Gordon hou verjaardagmakietie

Wie gaan die rekening betaal?

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 21 Julie 2012. 16h45. Die uitvoerende burgemeester van die Groter Oudtshoorn, wat glo eersdaags ándermaal in die hof gaan verskyn vir die beweerde diefstal van munisipale sand en klip, het Vrydagaand ‘n verjaardagpartytjie in die Pearl of Oudtshoorn gehou.

Onder die gaste was die burko-lede – behalwe Nondumiso Gunguluza; die direkteure – Thandekile Mnyimba; Francois Human; Deon Lott; Ron Lottering; en Zukiswa Ntile; raadslede Jeremiah Goliath en Piet Luiters; en Vuyiso Forplay; Amy Sylvester; en Caley Huffke.

Die rekening is nog uitstaande en sal glo Maandag vereffen word.

OO hoop nie die belastingbetalers gaan vir dié makietie opdok nie!

En as die burgemeester nie sélf betaal nie, moet hy tog net nie vergeet om dié meevallertjie aan Komryt Pravin Jamnadas Gordhan te verklaar nie…

Die direkteur finansies, Deon Lott, sal die burgemeester darem seker inlig oor hóé dié soort ding nou eintlik werk.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Gordon hou verjaardagmakietie

  1. Ed I hear from reliable sources that this private “bash” cost about R87,000? EIGHTY SEVEN THOUSAND RAND!?

    I can scarcely believe the figure unless there were 200 guests @ +/- 400 ph – and thats rich for Oudtshoorn in any event – and they were swilling Moet and “blue”?

    Perhaps you can ferret this info out and moreover who will be paying – Watch the mayor’s expense / recovery account ne’! He may well pay it but then reclaim quietly through this process.

  2. oo – kan die Burgemeester dan nie doen met sy onthaalkostes op die munisipale begroting soos hy goed dink nie. Soos ek die Munisipaal ken is ‘n order en faktuur vanoggend vroeg al deur die Burgermeester se PA voltooi en het onse wonderlike Munisipale Bestuur reeds gesorg dat die rekening vanoggend dou voor dag vereffen word.

  3. OO please could you indulge us as to how the Rate Payers can prevent paying for this party and all the other planned private expenditures? To withhold our rates and taxes is the ony way however if the business community and the entire town as a collective force not do so the attempt will be futile…

  4. Lembede I

    ‘n Mosie van wantroue moet vooraf bekend gemaak word. Maar die ANC-koukus kan natuurlik die burgemeester aanwys, vir alle praktiese doeleindes.

    Persoonlik meen ek geen raadslid sal enigiets doen wat sy eie posisie in gedrang kan bring nie – dit geld natuurlik álle raadslede.

    Ek is elke dag meer oortuig dat plaaslike regerings deur onafhanklikes beheer moet word. Ek het absoluut géén vertroue in enige van die ANC of die DA nie. En die res is poer-poer partytjies wat deur analfabete bedryf word om vir ekstendid fêmilies te sorg.

  5. OO miskien was dit hulle weergawe van The Last Supper want ek hoor die vonke gaan spat by volgende week se raadsvergadering. Daar is sterk sprake dat April sy ketting gaan gaan verloor. Dit sal voorwaar n heuglike dag wees.

  6. Die comrades celebrate die vrylating van comrade Selebi. Dit is n amptelike geleentheid. Die belasting betalers sal maar moet betaal. Daar is geen manier hoe so n flea infested rodent soos die eenbare burgemeester daarvoor self sal betaal nie. R10 bet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s