Mosie van wantroue in die burgemeester

Nou hiér kom vir jou ‘n politieke tameletjie!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 4 Augustus 2012. 05h30. Na ‘n week van politieke en administratiewe limbo waarin politici ‘n Bengaalse tier op ‘n veilige afstaand uit een van Afrika se grootste kremetarte gekyk het, het die DA laat gisteraand ‘n wantrouemosie in die burgemeester aan die munisipale e-posadres beteken vir verspreiding aan die tersaaklike owerhede.

Hier is die mosie; ‘n analise volg onderaan.

Die teks is duidelik genoeg; die politiek gaan maar neuk.

Om dié mosie aanvaar te kry, en OO gaan die proses nou daar anderkant die bult optel, moet daar, natuurlik, eers ‘n raadsvergadering wees.

Net die speaker kan ‘n raadsvergadering belê. Een van ‘n paar werklik skerp amptenare in die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering se kantoor het Donderdag tydens ‘n deurdagte gesprek aan OO verduidelik dat ‘n munisipale bestuurder ook ‘n raadsvergadering kan belê, maar dat die wetgewing in hierddie verband nie duidelik is nie. Dit beteken dat ‘n MB kan kies om nié ‘n vergadering te belê nie (drogbeelde van Bredell se Overberg-fiasko gaan lê!) om politiekery, maar ook uit vrees vir regsaksie.

Onder die huidige politieke verwarring op Verwardplein sal die MB, Thandekile Mnyimba, nou nie juis oorgretig wees om ‘n raadsvergadering te belê in die afwesigheid van ‘n speaker nie.

En, onthou, die speaker, Johannes Stoffels van die NPP, staan op die punt om deur sy party gedissiplineer te word en sy amp te verloor.

Dit sal natuurlik beteken dat die raad speaker-loos is. In Oudtshoorn se raad sal ‘n mens nou nie juis die afwesigheid van speaker Stoffels agterkom nie, want die man is nie ‘n speaker se gat nie… alhoewel Max du Preez deesdae sê dat iemand wat nie dit of dat se gat is nie, inderdaad júis dit of dat se gat is. Maar dít net terloops. Stoffels is ‘n patetiese speaker wat nie eens algemeen aanvaarbare ordereëls ken nie; laat staan nog Oudtshoorn s’n.

As Oudtsshoorn nie meer ‘n speaker het nie, gaan daar bitter moeilik ‘n raadsvergadering gehou kan word en die wantrouemosie sal slegs die effek hê om die munisipaliteit se toiletpapierrekening eenmalig met ‘n paar sent te besnoei.

Die raadsvergadering om die wantrouemosie voor te stel; in te stel; debat in te lei; te debatteer; en te aanvaar of te verwerp, moet dus plaasvind voordat Stoffels die trekpas kry… en dié se verhoor is glo op hande.

As alles vlot verloop, en op Verwardplein loop niks vlot nie behalwe kaderverryking, kan hierdie wantrouemosie eers Maandagoggend amptelik aan die MB beteken word. Die mosie kan dan eers op die sewende dag na die betekening op ‘n raadvergadering voorgestel word – volgende Dinsdag.

Stoffels moet dus verduur word tot ten minste ná ‘n raadsvergadering op 14 Augustus, ‘n dag waarop reeds ‘n burkomvergadering geskeduleer is.

Boonop moet ‘n wantrouemosie beteken word aan die persoon in wie die wantroue gestel word, behoorlik onderteken deur ‘n meerderheid raadslede séwe dae voor dit voorgestel word.

Die DA/Cope-alliansie moet dus die handtekening van ten minste een opposisie-raadslid bekom voordat daar politieke hartstog kan beginne opwel.

Goed, laat ons voorgee dertien handtekeninge verskyn op ‘n wantrouemosie en word aan die Hofgeskikte van Dysselsdorp beteken.

Kom ons gee voorts voor (hel, dit klink lekker – “voorts voor”) dat die Geskikte inderdaad op sy moer kry met ‘n stemtelling van 13 teen watôkal – want, onthou, al die raadslede wat die mosie onderteken het móét ten gunste daarvan stem, en enige aantal van die opposisielywe kan buite stemming bly.

Raait, nou’s die Geskikte net ‘n was-gewees nagmerrie doer in ‘n moerse rooi stoel op die punt van die raadstafel neffens die deur. (Al gesien hoe sink die Geskikte in daai moerse stoel weg? ‘n Mens moet sukkel om hom raak te sien. Maar ‘n mens kry dit ongelukkig reg.)

Nou moet daar ‘n nuwe burgemeester gekies word.

O, en ‘n nuwe speaker moet ook verkies word, want Stoffels se swanesang sterf in die gange van Verwardplein weg en sy se tassietjies staan gepak vir die Boland waarvandaan hy ingesluip het.

So, OO vermoed die raad sal eers ‘n nuwe speaker moet kies, nadat Stoffels óf ‘n moerse stuk hambilpaai verorber het, en selfs afgestaan het; óf aan ‘n selfs gróter porsie van die bitter baksel verstik het en misluk het om ‘n wantrouemosie te oorleef.

(Is daar ooit sewe dae vroeër ‘n wantrouemosie aan Stoffels beteken – met 13 handtekeinge… en was die dertiende handtekening op die Geskikte se wantrouemosie nie dalk dié van Stoffels nie; en, o hel, wat nóú!?)

Maar kom ons aanvaar vir die huidige daar moet ‘n nuwe speaker verkies word.

