AIFA stewig op die nakomingspad

Sakekamervoorsitter vra AIFA en TFASA om verskoning namens Sake Oudtshoorn

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 22 Augustus 2012. 06h00 & 08h00. Die AGES openbare deelname proses oor die uitbreiding van die Oudtshoorn Lughawe is gister versuur deur die afwesigheid van die grootste rolspeler, die munisipaliteit.

Die raad en die administrasie, gelei deur burgemeester Gordon April, wie se onderwyspeil volgens die gelykheidshof aan Apartheid toegeskryf moet word en so swak is dat OO verbied is om eens daarna te durf verwys; en munisipale bestuurder Thandekile Mnyimba, wat volgens die hooggeregshof so onbevoeg is dat sy kontrak van meet af aan van nul en gener waarde is, het slegs ‘n junior amptenaar as waarnemer teenwoordig gehad.

Dít terwyl AVIC námens die munisipaliteit, wat eenvoudig te oningelig, of te onbetrokke, of te onbevoeg was om dit self te doen, ‘n sg a24G-aansoek gebring het om aan die omgewingsvereistes vir die uitbreidings aan die lughawe te voldoen.

Die betrokke ánder partye was almal teenwoordig:

AGES – “Delivering world class services through a rich spectrum of geo-environmental and engineering projects”;

Menco – “Assisting our clients in conservation, protection, mitigation and management of natural resources when utilizing these resources in an economical sustainable manner”;

en Burgerlugvaart.

AGES het die vergadering gelei; Menco doen klankmetings; burgerlugvaart het die vliegskool se wettigheid en veiligheid bevestig… Net die munisipaliteit was afwesig: Die belangrikste party!

O, daar is ook verwys na die ekonomiese impak van AIFA op Oudtshoorn… En ándermaal kon net die blinde waarnemer die impak nie sien nie.

Die voorsitter van die Oudtshoorn Sakekamer, André van Greunen, het die HUB van AIFA, Willie Marais; en die HUB van TFASA, Jean Rossouw, namens Sake Oudtshoorn om verskoning gevra dat hulle maatskappye tans die nakomingsvereistes namens die munisipaliteit moet bestuur.

AVIC, AIFA, en TFASA het tot dusver alle vereistes wat deur die munisipaliteit gestel is nagekom, maar moet gereeld die wrewel van bepaalde beswaarde inwoners verduur terwyl die maatskappye enorme opleidingskontrakte bedryf.

Van Greunen het dit gister per geleentheid tydens die veergadering duidelik gemaak dat hy enige party wat AIFA en TFASA se bedrywighede op Oudtshoorn ondersteun sal bystaan om te verseker dat die nodige kontrakte en nakoming so spoedig moontlik afgehandel word.

Die munisipaliteit se gesukkel om die omgewingsvereistes van uitbreidings by die lughawe aan te spreek is ‘n duidelike voorbeeld van die munisipaliteit se absolute onvermoë om Oudtshoorn se sake te bestuur.

Van Greunen het Maandagmiddag ‘n mediaverklaring uitgereik waarin hy sy verontwaardiging uitspreek oor aanduidings dat bepaalde individue en groepe ondernemings op Oudtshoorn wil ondermyn:

Sáámstaan, Oudtshoorn!

Die sakekamer is besorg dat bepaalde ondernemings op Oudtshoorn op die oog af deur sekere partye ontmoedig word.

Die sakekamer neem ook met verslaenheid, verontnugtering, en verontwaardiging kennis van klaarblyklike aanklagte uit sommige oorde dat die kamer betrokke sou wees by samespanning om bepaalde ondernemings te bevoordeel en ander bepaalde ondernemings, of individue, te benadeel.

Ek het op 9 Maart vanjaar gesê dat suksesvolle besighede ‘n dorp se lewensaar is en dat Oudtshoorn geen uitsondering is nie.

Oudtshoorn, het ek gesê, is besig om dood te bloei en inwoners moet wakker geskud word om die erns van Oudtshoorn se ekonomiese insinking te besef sodat almal kan saamwerk om die verderf stop te sit en ‘n oplewing teweeg te bring.

Ek het onderneem om my vir so ‘n oplewing as hoogste roeping van die sakekamer te beywer en om volhoubare ekonomiese groei na te streef.

Die sakekamer het onlangs as bemiddelaar opgetree in ‘n dreigende dispuut tussen die eienaars van die saagmeule wat op die ou stasie-terrein bedryf word en omliggende inwoners.

Die saak is tot al die partye se tevredenheid besleg; die ooreenkoms word gemonitor; en opvolgvergaderings gaan gehou word om nakoming te oudit.

Die sakekamer is tans ook besig om ‘n uitstaande kontrak tussen die vliegskool, AIFA, en die munisipaliteit te help voltooi.

Beide AIFA en die munisipaliteit is gretig om die kontrak so spoedig moontlik en met nakoming van alle regs- en omgewingsvereistes te finaliseer. Die Sakekamer doen ‘n ernstige beroep op individue en burgerlike organisasies vir ‘n positiewe gesindheid, wat wedersydse geduld en begrip van AIFA en die munisipaliteit kan ondersteun, sodat al Oudtshoorn se mense uiteindelik die voordele van ‘n reuse ekonomiese inspuiting kan geniet.

