DA plaas die standervierklong op terme

April móét optree… Of sy doppie klap

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 31 Julie 2012. 15h00. Die DA en Cope het vanoggend die volgende memorandum aan die uitvoerende burgemeester, Gordon April, en die direkteur korporatiewe dienste, Francois Human, beteken.

MEMORANDUM

Aan:
Raadsheer Gordon April

31 Julie 2012

Uitvoerende Burgemeester van die Groter Oudtshoorn

Van:
Rdl Chris Macpherson – DA/COPE Koukus Hoofsweep

Implementering van Raadsbesluit gedateer 26 Julie 2012 (hierby aangeheg)

A Die volgende inligting word uiters dringend van u verwag voor Donderdag 2 Augustus 2012.

1. Is opdrag gegee aan die prokureurs wat namens die Raad reeds kennisgewing van aansoek om verlof tot appél geliasseer het, om die saak terug te trek (saak nr. 25790/11)?
i. Indien wel, verskaf afskrif (relevante dokumentasie).
ii. Indien nie, verskaf volledige redes hoekom nie, asook;
iii. Wanneer en deur wie hierdie opdrag gegee is/sal word.

2. Is mnr T Mnyimba gelas is om onmiddelik die kantoor van die Munisipale Bestuurder te ontruim?
i. Indien wel, verskaf afskrif van die skrywe op hom beteken.
ii. Dui aan op watter datum hy die kantoor ontruim het en, indien nie met onmiddelike effek, van watter datum dit wel gedoen is en;
iii.Indien die Raad se resolusie nie met onmiddelike effek uitgevoer is nie, wat die volledige rede daarvoor is.

3. Is mnr A Paulse met onmiddelike effek aangestel is as die nuwe Munisipale Bestuurder. Indien wel, verskaf die volgende:
i. Datum en tyd wat hy in kennis gestel is.
ii. Die aanstellingsbrief wat aan hom oorhandig is. (Kopie)
iii. Die aanstellingskontrak wat deur die Uitvoerende Burgemeester geteken is (kopie) en ;
iv.Indien die Uitvoerende Burgemeester nie die kontrak geteken het nie, verskaf die volledige redes vir die weiering daarvan (verwys art. 57 (1) en (2) c van die MSA)

Watter stappe is geneem om die verspilde kostes in verband met hierdie saak te verhaal van u as die Uitvoerende Burgemeester?

B Aangesien die uitvoerende en wetgewende gesag by die volle Raad berus (verwys Grondwet en MSA) moet besluite van die Raad uitgevoer word en indien mnr A Paulse nie met onmiddelike effek soos besluit is, aangestel is nie, die volgende:
i. Wie is deur die Raad aangestel om waar te neem as Munisipale Bestuurder en indien wel, verskaf die resolusie hiervoor (verwys art. 54 A(1) b van die MSA)

U word hiermee in kennis gestel dat enige uitgawes/ kostes wat voortspruit uit die verontagsaming van die Raadsbesluit wat nie nagekom is nie, van elke verantwoordelike persoon in sy persoonlike hoedanigheid verhaal sal word.

EINDE

Nou wonder OO: Wat in hierdie brief sal April en Human nié verstaan nie?

April waarskynlik álles.

Maar van Human kan seker iets meer verwag word as van ‘n standerdvierklong?

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

20 thoughts on “DA plaas die standervierklong op terme

  1. OO, Ek het geen wrok teen jou nie, nie in die minste nie, want tyd het geleer dat jou vermoë om te onderskei, slegs 45grade oos-wes kan eskaleer. Ek is so bly dat jy en jou kamtige strategis iets kon regkry, om die twee of meer Skwatsha raadsmuise te ontbloot as “bottomless-longdrops”, nou kan daar op stabiliteit en dienslewering gefokus word.Ek voel oor jou en jou kontnuite soos jy oor die wêreldwye gerespekteerde ANC voel. As jy vir integriteit soek, moet asseblief nie in DA kringe begin nie, hulle dop die toets al by die suikerpotjie. As daar iemand is wat op terme geplaas moet word, begin by jou kontnuite. kwb>

  2. Hel, kwb, dit klink my jy het ‘n taamlike wrok teen my. Foei. Ek laaik jóú weer báie. Jy vermaak my lesers! Dankie!

  3. Ag asseflippenblieftog OO, jy was gestuur na Nineve om ‘n gesant te word omdat jy van kleins af geen integriteit getoon het nie. Nes ek jy en jou broer Neil nog in julle vaal “sjjoeeetjies” sien ewe voorbeeldig. As jy integriteit bekragtig of meet? te dik vir ‘n daalder. Ek moet sê, John het vandag weereens uitgewys hoe jy agter die skerms van die DA skuil en jou “reverse psychology” strategie gebruik om skoon regering te bevorder, nademaal jy weet jy nie eens jou kop kan skoonkry nie. Los maar om vir ander op te kom, jy is te sleg om vir jou self op te kom, sonder om met jou stert tussen jou bene te salueer. Ek weet nie waarom die sakemanne nog in jou glo nie, niks van jou het langer as ses maande gehou nie, gepraat van integriteit. pathetic!! kwb.

  4. kwb

    Leon Coetzee en Hikkie Marais het elkeen meer integriteit in hulle linkerpinkienaels as wat die ANC saam kan monster.

    Ek het nie nodig om hulle te verdedig nie, maar as ek moes sou ek dit elke dag van die week doen, en soos die Soute sê, twee maal op ‘n Sondag.

