Barrow snotklap vir Duncan Korabie

Kon iemand die arme Korabie nie maar gewaarsku het nie!?

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 27 Julie 2012. 13h10. Duncan Korabie, die raad se prokureur van waar uit die bloute skielik van Wellington van alle plekke, so van onder Dominees Andrew Murray se wakende oog nogals, het mos nou die dag wannir ‘n halfnaai poging aangewend om Nic Barrow se ekwilibrium se laat wankel… en tóé reeds op sy se moer gekry.

Maar Korabie is toe Lôsoesaaietie toe. So wrágtag. En toe klap Nic die Wellingtonner wéér.

En natuurlik kon Nic dit net eenvoudig met die beste wil in die wêreld nie hou om Korabie vanoggend vir ‘n ses oor skerpby te lig nie. Oor die pawiljoen tot op die teerstraat anderkant die stasie; bal poer in sy moer in weg.

Die eerste brief vanoggend:

Mnr Korabie

INSAKE: OUDTSHOORN MUNISIPALITEIT
Bogemelde aangeleentheid verwys.

Die Raad het gister, 26 Julie 2012, o.a besluit dat die Appèl wat jy aangeteken het (waarin daar nooit enige meriete was nie) onmiddelik teruggetrek word en dat jy as “prokureur van rekord”, wat volgens my nooit ‘n wettige mandaat gehad het dadelik moet onttrek.

Doen so ONMIDDELIK. Ek rig ‘n afskrif van hierdie skrywe aan die Wetsgenootskap.

Wees verseker dat jou kosterekening wel later betwis gaan word.

Die tweede brief…

Mnr Korabie

INSAKE: OUDTSHOORN MUNISIPALITEIT
Jammer! Daar is nog iets.

Die Raad het ook gister, 26 Julie 2012, besluit dat die Burgermeester, Gordon April, al die regskoste van hierdie aangeleentheid in sy persoonlike hoedanigheid de bonis propriis moet betaal.

Askies! Ek hoor nie?

Die uwe,

P.S: Begone! As Dorothy said to the Scarecrow “I think I shall miss you most of all.”

Noujatoe.

Oudtshoorn is nie ‘n plek vir sissies nie, soos die einste Nic graag sê.

Dis dié dat Dooms Noul, en daai Mogale-vent van Cogta, en nou Mnyimba so in die sonsondergange in wegry.

Nou nog net vir die ANC.

En oor die ANC voel OO soos Oliver Cromwell, toe hy die Rompparlement in April 1653 toegespreek het: “You have been sat too long here for any good you have been doing. Depart, I say, and let us have done with you. In the name of God, go!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “Barrow snotklap vir Duncan Korabie

  1. Het Korabie nou al die saak teruggetrek en as prokureur van rekord onttrek?

  2. OO, die probleem kom altyd wanneer mense die kool nie van die sous of bokke van skape kan onderskei nie.
    Sodra rassisme en haat sy kop uitsteek, gaan daardie klonge wat dit aanspoor ALTYD die onderspit delf.

    Kom ek verduidelik, NIEMAND in die land sal enige probleme met die ANC he nie MITS hul openlik (transparent), eerlik en bevoeg optree. Verskuilde agendas, ‘pay back time and entitlement”, oneerlike trogvreters, nepotisme , tenderpreneurs en swak dienslewering het GEEN VERSKONING OF PLEK IN N MODERNE SAMELEWING NIE.

    Hierdie les het April, Mnyimba, Noelie en veral Koradie klaarblyklik nog nie geleer nie

    Vanoggend kom die Minister v Sport en Ezekiel Zepeng op die radio en praat die mooiste afrikaans om ons olimpiese landgenote aan te voer. Tien uit tien, DIS MOS NOU NASIEBOU, los die politiek mense !!

    Politiek verdeel en verwoes net lewens want wie ookal in beheer is wil net die ‘swakkere’ boelie
    Die engelse het dit met die afrikaners gedoen, toe doen die afrikaners dit met alle anderskleuriges en nou wil die anderskleuriges en politieke opportuniste wat nog nie grootgeword het nie dit doen met BEE en allerlei ‘payback” speletjies. Leer ons dan nooit uit die geskiedenis nie ?

    Kom ons almal vat hande en werk saam vir n werklike blink skoon toekoms. Ja ek weet dit klink idealisties omdat ons altyd die armes, rykes edeles maar ook skollies en korruptes met ons sal he. Dank die Vader vir mense soos Nick en OO wat ongeruimdhede uitwys, wat terloops NIKS met kleur te doen het nie.

    Ek en meeste verwerp alle korruptes en hoogmoedige onbevoegdes met die minagting omdat hul uiteindelik steel en die armstes van die armes gewoonlik aanhou benadeel, soos n kanker. Sies man – jul dag sal kom ”
    “Evil flourishes when good men do nothing”

    Voorwaarts Nick, voorwaards OO, voorwaarts eerlikheid en voorwaarts geregtigheid !!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s