Mense, nóú sit dit wít, gehoor!

Die ANC-raadskant gaan Charlie Wagenaar glo voorstel as speaker. Daarom sal ‘n ánder raadslid as tydelike speaker verkies moet word, want Stoffels is op daardie stadium nie meer speaker nie en Wagenaar kan nie, of altans, behóórt nie, sy eie verkiesing waar te neem nie.

As niemand buite stemming bly aan die ANC-kant nie – en onthou die Geskikte is nou de wetter in daar in sy groot stoel… hy wil nou net breek – het die ANC-kandidaat (Wagenaar) 12 stemme op die vloer – net soveel as die DA, en met die waarnemede speaker se dertiende stem – wat Wagenaar sal verkies.

Maar as die Geskikte nié stem nie is dit 12-12, want die waarnemende speaker het nie ‘n beslissende stem oor aanstellings nie.

Helen Zille is onverbiddelik dat geen DA-raadslid vir ‘n opposisie-lid mag stem nie. Daarom sal daar slegs 13, of minder, stemme uitgebring word om Wagenaar te verkies.

Nou vir die nuwe burgemeester.

Die DA wil nie dié jop hê nie. Daarom gaan die DA baie waarskynlik nie ‘n kandidaat stel nie uit vrees vir ‘n oorwinning.

Die nuwe burgemeester gaan dan verkies word met, waarskynlik, 12 stemme of minder, aangesien OO vermoed dat die Geskikte nie aan hierdie rondetjie gaan deelneem nie – as die Geskikte op hierdie stadium nog in sy moerse stoel besete is.

Oudtshoorn se nuwe burgemeester, en waarskynlik ook nuwe speaker, sal dus, baie waarskynlik, deur ‘n minderheid van raadslede verkies word… ‘n Kook en Geniet-resep vir dis-saas-ter.

Die DA/Cope-kant, wat die meeste stemme op hom verenig het op 18 Mei verlede jaar, gaan nie kandidate stel vir speaker en burgemeester nie!?

Terwyl die ANC-kant van die raad tot in sy fondamente verdeeld is en nie eens op al sy lede se steun vir bepaalde kandidate kan staatmaak nie!?

Dit smaak OO so.

Allamagtag, dís darem nou vir jou verraad teen die kiesers!

En doodgewone papbroekigheid!

Oudtshoorn is nie ‘n plek vir sissies nie, soos Nic Barrow graag sê.

Tog volhard die DA…

Terloops, OO verneem dat die burkom se intensie om Donderdag ‘n Interdik te bekom het teen die raadsbesluit om die Paulse-uitspraak nie te appelleer nie, gefnuik is toe ‘n vooraanstaande lid van die Kaapse balie daarteen geadviseer het. OO hoor maar dié dinge…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

9 thoughts on “Mosie van wantroue in die burgemeester

  1. Ai tog, wens net mense wil besef dat die Zil en ha DA vir Oudtshoorn voel soos n voelgriep-virus vir n volstruisboer! Die ANC voel vir die dorp soos n jakkals oor n lam tjop. en Bredell dink die grap is snaaks en iemand gaan vir hom die kamra wys! Afriforum probeer iets maar wat weet net hul, en die belasting betaalers vereenigings kom voor as harlekeine. Intussen betaal die inwooners maar vir die show al is dit al so interesant soos n re-run van wielle-walie!

  2. Riempie, dalk waar…. mits
    Ja mits ons nou almal saamstaan en Zille op terme plaas om ontslae te raak van daai outjie in SY groot rooi stoel daar in 1 Dorp staat , Kaapstad !

    As Bredell nie self wil bedank, moet hy summier afgedank word, of hoe Zille ? Is dit nie grotendeels hoekom April nog aan sy groot rooi versonke stoel vasgegom sit nie ?
    Bredell doen ODN daagliks n groot onguns aan, of hoe ? Daagliks net meer verskoninkies en eersdaags sal selfs Barnard nie meer watter kant toe met die knaap !

    Hou op om simptome te behandel ODN, los die oorsaak op.
    RAAK ONTSLAE VAN BREDELL !!!!!!!!!
    Het Bredell enigiets vir homself te se ??????????

  3. Dit smaak my die dorp sal in skaakmat bly tot die volgende verkiesing en moontlik daarna.Dit is nou as daar iets oor is om oor te kan baklei.Ek sien in my geestesoog die ruïnes van ‘n vergete romeinse ryk

  4. John – Read some of your namesake’s works before you deride those who have the chutzpa to publish, relentlessly seek law and order for the community of Oudtshoorn and remind us of the integrity demanded of our leadership.

    Cheap shots are just that and add no value to the debate.

  5. Hier is iets vir handleiding. Kom ons begin sommer een skryf.1. Vergeet van mosie bring om drngende vergadering te roep want DA wil nie job he om dorp te bestuur nie. 2. Bring mosies om Burgermeester en Speaker te vervang en laat dit dien by volgende Raadsvegadering. 3. NNP vervang hul grap vir van ‘n Speaker met ander Joker. Net by voeg hulle moet IEC hiervan laat weet want dus nie Raad wat raadslede aanstel nie, net IEC kan dit doen. DA kan kyk wie in ANC geledere hulle wil he as Speaker en BM en stem daarvolgens.. Onthou net dat hierdie verkiesings geskiet gewoonlik met secret ballot. 4. Alternatief is dat DA raadslede , die hele lot bedank en MEC sit ODH onder administrasie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s