  5. OO jou voorbarigheid ken geen einde nie, is jy nou die voorspraak vir Hikkie en Leon. Jou voorbarigheid spruit seker uit die hondehok. Maar dit is ou nuus, jy is maar ‘n sleepstert brakkie, wys vir die baas jy kan blaf. Hoekom gee jy so hoog op oor die twee se integriteit? Dra jy die integrometer??
    kwb>>

  6. John

    Jy is baie welkom om Hikkie Marais te bel op 0442723256, of om hom te besoek by sy kantore by Baron van Reedestraat101 – die firma se naam is Across The Board.

    Sien hoe mense wat nie ANC-kaders is nie sake doen!

    Volledige besonderhede is beskikbaar… Kan die ANC só iets doen.

    Jy beter bel, John! Jy het die insuniasie van oneerlikheid gemaak – jy beter mn Marais kontak en om verskoning vra hier op OO!

    As jy mans genoeg is.

  7. John and Zukile. Based on what i’ve seen I can now state the following: 1. Both of you are pro-ANC and 2. Transgressive development. I’ve never heard of any party owning any helpers? So if that is true then I belong to the IEC

  8. Plaas dat Bril April n Parlaaiment job gegee is soos hy destyds rekwest het.
    Troosting, daar is n opening in Parlaaiment vir n cleaner in die agterste blok, weg van al die bohaai, pofaai en fymis. Sy qualificaaisjins maak dit dalk net. – hulle is nogal streng. April moet vinnig spring want een vannie dae sit hy heelemal sonder wekkies, groot hofonkostes vir sy eie ikkount, ne ! Spring ou klong, spring !!

  9. Ag asseblief man.

    Ek het die DA gehelp omdat ek nie die ANC vertrou nie – en die bewyse lê oral rond.

    Ek is nie ‘n DA-lid nie.

    Maar ek is ‘n EBANC-lid: Enigiets Behalwe die ANC.

  10. OO jy se “ons het nie gedrink op bydraes nie” . dag jy is nie DA nie . got you!

  11. I concur Lembede.

    Only the most naive can possibly believe Gordon will give effect to a Council decision that burdens him with some R375k in legal costs.

  12. Het Gordon al geantwoord ? Het hy al Paulse se aanstelling geteken ? Die antwoord is NEE hy het nie en gaan beslis nie. Hy is eenvoudig te hardekop, dom onnosel astrant. Laat hy maar sy antwoorde in die hof gaan verskaf. Interdict lawyers are you ready ?

  13. John

    Jy vis verniet – hierdie mense, en die ander wat die DA-veldtog gelei het om die meeste stemme op Oudtshoorn op die DA e verenig het – steel nie. Hulle is nie Aa-En-Sees nie.

    Nee niemand het op partygeld in hotelle gebly nie; almal het genoeg geld om self hulle eie onkoste te dra.

    Ure en ure en ure se professionele tyd is nie verhaal nie; die saak; die dorp is gedien – ons het nie gedrink op bydraes nie.

    Moenie ANC-soort hier kom soek nie; jy mors jou tyd.

  14. wiet dit geoudit ? seker hule self ? het hule ook in hotelle gebly met WALLOON se geld ?

  15. John

    Leon Coetzee en Hikkie Marais is twee mense met onberispelike integriteit.

    Die geld wat vir die DA se veldtog verkry is is absoluut korrek aangewend itv ‘n begroting wat inderdaad geklop het.

    Ja, kwitansies is uitgereik.

    Onthou, dit was ‘n DA-veldtog; nie ‘n Aa-En-See-veldtog nie!

  16. Walloon nou wat het LEON Coetzee en Hikkie Marais met di geld gemaak wat hule uit jou geskud het voor die verkiessing laas jaar ? het jy n kwotansie gekry ?

  17. …….Wat in hierdie brief sal April nié verstaan nie?

    Just one word, title and responsibility owed the residents and ratepayers – RAADSHEER!

  18. Nee kyk, vanaand gaan ek lekker rustig slaap!

    Die DA het vir Gordon April ‘n brief geskryf.

    Uiteindelik!

    Die eimde van al ons probleme.

    Wie se briljante plan was die brief?

    Is hierdie ongekende dapper aanslag agv die invloed van een van die DA se provinsiale of nasionale genies? Is die hand van ‘n lid van die federale raad in hierdie uitmunde plan sigbaar?

    As April hom nie steur aan ‘n hofuitspraak of ‘n raadsbesluit nie, wat laat doe DA dink hy gaan hom aan ‘n brief steur?

    Is dit nou die opbrengs wat ek op my bydrae kry wat Leon Coetzee en Hikkie Marais laas jaar voor die verkiesing uit my geskud het? Is die soort plan en strategie waarvoor ek betaal het?

    Ek is woordeloos.

  19. OO, ek is bevrees April mag dalk nie verstaan wat op Terme geplaas, is nie. Hy mag dalk dink dis die nuwe paaimentreeling vir daardie nuwe bankrot en leeggesteelde munisipale spogmotor van hom, vir almal se gebruik, Donson inkluis wanneer daar nie taxigeld is nie.

    Shades, Doppie geklap meen eintlik dat die Lykswa Bril April eersdaags gaan kom haal en op daardie politieke ashoop net buitekant Deyseldorp gaan stort!

    Enige ander klong wat hierop wil reageer ?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s