Nóg n Icosa-raadslid van kinderverkragting aangekla

Borg vir Meshoa

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 6 Augustus 2012. 13h45.Werner Meshoa, ‘n Icosa-raadslid van Kannaland, is vanoggend uiteindelik op R3,000 borg vrygelaat nadat hy vroeër in hegtenis geneem is op ‘n klagte van statutêre verkragting.

Meshoa het ‘n misdaadrekord van geweld met veroordelings vir aanranding in 1996; 2005; en 2009.

Sy borgvoorwaardes sluit in dat hy nie naby die skool, waar hy ‘n departeméntshoof is (!) mag kom nie. Meshoa het vroeër sy saak probeer bevorder deur voor te gee dat hy die enigste onderwyser is wat die 15-jarige dogtertjie wat hom aankla kan onderrig en dat sy benadeel sou word in sy afwesigheid.

OO is nooit gretig om ‘n mening te weerhou nie, maar in hierdie geval gaan OO liefs bekhou. Want, so wrágtág, selfs ék, wat woordeskat as ‘n stokperdjie beoefen, het absoluut géén woorde hiervoor en hieroor nie.

Of altans, ek hét, maar ek sal dit liefs nie gebruik nie.

Op Versjok, die vierdie planeet van die ster Daquy af, in die vierde kwadrant van ‘n alternatiewe heelal tot die een waarin óns bestaan, is daar ‘n woord wat tersaaklik is: Wqxzzclpjqq.

Wat, in die kollektiewe naam van alle feëtjies, maak iemand soos Werner Meshoa in ‘n raad!?

En waar’s die ANC se Vroueliga nóú – dis een van júlle vriêdomoefmint se alliansievennote!

OO vermoed dat die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) nie vroeër oor hierdie geval ingelig is nie.

Toe die departement van die voorval verneem is Meshoa onmiddelik op verpligte verlof geplaas – maar hy kry nog sy salaris!

Die klaagster het ook ‘n tweede man van verkragting beskuldig – dié buurman verskyn volgende week in die hof.

Hoe dit ook al sy, die klaagster is 15 jaar oud en moet beskerm word.

Oudtshoorn. 31 Julie 2012. 06h10. een van Icosa se Kannaland-raadslede, Werner Meshoa, het vanoggend op calitzdorp in die hof verskyn op ‘n klag van statutêre verkragting.

Meshoa se baas, Jeffrey Donson, Icosa se “president”; burgemeester van Kannaland; en pappie van onse eie onderburgemeester, Vlancio Donson, is in Februsrie 2008 op ‘n soortgelyke klag skuldig bevind.

Dit was nie Donson snr se eerste moeilikheid oor dogtertjies nie…

Op 27 Mei skryf die Son-verslaggewer, Neil Scott, Jeffrey Donson se pad was nie altyd net gelyk:

Jeffrey Donson se geskiedenis is vól drama:
– Op 6 Maart 2006 word hy in hegtenis geneem op ’n klag van poging tot verkragting van ’n minderjarige.
- Op 11 Maart 2006 word hy op bail van R5 000 vrygelaat. Die openbare vervolger besluit daar is nie genoegsame getuienis teen hom nie en die saak word teruggetrek.
Die klaagster het gesê: “Donson het my nie verkrag, aangerand óf gedreig nie. Ek weet dit gaan oor politieke besigheid en nie oor my nie.”
– In Februarie 2008 word hy skuldig bevind aan statutêre verkragting in ’n ander saak.
“Ek gaan nie bedank nie,” het Donson gesê.
Met sy skuldigbevinding was Donson die mayor van Kannaland.
Hy word effektief 16 maande tronkstraf opgelê.
Donson hou egter vol hy is onskuldig. Hy appelleer teen die klag en bly aan as mayor.
– In Oktober 2008 wen hy dié appeal en dit word verander na korrektiewe toesig en ’n boete van R20 000.
– Intussen gang Donson se NPP buddies in die raad teen hom op en kry dit reg om hom uit die party en raad te skors.
Hy wen egter die daaropvolgende tussenverkiesing onder die Icosa-banner.
– Op 30 Desember 2009 skors Anton Bredell, die minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkeling, hom wéér uit die raad.
Dít volg nadat Donson aan wanadministrasie skuldig bevind is.
– In Februarie 2010 wen Donson weer die tussenverkiesing vir die setel.
Tóé het Livingstone Jafta, Icosa se adjunk-president, gesê: “Icosa is deel van die nuwe Suid-Afrika. Ladismith behoort nie aan die ANC nie.
“Donson is duidelik die enigste ware leier in dié dorp. In 2011 neem Icosa beheer oor van dié raad.”

‘n Son-leser skryf dieselfde dag só oor Donson:

ONS kan net ons koppe skud, want onkruid vergaan nie.
Na afloop van die plaaslike verkiesings moet ons hierdie week hoor die veroordeelde verkragter ­Jeffrey Donson kon weer die burgemeester van Kannaland word.
Hy het as lid van Independent Civics Association of SA (Icosa) gestaan en sy setel gewen.
Nou, ná ’n helse vryery deur die ANC kan hy weer as burgemeester aangestel word.
Hierdie ou is in 2008 in ’n hof skuldig bevind op ’n klag van onsedelike aanranding en sewe klagte van statutêre verkragting ná sy verhouding met ’n 15-jarige meisie.
En hy is al in 2004 oor korrupsie as burgemeester van die streek uitgeskop – een van die munisipaliteite in die provinsie wat die swakste bestuur word. Hy is ook ge-fire as raadslid van die NPP.
Só ’n man kan ons nie lei nie!

Die Cape Times het die vorige dag ‘n voorbladberig oor Donson die verkragter gehad: Convicted rapist could be mayor.

