Die komryts gaan hóés!

Wel, hulle behóórt te hoes, maar hulle gaan sweerlik nié

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 13 Augustus 2012. 15h00. Daar’s 13 van die spul wat gaan moet opdok oor Mnyimba.

Mnyimba se kontrak oor 5 jaar: R5,500,000;
Regskoste: Allen Paulse v. Municipaliteit Oudtshoorn: R875,000
Koste per raadslid: R490,384.61 en ‘n half sent.

Die Agbare Burgemeester, Gordon April, moet ook nog opdok vir die regskoste mbt die appél, wat laat vaar is; en die mislukte aansoek om die raadsresolusie tersyde te stel.

Maar vergeet dit maar!

Nie eens met ‘n DA-raad en -administrasie; en ‘n DA provinsiale regering; en meer beloftes en ondernemings as wat OO kan onthou, kon belastingbetalers ‘n jaar of twee, drie gelede raadslede se skokwekkende selfoonskuld van R606,594.48 verhaal nie.

Dié geldjie is afgeskryf – so onder die nooit-gesien-nie-beloftes van die DA munisipale bestuurder, Wessel Rabbets; en Anton Bredell; en Theuns Botha deur.

Die sowat R7m wat die ANC en Icosa en die NPP se patetiese raadslede Oudtshoorn se belastingbetalers kos om Thandekile Mnyimba op Verwardplein te hou, gaan deur die belastingbetalers betaal word.

En die belastingbetalers van Oudtshoorn klink nie vreeslik ontsteld hieroor nie.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Die komryts gaan hóés!

  1. ‘n Voorstel wat gemaak kan word? Aangesien die burkom op Verward Plein nie eers ‘n learskool lemonade stalletjie kan bedryf nie, hoekom nader ons nie Afri forum en vra hulle om ‘n trust fonds op die been te bring nie en dan word al die basiese dienste en belasting gelde in daardie trust fonds inbetaal. Dit het gewerk by verskeie munisipaliteite en het gedwing dat daar daadwerklik geluister word

  2. Ja, Antie jy is reg… ons kiesers wat vir die ANC gestem het is uitverkoop. Ons het gedag dat ons vir DEMOKRASIE op hierdie dorp stem – maar kyk wat maak hulle. Ons sit nog steeds met ‘n burgemeester wat nie weet hoe om die raad se besluite uit te voer nie. En verder mors hulle geld op al die vrouedag etes, daar was sommer twee van hulle op Woensdag en Donderdag. En die mense in Riemvasmaak / Rosevalley sit nog steeds sonder basiese dienste! Om nie eens van die kanaal se mense te praat nie. Nou hoor ons vandag dat daar gaan nou dadelik begin word met dienste vir die Riemvasmaak / Rosevalley – maar dit is nie op die begroting nie – waar gaan daai geld vandaan kom?

  3. Nie een van ons se stemme is enigiets werd nie! Die Raadslede wat deur ons verkies is, stem in ‘n raadsvergadering dat Mnyimba onmiddellik uit sy amp verwyder moet word – 26 Julie. En die basiese, eenvoudige beginsels van demokrasie word nie toegepas nie. Die man is nog steeds in sy pos! Die ANC skryf demokrasie so hoog op, maar hulle het nog nie ‘n woord gese van wat hier op Oudtshoorn aangaan nie. Hulle het al lankal vergeet van die mense wat vir hulle gestem het – daai kiesers is kanonvoer sover dit hulle aangaan.
    Soos ek verstaan het ons dus tans nie ‘n Munisipale bestuurder nie – Mnyimba uit as gevolg van Raadsbesluit wat nooit uitgevoer is nie. Net die Raad kan ‘n Waarnemende MB aanstel, maar die Raad het nog nie ‘n vergadering gehad om iemand aan te stel nie.
    Die Munisipaliteit moet werk soos ‘n groot besigheid. Maar ‘n groot besigheid sonder ‘n CEO / Hoof uitvoerende beampte is soos ‘n laerskool “lemonade” stalletjie.

  4. Belastingherkannalisering is die enigste uitweg – PUNT !

  5. Nou wat nou, Rekenmeester!?

    Wat nodig is, is vir ‘n hele paar belastingbetalers om skuins teen die grond bedonerd te raak!

    Oudtshoorn is hoegenáámd nie kwaad genoeg nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s