Die woede oor verhoogde kragtariewe

Dis die begin van Oudtshoorn se “riool in die strate”

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 3 Augustus 2012. 06h45. Vir bykans 4 jaar betoog OO aanvanklik en soms steeds vriendelik; gereeld kragdadig; nou en dan spottend; maar altyd onverbiddelik teen swak plaaslike regering – onder Diane de Jager se DA/OD-regime én onder Gordon April se ANC/Icosa/NPP-regime.

OO se baie lesers getuig daarvan dat ‘n beduidende aantal van die sake- en professionele en hoër-inkomste inwoners ten minste aanklank vind by OO se berigte.

(Die elektroniese media bly ongelukkig tans meestal slegs geredelik beskikbaar aan hierdie lesers. Tog is daar al hoe meer aanduidings dat OO se berigte ook daardie mense bereik wat besorg is oor Oudtshoorn se regering en nie direkte toegang tot OO het nie.)

Hoe dit ook al sy, baie OO-lesers is gereeld ontsteld oor OO se aanhoudende uitwysing van vergrype en vrot besluite en doodgewone kriminaliteit op Verwardplein.

Verskeie sakelui is geswore teenstanders van OO. Verskeie mense wat maar slegs tweede- en derdehands verneem wat OO sê, verafsku die juiste woord: “OO”.

Die verhoogde kragtariewe en belastings waaroor verbysterde verontwaardiging vandeesweek in die plaaslike gedrukte media en op e-pos woed, het ‘n láng aanloop: Dit is die direkte gevolg van swak regering oor járe heen – die regering waarteen OO daagliks waarsku en in opstand is; die regering wat deur daardie sakelui wat nou hard kla “geakkommodeer” is in die naam van “goeie betrekkinge”.

Daar is gereelde uitroep soos “dis wát OO sê nie, dis hóé OO dit sê”.

Ag twak man! En OO-lesers weet dat twak ‘n láng woord is.

Daar kan nie oor ‘n verkragting meelewend en in kanseltaal berig word nie!

Natúúrlik moes iets iewers uiteindelik bars!

Mag hierdie jongste vergryp van Verwardplein Oudtshoorn se mense wakker skud… Voordat daar riool in die strate loop.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

3 thoughts on “Die woede oor verhoogde kragtariewe

  1. OO. Al is die sakelui teen jou, mag ek se baie van die publiek is met jou. Die juiste publiek wat daardie sakelui gemaak het wat hul vandag is. As iemand konstant bedrog en korrupsie uitwys, raak dit teer plekke, maar as Oudshoorniet kan ek net se. DU ZO VOORT

  2. OO, interessant hoe mense kla, jou agter jou rug aanvat en so lafhartig is terwyl jy nog altyd so in die onbevoegde korruptes se “face’ is.

    Nou dat dinge ingee en kostes opskiet, skarrel hulle.

    Ek wil n onomwonde stelling maak:
    Die wat teen jou is , is een van twee dinge (of beide)
    1) Self korrup
    2) Onbevoeg of oningelig PUNT

    Alle sterkte
    ODN skuld jou GROOT, ten minste n ere burgerskap en die Vryheid van ODN wanneer al hierdie onbesonne korrupsie, gemors en politiekery uitsorteer is, WANT DIT KOM !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s