OO het Icosa se woordvoerder, Dawid Kampher, gistermiddag gebel.

OO het eers ‘n sms aan die twee Donsons gestuur en Kampher het daaroor gebel en gevra dat OO terugbel want Icosa se lugtyd het laag geloop.

OO het geweier en gevra dat ‘n verklaring ge-epos word.

Toe Kampher nie teen gistermiddag reageer nie, het OO toe wéér gebel. OO hrt gesê kampher moet opskud met die verklaring wat OO het nie tyd om te sukkel met klein politieke partytjies wie se leiers nie hulle hande van dogtertjies kan afhou nie.

‘n Heen-en-weerdery oor OO wat Icosa nie kan voorsê nie het gevolg, maar OO wou eintlik maar net weet of Meshoa al weggejaag is uit Icosa.

Natuurlik nie. Hy moet eers skuldig bevind word.

Ja, sê OO, maar wat sal dít help, synde “president Donson” inderdaad skuldig bevind is aan statutêre verkragting en stééds president is!

“Wat ís dit met Icosa se manne en dogtertjies?” wou OO weet.

En toe vloek Kampher vreeslik.

“Jou pudendum muliebre; wees vrugbaar en vermeerder”, het Kampher geskreeu.

Nou nie in dié bepaalde woorde nie, natuurlik; ‘n beduidende woordeskat is nie een van Kampher se sterk punte nie.

OO het nou nie vreeslike verwagtinge van iemand soos Kampher nie en kon maar net lag vir die arme drommel. Bid jou aan jou woordvoerder vloek ‘n media-verteenwoordiger.

O, terloops, Kampher het dit ook oor die “Boere” gehad: “F… julle Boere ôk!”

En met dié verklaring is die onderhoud toe ook beëindig.

Jeffrey Donson het al aan my persoonlik gesê dat die dogtertjie wat hy verkrag het hom aantreklik gevind het.

Om te dink die Suid-Kaapse politiek het karakters soos Donson snr en Meshoa in sy midde is gemoedsbekakkend.

Om te dink daar woon mense in die Suid-Kaap wat vir Icosa stém, is gemoedsverkragtend.

En Icosa is ‘n party met wie die ANC en die NPP op Oudtshoorn saamwerk – wat sê dít van die leieskap en die beginsels van die ANC en van die NPP en dié partye se leiers!?

Dit sê vrééslik baie. Dit sê die ANC en die NPP en hulle leiers sal énige beginsel verkrag om mag te hê.

Kán daar ‘n groter sosiale euwel wees as kinderverkragting!?

Die ANC regeer Oudtshoorn omdat die ANC in ‘n koalisie is met ‘n party van wie die leier ‘n veroordeelde kinderverkragter is.

En dit lyk asof daar méér van Jeffrey Donson se soort in Icosa is.

Ag nee, mágtag!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

9 thoughts on “Nóg n Icosa-raadslid van kinderverkragting aangekla

  1. Lyk my die Johnie kom op vir die vuilis wat hulle wellus op onskuldige vroue en kinders uithaal in die naam van apartheid. Johnie is jy trots om verbind te wees met leiers wat nie respek vir kinders het nie, sal jy jou kinders met veiligheid toevertrou aan so ‘n gemors om vir jou kinders ‘n opvoeding te gee, die slegste is dat hy van die ANC regering maandeliks ‘n salaris ontvang om kinders te molesteer in die naam van opvoeding – SKANDE. Ek stem saam hy hoort in die tronk waar die ander bandiete sy belustigheid kan behandel met terapie.

  2. Johny? Is jy nog daar? Smaak my OO het sy voet dwars in jou mond getrap.

  3. Johnie, hierdie het absoluut niks met kleur te doen nie en jy weet dit
    Al wat jy nou in n openbare forum gedoen het is om jou by mense te skaar wat veroordeeldes is of onder die valbyl van borgtog loop en dus jou eie opvoeding weggegee het. Uiters jammerlik en onvoorwaardelik.
    Wil jy tog maar self in jou spaartyd vir die verkragte dogterjie se ouers gaan se wat jy op hierdie site kwytgeraak het en vir jou ondersteuning aan Meshoa.

    Jy’s baie braaf en bekkig – wat as dit jou eie dogter was wat Meshoa bygekom het ou knaap ?

  4. Johnie – Is dit apartheid se skuld as ‘n vark ‘n kind verkrag, wys jou net waarvoor apartheid nog blameer sal word – plaas dat Donson en die mense soos hy hulle belustigheid by die huis los – sulke mense hoort in die tronk waar daar met hulle jagsheid gewerk kan word.

  5. Donson is ‘n veroordeelde kinderverkragter; Meshua word aangekla van kinderverkragting… Ondersteun jy ooms wat dogtertjies bykom, Johnie!!?

  6. Drewin jy is een van dai rasiste in die Suidkaap wat Naam Borde om ons Bruin leiers wil hang. Ek sal nie verbaas wees as jy een van die mense is wat agter die goed sit om ons bruinleiers te beswadder. Ek daag jou uit met jou grootbek en kamstige skoon handjies om in ‘n verkiesing te staan, as jy nie bereid is nie is jy niks anders as n skinderbek en ‘n lafaard!! Viva ICOSA!! Viva Donson!! Viva Meshoa!! Ons support jou in die tyd Meshoa!!!!

  7. En wie het hom verteenwoordig in die hof? Die advokaatjie van die Oos-Kaap.

  8. Soos weereens bewys, die regerende party/e het geen respek vir die wet nie, want hul maak die wette, maar dit tel nie met hulle of hul party lede nie. Veral nie as dit by hooggeplaasdes kom nie.

  9. Laat my dink, wat het die Donsons, Prins van Beaufort Wes en Conradie in gemeen ?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s