai eerste in die koor van lekkerkry vermakeriges? Die slimme OO!!!
    Daar is ’n verskil tussen waagmoed aan die een kant en roekelose kansvattery aan die ander kant.
    Om magsdeling ooreenkomste aan te gaan met splinterpartye soos NPP, sou nie waagmoed openbaar nie maar eerder roekelose kansvattery.
    Die een dag predik Chabaan (NPP leier) sy wegbreek van die ANC en die volgende dag ignoreer Stoffels (NPP Speaker) Chabaan se instruksies en hy stem teen die DA voorstel dat April sy appèl terugtrek! Die feit dat Stoffels nie deur sy party van sy amp onthef is nie, spreek boekdele vir Chabaan se “commitment”.
    Daar is ook ‘n verskil tussen die regte wêreld aan die een kant en die kuber wêreld (Waar OO koning kraai) aan die ander kant. In die kuber wêreld “delete” jy jou waagmoed wat geblyk roekelose gevaarskepping te gewees het. In die regte wêreld moet jy met jou foute saamleef en die belastingbetalers die gelag betaal. Die ANC, HET gewaag met NPP en ICOSA en die belastingbetalers betaal die gelag. Die ANC leierskap in Oudtshoorn het vir sy moeder die ANC ‘n groot verleentheid en bespotting geword.
    Ten slotte.
    Ek wag vir die dag wanneer OO se wysheid sy slimmigheid en spitsvondigheid inhaal.
    Ek wag vir die dag wanneer OO besef dat almal wat nie sy opinie deel, nie idiote en kretins is nie.
    Daardie dag sal ek dit weer waag om op hierdie blog te skryf.
    Hannes Barnard
    Voorsitter
    Kiesafdelingsbestuur Oudtshoorn

  8. Mooigese Asterix en Joss

    Die dae van Bredell en Hannes en alle huidige raadslede loop vinnig uit
    VERANDERING IS AAN DIE KOM en dit sal begin sodra jul jul belastings herkannaliseer en die eerste paar ONAFHANKLIKES te voorskyn kom.

    Hannes is weer so doodstil, wag seker vir n volgende opdrag van bo, van Zille of Theunsie want niemand het vir Bredell ooit wakker gemaak nie – sal ook niks help nie (hy’s totaal uit sy diepte en weet seker nie dat hy nie weet nie)

  9. OO daar is bitter baie mense op Oudtshoorn wat ook behoorlik gatvol is vir die gemors wat plaasvind by Verwoerdplein op die hoek van Langenhoven en Voortrekkerweg. Die DA wil erkenning hê vir die onlangse suksesse maar soos jy sê het niks eintlik nog verander nie. Die politieke narre is besig om kat en muis te speel met die belastingbetalers asook elke inwoner van Oudtshoorn. Die enigste verskil is dat die liegstories en beloftes net so af en toe afgewissel en op ‘n ander manier gestel word om die inwoners se paai en blind te maak vir die waarheid. Oudtshoorn het sy gat good en solid gesien en die belastingbetaler gaan ten deuurste daarvoor betaal. !!!!!!!!

  10. OO the feeling is mutual.

    Dit is my punt, niks het verander nie, inteendeel net verder verrot.

    Beplanning en gesprekke het reeds begin, geen individu gaan n verskil maak nie, slegs n span met geen agendas.

    Ek gaan my commit, dalk kan die lesers hulself ook commit en hul bydraes op die tafel plaas.

  11. Asterix

    Jý, van alle mense, behoort te weet dat daar feitlik nog níks verbeter het sedert 3 jaar gelede nie.

    Ek is gatvol – nie kéélvol nie; gátvol – vir vrotsleg raadslede – al 25 van hulle, wat óf droogmaak; óf anderpad kyk; óf voorgee dat hulle niks méér kan doen nie.

    Find a way, or make space for someone who will. Period.

  12. Vir 3 jaar word sekere ongeruimdhede op hierdie ruimte geopenbaar en menings, besware en persoonlike aanvalle rondgeslinger. Die vraag is, het al die energie enige wesenlike veranderinge in die dag tot dag bestuur of dienslewering van die Munisipaliteit teweeggebring?

    Dit is goed en reg dat die sake geopenbaar word, maar in die huidige stelsels en strukture lewer dit nie die nodige en verlangde veranderinge nie.

    Plaaslike regering wetgewing kan ons nie verander nie, dus sal Oudtshoorniete n verenigde en samewerkende strategie moet beplan. Politici steur hulle nie aan individue se gekef en klein organisasies wie teenstrydige aanvalle en uitsprake maak nie. Dit dien geen doel om elke dag te karring en te kerm dat die ANC / DA en andere hul pligte en verantwoordelikhede versaak nie.

    Organisasies sal moet verenig, Oudtshoorn eerste stel, raadslede / amptenare evalueer en die onbevoegdes deur gemeenskapsdruk vervang.

    Hopelik is vanaand se vergadering die begin.

  13. Hannes, Bredell, Theunsie en Zille. Kry dit nou maar eenmaal in jul koppe (terwyl jul so op jul eie troontjies sit, net soos Maria- Antionette in Frankryk voordat sy onthoof is.) Daar is slegs twee redes hoekom ONAFHANKLIKE politiek opgang gaan maak;

    1) Die bestaande politici DOEN NIE HULLE WERK NIE, vra maar vir Bredell !
    2) Korrupsie, leuens en n beleid waarmee die deursnee Jan Alleman hul nie meer kan vereenselwig nie.

    Hier kry die ANC 100% en dis een van die redes vir Cope, Holemisa en ander se opgang
    Hier kry die DA 80% op punt 1 & 2 en dit styg steeds vinnig.

    n Party word geoordeel aan sy swakste skakel en daar is baie. Vir die DA is dit nag op Eden, Plett, George, Kannaland – Ladismith, Calitsdorp, nie eens van Odn te praat, Swellendam, Stellenbosch, Overberg en dan het ons nie eens by die Weskus opbeweeg of die res vd land onder oe geneem nie.

    DA, jul swakste skakel(s) vervreem mense nou baie vinnig LANDSWYD en die Multi Media proses verkondig dit wyd en syd, oornag. Jul sit met n moewiese probleem en die anti- DA momentum neem daagliks toe. Vergeet vd splinter in die ANC se oog, jul sit self met n helse BALK, by name BREDELL en andere.

    Inspring, tyd loop vinnig uit, ook vir die selektiewe en bekkige Hannes. Kan iemand aubvir Bredell die definisie van ‘inspring” deurgee, nadat jul hom in sy kantoor gaan ‘wakker maak’ het en herinner hom dis al weer huistoe-gaan-tyd !

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s