Hoe lank gaan Gordon nog hou?

Op Oudtshoorn is elke dag Aprilgekdag

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 28 Julie 2012. 20h40. Gordon April is ‘n grap. ‘n Swak grap. ‘n Siek grap.

April is ‘n verleentheid vir Oudtshoorn. April is ‘n standerdvierklong met ‘n geweldsrekord en sonder die vaagste benul van bestuur. En hierdie vent is “verantwoordelik” vir ‘n halfmiljardrandbegroting! En dan is daar hardnekkige gerugte dat hy selfs sand en klip van die belastingbetalers gesteel het… Dié hofsaak kom – óf die staat, óf AfriForum, so verneem OO, gaan dié ou sakie voor die hof bring.

OO-lesers ken April se patetiese rekord reeds. Klik hier vir ‘n samevatting van April se weersinswekkende bestuursrekord.

Net ‘n bondige opsomming: April is burgemeester slegs omdat hy die ANCaanvanklik gedreig het dat hy sal bedank en sy wyk se kiesers sal beïnvloed om ‘n DA-kandidaat te verkies. April het juis met die redakteur van OO en ‘n plaaslike prokureur onderhandel oor sy bedanking net voordat die raad verlede jaar na die verkiesing gekonstitueer is. en ‘n ander plek om ‘n burgemeestersalaris te verdien. Dít sou beteken het dat die ANC nie ‘n regering sou kon vorm saam met Icosa en die NPP nie. As die ANC nie ‘n regering op Oudtshoorn kon vorm nie, sou die ANC nêrens in die Suid-Kaap ‘n stortingsterrein gehad het vir vrotsleg kaders soos Mnyimba en Lott nie.

Geleidelik is April se teenwoordigheid gevestig omdat die Wes-Kaapse ANC-leier, Marius Fransman, die strooipop April met politieke stokke regop hou ten einde ‘n afsetpunt in die sterk Oudtshoorn Skwatsha-gebied te bou. Fransman kan net sy invloed op Oudtshoorn laat geld deur burgemeester April.

Maar straatwys ANC-raadslede, soos Nondumiso Gunguluza en die Ngalo-broers en ‘n paar ander; en plaaslike ANC-leiers soos Wilton Kawa, het April se burgemeesterskap nog nooit aanvaar nie.

Die breuk het Donderdag oopgebars toe Gunguluza en Erik Ngalo buite stemming gebly het en die raad April se besluit, op sterkte van ‘n delegasie, om appèl aan te teken teen die Allen Paulse v Oudtshoorn Local Municipality-uitspraak, verwerp het.

Met die daaropvolgende skorsing deur die NPP van dié party se raadslid, die speaker, Johannes Stoffels, het die hele kaartehuis in duie gestort.

Hoe lank kan April nog in die politieke leeukuil oorleef?

OO meen dat April teen einde Augustus moontlik net ‘n slegte droom kan wees.

Maar in die politiek weet ‘n mens nooit.

Solank daar snare soos Hendrik Botha en Vlancio Donson en Pieter Luiters en Jurie Harmse en Hendrik Ruiters in die raad rondhang is énigiets moontlik.

Richard Dawkins sê mos dat as jy gelaaide gewere op straat laat rondlê moet jy nie verbaas wees as daar moeilikheid kom nie.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “Hoe lank gaan Gordon nog hou?

  1. The Fat Lady is beginni ng to sing again and April and his ilk dont like the tune !
    Hy moet verplig word om elke verspilde sent terug te betaal
    Ons wag in spanning oor daai hofsaak teen hom
    Wie gaan hom dalk verteenwoordig ? Nog nsiek grap !
    Wat van ene Conradie ??

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s