Oudtshoorn staan op die drumpel van sukses; die Sakekamer vra dat al Oudtshoorn se mense sal saamstaan om hierdie sukses te help verwesenlik en dat niemand iets sal doen wat die volhoubare lewensvatbaarheid van ondernemings kan benadeel nie!

Die vliegskoolsaak is één-vóú-dig: ‘n Absoluut onkapabele ANC-raad kan nie eens ‘n kontrak bestuur nie.

Nés die voormalige DA-raad nie kontrakte kon bestuur nie:

Behuisingskontrakte – Yethu en Nurcha, wat maar eers vandeesweek deur die uitnemende Christo van der Bergh in die hooggeregshof beredder is;

Die Van der Mescht-kontrak…

Dis tyd dat politieke partye uit Oudtshoorn verjaag word; ons kan hulle onvermoëns nie langer bekostig nie.
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

13 thoughts on “AIFA stewig op die nakomingspad

  1. Jammer John om jou telleurtestel maar dis nie Andre nie. Vis maar verder.

  2. NIKE – Just Do IT said, on August 23, 2012 at 7:55 am OO, n persoon wat ek ken. seker van greunen self whawhawha .suig daai speen nike

  3. OO, as jy die kommentare NIE teruggesit het nie sou ek vir jou aangevat het soos jy weet ek kan, my ou vrind!!!!!!

  4. Gelukkig het ek nie besigheid of n baas nie, so ek kan sê wat ek wil. Dankie OO

  5. Ek is vroeër vandag gevra om bepaalde kommentaar oor die onderwerp van hierdie berig te verwyder.

    Omdat die leser aan my bekend is, het ek gehoor gegee.

    Maar ek is bekend daarvoor, en nogals trots daarop, dat ek geredelik van mening kan verander wanneer inligting wat verandering noodsaak bekend raak.

    Daarom pos ek die verwyderde kommentare weer, sonder die naam van die oorspronklike skrywer:

    (1)
    Daai Keane kerel was die ergste…liewe hemel!! wat ‘n ongeskikte snob!!!! ek is seker sy badkamer straal lafentel uit…o en moenie vergeet nie, sy huis het ‘n GROOT groen dak!

    (2)
    Ek moet se ek het ook gegiggel oor die volgende:

    “Sometimes I can even see the wheels of the aeroplane”

    Tannie…wees flippen bly jy sien die wiele…jy moet begin worry as jy dit NIE sien nie!!

    Die kommentare is indrukke wat spontaan verwoord is en verdien kennisname.

    Red.

  6. Goed…

    Ek het vroeer kommentaar gelewer oor Mnr Keene wat oorreageer en homself opblaas. Ek het Mev Williamson ook in ‘n slegte lig gestel. Ek is goed oor die vingers getik, en Mev Williamson doen eintlik meer vir hierdie dorp as baie van die sogenaamde goed doeners.

    Ekt sopas teruggekeer van ‘n insiggewende besoek aan Mnr Keene. Die feit dat ek hom persoonlik aangeval het op hierdie publieke forum is 1.) Swak styl van my kant af en 2.) Ongevraagd

    Julle weet, ek dink nie enige iemand in hierdie lewe sal deur soveel moeite gaan (met die hele vliegveld petalje), dag in en dag uit (soos Mnr Keene) net vir die lekker daarvan nie.

    Hy het verseker baie valid punte beet. Netso ook het die bestuur van die vliegskool valid punte beet.

    Die probleem is…hier is ego’s en reputasies op die spel. Ek hoef seker nie eers die miljoen spreekwoorde aan te haal wat daar is oor egos en reputasies nie.

    Hierdie boksgeveg is lelik, dit maak mense seer, dit kos mense geld. Wat het geword van ons dorp (julle dorp – ek is eintlik ‘n inkommer) se samehorigheid? Hoekom kan ons nie hande vat en ‘n gemeenskaplike oplossing vind nie?

    Ding is – om die antwoorde en VERantwoording by die munisipaliteit te soek is ‘n vrugtelose lang proses. Yes, hulle is diegene wat moet antwoorde gee en seker maak dinge gebeur binne reels en regulasies, maar ons almal weet hoe dit tans vir ons dorp uitwerk…

    Ek is nie hier namens of VIR die vliegskool of VIR ORPA of VIR Afriforum nie. Hel, ek is nie eens hier vir ‘n haarsny nie. Ek is hier vir “kom ons sit om ‘n tafel en voer ‘n diskoers”. Sonder om (soos ek, ek is skuldig)persoonlik en beledigend raak.

    Gaan die vliegskool wortels optrek en dorp uit? Ek glo nie so nie
    Gaan die burgerlike bewegings ophou baklei? Ek glo nie so nie
    Gaan die munisipaliteit tot die party kom? Ek WEET hulle gaan nie.

    Die antwoord? Hande vat!

    My droom is dat die betrokke partye die diskoers kan voer. Konstruktief.

