Polisie slaan toe op Hendrik Botha se smokkelhuis

Gesinsgeweldenaar, “beweerde” smokkelaar; ANC-raadslid; burko-lid van finansies!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 23 Julie 2012. 10h15. Dat Hendrik Botha ‘n raadslid kan wees is nie eens skokwekkend nie. Dis eenvoudig ‘n siek grap.

Botha is nie net ‘n ANC-raadslid nie; hy verdien R38,000 per maand as ‘n lid van die burgemeesterskomitee… Met verantwoordelikheid vir die portefeulje finánsies!

Botha het politieke vernatwoordelikheid vir ‘n begroting van sowat ‘n half miljard rand!

Watter mens met genoeg breinfunksie om onwillekerige liggaamsfunksies te beheer kan dit eers oorwéég om vir die ANC te stem!?

Die ANC se pousterboois, die ANC se reklame, waarsku enige mens wat genoegsame varkies op hok het om, byvoorbeeld, te kan lees en te kan verstaan wat gelees word – of ten minste kan verstaan wat gehóór word, om die kaders nie te vertrou nie.

Liewe magtag mense!

Botha is op 10 Junie in hegtenis geneem vir gesinsgeweld en is eers op 15 Junie borg toegestaan – klik hier – en nou het die Polisie gister by die huis van Botha en sy vrou, Baadjiesstraat 997, toegeslaan waar daar na bewering sonder ‘n lisensie handel gedryf word in drank.

Baadjiestraat is juis die adres van die perseel wat Botha nie mog betree het – in terme van die beskermingsbevel wat sy vrou tydens die gesinsgweldsaak van Junie opgehef het – nie.

Lede van die gemeenskap wat die Botha’s ken verseker OO dat die egpaar (ai, gedwonge woordkeuses darem!) bewus is van die onwettighede wat op die perseel plaasvind.

“Daar kan seker nie onwettige drankverkope by jou huis aangaan en jý, die eienaar, weet nie daarvan nie. Hendrik en sy vrou bedryf ‘n smokkelhuis, punt. Hy bly daar op die perseel”, het een van OO se informante gesê.

Die informant het ook ander beskuldigings teen Botha gebring.

Die polisie het beslag gelê op groot hoeveelhede drank.

Die staatsaanklaer het vanoggend besluit om ‘n saak wat met die ondersoek verband hou vir eers nie op die rol te plaas nie, ten einde die Polisie geleentheid te gee vir verdere onderdoek. Die verdagte se naam is aan OO bekend en word weerhou totdat die persoon in die hof verskyn.

Die Polisieverslag sê dat die verdagte “drank namens mnr Botha verkoop het”.

Nóg Botha, nóg sy vrou is in hegtenis geneem.

Hierdie onverantwoordelike optrede van sogenaamde “gemeenskapsleiers” in die swart, groen en geel van die ANC, kom terwyl die Wes-Kaapse DA-regering die afgelope naweek groot gewag gemaak het van die negatiewe invloed van drankmisbruik in misdaad en op gemeenskappe.

Vir die armstes van die armes om vir die ANC te stem is soos hoenders wat vir kolonel Sanders stem.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Polisie slaan toe op Hendrik Botha se smokkelhuis

  1. Daar is geen twyfel daaraan dat die smokkelhuis aan Hendrik Botha en sy vrou behoort nie.Die polisielede wat daar drink op die boek en die hele gemeenskap van Dysselsdorp veral die jeugdiges kan hiervan getuig. Die polisie van Dysselsdorp is beslis nie geloofwaardig nie.Die “verdagte” soos in die polisieverslag genoem word is `n betaalde werker van Hendrik Botha se smokkelhuis.Hendrik koop die werklose jeug om sy vuil werk te doen en wannneer die vure brand sal hulle selfs tronkstraf uitdien vir die Mafiaboss(Hendrik Botha) van Dysselsdorp.

  2. Ouditeur, ek kry dit nie oor wat jy probeer se.
    Se jy OO moet moue oprol ?
    Skort daar iets met jou moue ?
    Die rede hoekom OO die breer publiek inlig is om korrupsie oop te vlek
    Dis ons reg om te weet sodat die skuldiges tronk toe kan gaan en uitgestem word.
    Wat bedoel jy by “Hoekom doen jy dit nie ? !!!”

    iETS FOUT MET JOU ?

  3. Hoekom vertel jy dit vir ons? Ons stem in elkgeval nie vir die ANC nie. Jy rig jou klagtes aan die verkeerde mense. Die mense wat dit moet hoor het nie selfone en rekenaars nie. Hulle is die armes van die armes. Rol jou moue op en gaan vertel dit vir die mense van die plate. Hoekom doen jy dit nie?!!!! Daar is genoeg hulp wat jou finansieel sal bystaan Doen dit. Maar vertel eers hoekom jy nie die bree gemeenskap inlig nie!!

  4. I think our friend Hendrik is a lot more intelligent than for which he is being given credit. After all, why only earn R38000pm, when as financial officer of ODN–or one of the other ANC outposts, he could be earning +- R80000pm–and then as Minister of Finance–or for that matter Minister of Police in the national government he could earn +- R2M pa —he’s only showing the ANC his entrepreneurial skills and with a gaol sentence he will qualify for the highest position attainable. WELL DONE HENDRIK–keep up the good work.

  5. Ed and the residents of Oudtshoorn,

    Administration, Administration and again I say ADMINISTRATION, we must, with the support of legal rights and obligations bestowed on Provincial Government, demand that these bandits, incompetents and “care-less” public “servants” are put under Administration and a very thorough criminal investigation!

    Where is Zuma’s mandated SIU Report or is this being suppressed as is all other skelm activity in our Council, Commitees and at our Municipality which, by all accounts have the sole purpose and focus of self enrichment as they act cahoots with each other engaging certain community members and organisations of our Town in promotion of these goals?

    Our Council and Municipality is not empowered as a commercial or political mafia, and shame on those in the community who proffer their protection dues and cower in servitude of the whole rotten “system” as they do the bidding of these so-called “civil servants” the people (?) elected – DAMMIT!

  6. Stuur gerus hierdie berig aan Vavi van Cosatu en Gwede wat onlangs hoog en droog verkondig het dat iemand wat krimineel ondersoek word (nog nie skuldig bevind is nie) geen openbare of staatsposisie mag beklee nie.

    Wat gaan hul omtrent Botha en heelwat van die korrupte gespuis op ODN doen. Laat hul ALLE PARTYE skoonmaak want Bredell het klaarblyklik geen benul hoe om op te tree nie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s