Allen Paulse kom op Oudtshoorn aan

ANC wyke 4 en 8 vergader;
Die argitek van Donderdag se verrassende event bekend

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 29 Julie 2012. 18h10. Die nuwe munisipale bestuurder het pas op Oudtshoorn aangekom, terwyl die ANC takke van wyke 4 (Nondumiso Gunguluza) en 8 (Erik Ngalo) in die Nevadasaal in Bongolethu vergader – onder leiding van Vuyiso Forplay van die burgemeester se kantoor.

OO verneem dat Ngalo en Gunguluza beslis geskors gaan word en dat die ANC tussenverkiesings in wyke 4 en 8 gaan afdwing, maar OO kan dit nie tans bevestig nie. So ‘n stap sal die ANC effektief vir bykans 3 maande snoeker omdat die ANC slegs 9 lede sal hê; 10 saam met Vlancio Donson (Icosa); en sonder dat die ANC op die NPP-lid – wie dit ook al mag wees – se ondersteuning kan staatmaak. Die DA/Cope-koalisie, met 11 lede en 1 lid onderskeidelik, sal dus die meerderheidstem in die raad hê en baie waarskynlik, met die instemming van die nuwe NPP-lid, vergaderings kan belê – dertien lede kan op Oudtshoorn ‘n raadsvergadering afdwing.

Daar moet baie duidelik besef word dat Ngalo en Gunguluza nie die ANC verlaat het nie, en daar moet baie duidelik besef word dat die NPP nie ‘n koalisie, of selfs ‘n samewerkingsooreenkoms, met die DA oorweeg nie. Helen Zille, die DA-leier; en Theuns Botha, die Wes-Kaapse leier; en James Selfe, die voorsitter van die DA se federale raad, is onversetlik gekant teen enige samewerkingsooreenkoms met die NPP, of enige ander “klein party”, of die ANC, en het vir alle praktiese doeleindes die Oudtshoorn-raad verlede jaar na die verkiesing op ‘n silwer skinkbord aan die ANC oorhandig. Op die DA kan beslis nie staatgemaak word om die politieke leiding op Oudtshoorn te neem nie.

Dit is verbysterend, en ‘n erge verleentheid, dat DA-raadslede tans verkondig dat hulle party verantwoordelik was vir Donderdag se ommekeer op Oudtshoorn.

OO weet presies wié verantwoordelik was vir die verrassende event Donderdag toe die twee ANC-wyksraadslede, onder enorme druk en persoonlike intimidasie, ‘n besluit vir skoon regering in diens van Oudtshoorn gemaak het.

Dit is beter dat dié naam tans, gegewe die huidige ontstuimige politieke toestand, nie openbaar gemaak word nie.

Maar OO wil ten minste aan hierdie persoon, ‘n getroue OO-leser, sê: Welgedaan! Baie, baie dankie!

OO het net na 17h00 vanmiddag ‘n kort onderhoud met Paulse gehad voordat die nuwe munisipale bestuurder twee afsonderlike vergaderings moes bywoon: Een met die DA; ‘n tweede met die ANC.

Paulse is baie beslis: Voordat hy by die raad aanmeld moet hy ‘n brief van die burgemeester of die direkteur korporatiewe dienste ontvang wat hom formeel inlig dat hy deur die raad aangestel is as munisipale bestuurder. ‘n Konsepkontrak moet aangeheg wees. Paulse sal die aanstelling dan skriftelik aanvaar.

Sonder hierdie prosedure kan die aanstelling later betwis word. Die regsadviseurs van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering het ook hierdie prosedure aanbeveel.

Die halstarrige ANC-administrasie moet dus spoedeisend die raadsbesluit van Donderdag, onder andere om Paulse aan te stel, reduseer tot ‘n resolusie en sorg dat die burgemeester die raadsbesluit uitvoer. Sou die burgemeester weier, staar hy ernstige regsprobleme in die gesig.

Maar OO verneem dat Thandekile Mnyimba, wie se kontrak reeds op 1 Junie deur die hooggeregshof nietig verklaar is, môre terug verwag word op kantoor. Die ANC het kennelik nie eens die administratiewe vermoë om ‘n snotklap te herken as hy een kry nie. Om die waarheid te sê, die soort klap wat die ANC Donderdag gekry het se mukus kom van die Bartholin-tweeling af.

Paulse het aan OO gesê dat hy eenvoudig vir ‘n skoon administrasie onder skoon regering staan, ongeag watter politieke party die raad beheer.

OO kan hiermee géén fout vind nie.

Daar is die belofte van ‘n sagte, welriekende bries in die lug terwyl Oudtshoorn se winter van diskontent (sorry Will!) einde se kant toe blyk te staan.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

7 thoughts on “Allen Paulse kom op Oudtshoorn aan

  1. OO, there is a thin line between winning and losing;
    OO, there is a thin line between Fransman and Skwatsha
    OO, there is a thin line between truth and reality
    OO, there is a thin line between justice and controversy
    OO, there is a thin line between prosperity and integrity
    OO, there is a thin line between Thandekile and Paulse
    OO, there is a thin line between Adam and Eve
    OO, there is a thin line between Adam and Steve
    OO, there is a thin line between Madam and Eve
    OO, there is a thin line between the OO lines.
    kwb>

  2. Doc… en mev Doc

    Ek is bly julle het dié een geniet. Ek het nogals moes nadink oor hoe ek die klap akkuraat kon beskryf sonder om grafies te wees.

    Groetnis!

  3. Hou nou die Skwatcha en Fransman kampe dop !
    Daar gaan nog baie mukus van daardie twee torings stroom

    Fransman is besig om met n halitose-spoed geweldig ongewild te raak!

    Tyd vir alle kiesers om nou baie wakker te sit en slim te stem as tussenverkiesings kom !
    OO sal almal mooi inlig en op hoogte hou – Dankie OO, ODN skuld jou baie !!

  4. “… die soort klap wat die ANC Donderdag gekry het se mukus kom van die Bartholin-tweeling af”!!!

    Uitstekend briljant!!!

    Ek het my ‘n papie gelag. Ek lag nog steeds. My vrou is histeries.

    Dit help natuurlik dat ons altwee mediese dokters is.

    Jy kan mense uitk… Sonder dat hulle dit eers agterkom. Dis te heerlik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s