    Die lewe is kort kerels. Wyn is duur, liefde is min en al wat ons het is mekaar.

    Met die vra ek dus offisieel omverskoning aan Mnr Robert Keane, sy vrou (wie se naam my ontgaan) asook Mev Williamson

    Ek laat julle met die woorde van Breyten Breytenbach

    “Mag die bome groen bly
    en die sterre wit,
    en mag daar altyd mense wees
    wat mekaar sonder skaamte
    in die oë kan kyk –
    want die lewe is ‘n asem lank
    en die sterre op die Anderplek donker”

    Liefde Groete
    Francois Brill

  7. OO dit is ‘n jammerte dat die organisasies wat sê dat hulle die belastingbetalers se belange op die hart dra en die mense van Oudtshoorn probeer beskerm, werklik niks doen aan wat binne die munisipaliteit aangaan nie. ‘n Organisaie se dade spreek boekdele, Oudtshoorn het beleggers en besighede op Oudtshoorn brood nodig. Lizanne het jy al gesien teen watter tempo die besighede op Oudtshoorn toemaak en skuif, terwyl daar geen nuwe besighede op Oudtshoorn gevestig word nie.As die Raad en amptenare nie eers bereid is om ‘n vergadering by te woon om probleme op Oudtshoorn te probeer uitsorteer nie, is dit ‘n teken van die swak toegewydheid en belangstelling oor ekonomiese ontwikkelling en vooruitgang op Oudtshoorn.

  8. Hmmm, ek stem, Nike; niemand so belangrik soos die persoon wat sommige mense soggens in die spieël sien nie.

  9. OO, n persoon wat ek ken het vir my gese hy het die vergadering bygewoon en die lede van die Belastingbetalersvereniging, ingesluit die voorsitter (me Pelham), was die ongeskikste en ongemanierdste mense wat hy nog teegekom het. Sprekers kan nie eers behoorlik praat nie dan raas hulle en maak opmerkings en soms lasterlike opmerking. Hy het ook gevra ek moet dankie sê Andre van Greunen vir sy bydrae. Die vliegskool moet bly!!!!

  10. Please, someone, am I castigated? Must I stand in some corner, somewhere?

    Jeez… The DA; the ANC; the Civil organizations; the Mayor; the Mayco; the Council; the municipality; o, and the two gnats, the NPP, and Icosa, all are upset with OO.

    I must be doing summat right, methinks.

  11. Dear OO ; firstly ed, you did not attend the Ages “EIA Public Participation Process (PPP), DEA and DP Reference No: EG 18/2/3/2/2/D7/08/L448”, Section 24 G application for rectification of the UNLAWFUL expansion of the Oudtshoorn Airport.

    Please note that the purpose of this meeting was to rectify the illegal erection of the AIFA / AVIC Hanger and Control Tower, this meeting has nothing to do with establishing; supporting and finalising the further development of the Oudtshoorn airport and so doing giving legality to issuing the final contract with AIFA/ AVIC as you are quick to report.

    The CAA stood up in the meeting confirmed on record that the Hanger and Tower was built in the wrong position and that they have submitted a document to the municipality weeks ago giving their opinion and legal suggestions in the matter. So no the CAA did not just stand up and condone AIFA’s activities as you reported above!

    Before a Municipal contract with AIFA / AVIC can be finalised and signed due municipal process MUST be implemented and it must follow due course to first empower the residents of Oudtshoorn (owners and stake-holders of the Aerodrome and Airspace above Oudtshoorn and surrounds) to ask pertinent question in regards to the so called Economic; Social and Environmental pros and cons AIFA / AVIC flight school would bring to Oudtshoorn.

    The Oudtshoorn Ratepayers Association and concerned residents who as you report (is out to discredit or to fob off potential business ) main objective is to play watchdog and to expose corruption and maladministration in our Municipality and community and as such in this matter we hereby request a formal enquiry into this matter by putting together a forum comprising and representative of all role-players and civic organisations of the greater Oudtshoorn community (Agri & Farmers Unions / Business Chamber / Tourism / Cape Nature/Oudtshoorn Ratepayers Association/ Oudtshoorn Burgerlike Beweging and Rosevalley Committee)

    Mr van Greunen cannot encourage business investment at all cost!

    In anticipation of your reply to this, you are absolutely right Civic Organisation like ORPA; OBB and AfriForum do not represent everyone in Oudtshoorn’s’ views; however, the difference is that these civic bodies have no political or business incentives, and we are asking for legal process to be applied, not asking for it to be ignored.

    Understand very clearly that the Business Chamber, Agri, Tourism and the Flying Club do not represent Oudtshoorn Municipality nor Oudtshoorn Residents or even AIFA/AVIC, they only represent their individual organisation members’ commercial interests, and must not position themselves to be seen as the catalyst to resolving this matter.

  12. Verward plein is in low range rat nr 1? Lyk my hulle vergeet? My besigheidskennis en common sense se dat as die vliegskool die vliegvelde groter wil he, gaan Veward plein meer geld kan vra (dus, meer geld om te steel?)

  13. A no- brainer OO, so what is it the Municipality does not get ? Unless the absence of brains is the problem ?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s